DA-aansoek vir anti-Zuma-optog verwerp

Die DA se optog in Johannesburg in Januarie 2016. Foto: Twitter via @Our_DA

Die DA se optog in Johannesburg in Januarie 2016. Foto: Twitter via @Our_DA

Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het Woensdag ʼn aansoek deur die DA om ʼn anti-Zuma-optog buite die stadsaal in Port Elizabeth te hou van die hand gewys. Die optog sou Donderdag plaasgevind het.

Die DA het in ʼn verklaring gesê die aansoek om die optog by die Vuyisili-miniplein voor die stadsaal te hou is verlede week ingedien. Die optog sou deel vorm van die DA se optog ter ondersteuning van werkskepping in Johannesburg vroeër vanjaar. Hierdie optog sou egter ter verdediging van die Grondwet wees en “in protes teen die korrupsie van Jacob Zuma se ANC”.

ʼn Alternatiewe bymekaarkomplek is deur die DA voorgestel, maar dit is ook deur die munisipaliteit geweier. Athol Trollip, die DA se burgemeesterkandidaat vir Nelson Mandelabaai, het die munisipaliteit se verweer dat die optog ʼn veiligheidsrisiko sal inhou, verwerp.

“Danny Jordaan se ANC-geleide munisipaliteit beskerm Jacob Zuma teen openbare optrede teen sy korrupsie en misbruik van die Grondwet,” het Trollip gesê. “Die vals rede wat verskaf word, is dat die DA-optog ʼn veiligheidsrisiko sal inhou, dít gedurende ʼn week waarin die ANC-ministers op Nelson Mandelabaai toegesak het. Hierdie verskoning word verwerp met die minagting wat dit verdien,” het hy gesê.

“Om vals redes te gebruik is ʼn misbruik van staatsveiligheidprotokol en net ʼn bewys van hoe burgemeester Jordaan vir Jacob Zuma en die ANC tot elke prys sal beskerm. Die massa-optrede is duidelik ʼn ongemaklike waarheid vir die ANC en die DA sal nie hierdeur afgesit word nie.”

Die DA sal Vrydag ʼn optog deur Johannesburg na die konstitusionele hof hou, gelei deur die DA-leier Mmusi Maimane. Kristoff Adelbert, die DA-hoof van veldtogkommunikasie, het gesê die party sal Donderdagoggend ʼn nuuskonferensie buite die stadsaal in PE hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene ·

Mooi so DA anc lyk my mag afbreek en toi toi alleen haaahaaa

GES ·

Hoekom sal Jordaan toestemming gee vir die hou van ‘n optog? Hy is ook ‘n afhanklike van die korrupte anc en Zuma bondgenote.

Josua Keys ·

DA julle het nie die ANC se toestemming nodig vir die optog nie julle verteenwoordig die kiesers nie die ANC nie, die ANC het ook nie vir (ons) gevra of dit reg was om tolhekke op te rig, vir Zuma ‘n huis te bou van meer as R300 mil, motor lisensie kostes die hoogte in te laat skiet , gesondheidsorg in die grond in te bestuur nie, om nie eens te praat van ons weermag, lugmag, polisiemag en die belangrikste ons Ekonomie nie en so kan ek aangaan!!!! Al wat die DA nodig het om te doen saam met al die ander partye wat die optog ondersteun, stuur eenvoudig net aan die ANC ‘n kennisgewing dat julle die optog gaan hou en die roete wat gebruik gaan word en hulle moet dit aanvaar en klaar. GO DA !!!!!

E ·

D.A. het bietjie beter maniertjies as baie ander partye, nou vir wat sal dit geweldadig raak? Net as een of ander oposissie daar opdaag, natuurlik.

Piet Piper ·

In ‘n ANC regeerde land word ordentlike optogte nie geduld, dis onvanpas.
Hulle gee net toestemming waar hulle weet die optog -gangers sal steel , die winkels plunder,bande op die duurste teerpaaie brandsteek en klipgooi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.