DA: 1 uit 10 vir Zuma

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het versuim om Suid-Afrika te lei, het die DA Maandag tydens die bekendstelling van sy jaarlikse rapport oor Zuma en sy kabinet gesê.

“Dit is volgens ons duidelik dat president Jacob Zuma buitengewoon misluk het in sy werk,” het Mmusi Maimane, die DA parlementêre leier, gesê. Die DA het vir Zuma een uit 10 punte gegee terwyl die kabinet vier uit 10 gekry het.

Volgens Maimane is die rapport gegrond op ʼn “omvattende evaluering” van Zuma en sy kabinet se prestasie sedert Mei vanjaar. Die DA looi Zuma onder meer oor die opgraderings aan sy Nkandla-woning, die miljarde wat elke jaar weens korrupsie verlore gaan en die land se ekonomie.

Mike Water, die DA se adjunkhoofsweep, sê volgende jaar is dit maak of breek vir Zuma. “Die kabinet presteer nie goed nie. Suid-Afrika staar ʼn ongekende aantal ernstige uitdagings in die gesig en Suid-Afrikaners sukkel om kop bo water te hou.”

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het ses uit 10 gekry. Volgens Maimane het Nene ʼn uitdagende werk, aangesien die regering nie daartoe in staat is om sy eie begroting doeltreffend te bestuur nie. Hy het egter gesê Nene het die afgelope mediumtermyn-begrotingsraamwerk goed hanteer.

“As ek ʼn belegger was, sou ek gesê het dinge het slegter geword en nie beter nie. Dit het te doen met die toenemende vlak van werkloosheid en diensleweringsbetogings. Suid-Afrikaners is besig om die drukte voel.”

Volgens Maimane is die regering in geheel leierloos. “Dit is ʼn ANC wat daarop fokus om skandale te hanteer en die verdediging van president Jacob Zuma.”

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Faith Muthambi, minister van kommunikasie, en Tima Joemat-Pettersson, minister van energie, het almal ook een uit 10 gekry.

Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het die hoogste punt gekry, naamlik agt uit 10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jakoos ·

En Maroela kry 0/10 omdat hulle dink dit is nuus – en beduidende nuus!

nic van rensburg ·

“Buitengewoon misluk” is korrek gestel, maar die probleem met die “versuim” kan gewoon wees dat die man of nie regtig belangstel nie of net eenvoudig nie bekwaam is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.