DA aan Ramaphosa: ‘Hou op wegkruip; kom sê oor beurtkrag’

DA-ondersteuners tydens die party se landwye betogings oor beurtkrag. (Foto: John Steenhuisen/Twitter)

Die DA het kort ná sy landwye betogings oor die voortslepende beurtkragkrisis die president uitgesonder vir sy oënskynlike afwesigheid te midde van die chaos.

“Pres. Cyril Ramaphosa se stilte is oorverdowend en wys op die gebrek aan politieke wil van die regerende party om stappe te doen om beurtkrag te beëindig,” het die DA tydens sy betogings getwiet. Ondersteuners van die party het in onder meer Johannesbrug en Kaapstad opgeruk om hul misnoeë oor die situasie te kenne te gee.

Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, sê dit is onhoudbaar vir Ramaphosa om agter die mure van die Uniegebou weg te kruip “terwyl beurtkrag die ekonomie verwoes, mense se inkomste verwoes en nasionale veiligheid in gevaar stel”.

“Ramaphosa kan nie die smeulende woede ignoreer wat oor die land heen heers nie en moet nou ophou wegkruip en die land oor die verergerende beurtkragkrisis toespreek.”

Mileham voer aan dat Ramaphosa se poging om ʼn positiewe prentjie te skets van die vordering wat die regering tot dusver met die situasie gemaak het, nie die onbetwisbare werklikheid verberg dat hulle sleutelteikens gemis het nie.

Die DA het ʼn maand nadat die energie-aksieplan bekend gemaak is, begin om die vordering met die inwerkingstelling daarvan te monitor. Dit wys egter die meeste planne om opwekkingskapasiteit en energiebeskikbaarheid te verhoog óf tot stilstand gekom het, óf die pot heel mis sit.

“Die plan het in ʼn politieke voetbal vir die ANC se strydende faksies ontaard en daar is geen duidelike weg na omvattende inwerkingstelling nie,” sê Mileham.

Ramaphosa het vandeesweek gesê dit is verstaanbaar dat mense keelvol is oor die kragkrisis, terwyl hy ook gesê het dit kan nie “oornag reggestel” word nie.

Die DA beskuldig hom egter daarvan dat hy terugsit en die hantering van die krisis laat in die hande van die “rampspoedige” Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie.

Mileham sê die gebrek aan leierskap is die rede waarom dit so sukkel om planne om die krisis te pak, behoorlik in werking te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nico ·

Wel, ek sien sosialisme so, wat myne is myne, wat joune is gaan ek ook vat, gaan ons deel. Kyk, hoe het dit in Lenin en Staligrad se tyd in Rusland gegaan.

Danie ·

As jy tien motors het en hulle gee die een na die ander in weens meganiese probleme dan beplan jy finansieel en maak die een met minste kostes reg en dan die volgende volgens jou budget totdat almal reg is.Om die land te bestuur is niks anders as n huishouding nou wat is jou probleem cirel?Hou op om ander lande in te stop en geld te mors op krediet kaarte en nuwe motors en KFC.

anko ·

Gewoond om scrap in die veld te los, maw niks word betyds herstel om langer te werk nie

Papsak ·

Hou op Ramaphosa om ander lande te help kyk rondom jou hoe lyk SA hou op weg kruip stem saam met DA jy en jou regering moet pa staan ons wil antw he en vinnig ook en daai Manthase moet uit skelm

Johanna ·

HY is net so aandadig aan die land SE ondergang. Soustrein ry is mos lekker. Lede van die ANC kla ook maar Sidra hul hempie en kospakkie kry stem hul maar weer ANC. Maak oop jul oë

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

….watwou watse leierskap. Daarvan is daar nog nooit enige sprake van sedert 1994. Al wat ek tot nou sien is selfdienende, selfgesentreerde, selfsugtige, egosentriese magshonger, korrupte populiste wat hulleself ten alle koste verryk ten koste van die gepeupel en massas.

Adeline ·

‘n Mens kan nie dit wat alreeds vrot sleg is nog slegter se of maak nie.
Daar is een stem wat uitroep – gee vir ons ‘n referendum om die cANCer van die land uit te haal PUNT.

LANA is ELANè ·

En hoe anders sal hy ANC onbevoegdheid verduidelik? Wegkruipertjie is sy behoud.

anko ·

Bang vir die waarheid, makliker om agter ander te staan en te lieg

JohanR ·

My gooiste en ons het in 2019 gedink Squirrel is net die beste. Ook maar net ‘n nuttelose ANC uit gedraai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.