DA aanvaar resolusie teen raskwotas

‘n Foto van die DA se federale kongres by die skouterrein in Pretoria-Wes (Foto: ANA/Brenda Masilela)

Die DA het Saterdagaand ʼn resolusie teen raskwotas aanvaar op die party se federale kongres in Pretoria.

Die resolusie is eenparig aanvaar nadat omvattende onderhandelings gister oor die kwessie gevoer is.

Die besluit om die verwerping van raskwotas in die party se grondwet op te neem beteken voorts dit is verskans en sal slegs met ʼn meerderheid van 80% van kongresgangers verander kan word in die toekoms.

Die besluit oor die party se herroeping van ampsdraers sal môre gedebatteer word. As dit aanvaar word, sal dit waarskynlik gebruik word om mev. Patricia de Lille as burgemeester van Kaapstad te herroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Andre Traut ·

Julle maak n fout. Ek stem nie weer vir julle nie. Julle maak baie mense kwaad en sal gewis jul alies sien by die stembus

Gerhard ·

Jy is reg Johan Strydom, die DA-skapies sal nog steeds vir hulle stem en sal jou kom vertel hoe dit die land gaan red met bog redenasies. Daar is goeie redes waarom die Afrikaner in die gemors is wat hy is. Die hoof rede is omdat hy nie vir homself kan dink nie. “Oom Dominee het gese maak so, Broeder X het gese dit is so en ek glo in hom want hy glimlag so mooi, die DA kan die land red almal moet net saamstaan”. Die feit dat as almal saamstaan agter een party dit niks meer is as waneer hulle vir verskillende partye stem nie is ‘n som wat hulle net nie kan maak nie. Dat jy ook Afrikaans by skole wegstem en in beginsel vir BEE en AA stem en so jou kinders se toekoms wegstem kan hulle net nie insien nie. ‘n Vraag wat ek het, sal die DA heeltemal van BEE en AA weg beweeg of is bg. net oe verblindery. Maak dit enige verskil aan wat op die grond gebeur behalwe om die DA-skapies gelukkig te hou.

N Lourens Reitz ·

“n Resolusie teen raskwotas” of moet dit lees resolusie vir raskwotas.

rollie ·

N Lourens Reitz – Jy behoort teen hierdie tyd te weet dat sommige mense net lees wat hulle wil lees of net hoor wat hulle wil hoor…al staan dit duidelik in wit en swart geskryf.

Michael ·

Kyk waarmee hou hulle hulle besig ek het nog nie gehoor hulle praat oor misdaad of plaasmoorde nie.Dit is net nie belangrik vir hulle nie. Ai “rassekwotas” nes die ANC.

Eugene ·

Mis ek iets? DA het teen ras quotas gestem. As mense se komentaar lees klink dit of mense dink dit is wel in gestem? Gee asb duidelikheid of skryf beter/duideliker artikels

Arina ·

Eugene aksies spreek meer as woorde, DA stadsrade melk ons en die dienslewering verbeter nie byvoorbeels Pta Noord se water pype wat vir maande lank skoon water bloei, die hoer as verbruikersprysindeks munisipale dienste verhogings, onvermoee om van nie presterende werknemers ontslae te raak, verder steun hul swart ekonomiese bemagtiging, maak plattelandse Afrikaanse skole toe in die Wes Kaap, steun raskwotas in die werksplek en doen hul geen duit om Afrikaans asook die ander inheemse tale te beskerm of uit te brei nie. VF+ kry in die komende verkiesing my stem, ons moet almal wat nie stem nie mobiliseer om 2019 te stem

Willem ·

As ek reg is, het Mmusie Maimane die resolusie ingedien en was hy ‘n sterk voorstaander daarvan, miskien dink mense nou, ongeag dat die resolusie nie aanvaar is nie, weer oor Maimane en die party. Mmusie se denke is mos nie verander nie.

Basjan ·

Natuurlik het die DA “teen” raskwotas gestem. Die DA dink ons (die Blankes) sien nie deur hul plannetjies nie. Hulle weet hul gaan die blanke stem verloor as hul VIR raskwotas stem. Slim van hulle nê?

Pieter ·

Kan nie verstaan wat onduidelik is nie. Dit is ‘n resolusie TEEN raskwotas. Laat ons liewer dankbaar wees!

Gerhard ·

Dit is teen raskwotas maar nie teen tranformasie nie, iets wat nog steeds deel is van DA beleid. M.a.w die bewoording van hoe tranformasie plaasvind is verander om die Afrikaner-stemvee gelukkig te hou. Dit sal natuurlik ook werk. Op grondvlak sal niks verander nie.

Lola ·

Maak dit regtig saak Eugene? Die meeste kommentare deesdae oor elke berig van die DA is DA-Negatief. Ek reken die mense is nou al so kwaad vir DA dat hulle net lees wat hulle wil……en wie se skuld is dit?

Lerato ·

Mense glo nie wat hulle lees nie. Hulle glo wat hulle wil glo. Wat die DA doen sal hulle iets kry om te sê

Jerry ·

Die resolusie beteken dat die DA die enigste party is wat n nie-rasgebaseerde beleid het. Mense word volgens meriete en bevoegdheid gekies vir werksposte, sportspanne ens. en nie volgens die kleur van jou vel. Dit beteken ook dat die DA gekant is teen BEE, transformasie, grondonteiening sonder vergoeding. Die DA beskerm almal se belange en nie soos ander partye net hulle eie inklusiewe belange nie.

Gerhard ·

Ek dink jy droom as jy dink die DA is teen BEE, AA en transformasie. Oogverblindery. Dit is al.

Pieter ·

Darem nie die eigste party wat nie rasgebaseerd is nie. Wat van bv die VF+?. Die res wat jy sê / vra oor BEE ens Jerry, sal ons maar moet sien wat die DA gaan doen, of gaan hul wat dit betref maar net die ANC light wees?

N Lourens Reitz ·

Jerry dit beteken ook voorts dat daar na die demografie gekyk gaan word met die samestelling van kanidaatlyste aldus raskwotas

Johann Marx ·

Ons haal aan uit die Bybel, vergelyk gebeure met Siener van Rensburg, en GLO Facebook…..

Willem ·

Hulle lees net wat hulle wil en nie wat hier bo staan nie, ook nie die kommentare nie, dit karring net aan, ala Julius.

rollie ·

Kan die selfbeskikkers (wat ‘n minderheid van wit, Afrikaners verteenwoordig) vir ons verduidelik op grond waarvan wit Afrikaners as “volk/groep” vir selfbeskikking kwalifiseer?

Gerhard ·

Alle peilings onder Afrikaners wat ek die laaste paar jaar gesien het wys duidelik dat die “selfbeskikkers” die meerderheid is. Die enigste rede waarom hulle nie “kwalifiseer” nie is omdat hulle nie ‘n meerderheid in ‘n bepaalde gebied is nie. Anders as dit kan hulle die selfde grondige redes aanvoer as enige ander groep soos bv die Jode in Israel, die Skotte, die Iere, ens.

Gerrit ·

Verkoop aan ons net n kwart van enige provinsie en ons bou hom op tot die beste provinsie in sa gewaarborg

rollie ·

Alle peilings, Gerhard of net die van Afriforum en die VF+? In ieder geval, die uitslae by die stembus vertel die storie.

Gerhard ·

Selfs die laaste een wat ek op ‘n NASPERS blad gesien het voor ek opgehou het om dit te lees. Dit is genoegsame bewys vir my ;-)

Thomas ·

Die meeste mense verstaan nie dat selfbeskikking soos in die grondwet vervat nie afstigting beteken nie. Met selfbeskikking is jy nog steeds deel van Suid Afrika en betaal nog steeds belasting aan die Keiser. Die grondwet maak nie voorsiening vir afstigting nie.

Gerhard ·

Die grondwet soos wat dit nou is maak nie spesifiek voorsiening vir afstig nie, maar dit beteken ook nie dit is onmoontlik nie. Verder is die grondwet in elk geval nie die papier werd waarop dit geskryf is nie en die ANC het nooit met eerlike bedoelings onderhandel nie. M.a.w dit is so goed jy probeer ‘n reel maak oor wie eerste mag eet in die hondehok en verwag dan daar moet daarby gehou word. Jy mors net jou tyd.

Die Groot Wit Woef ·

Ek begryp nie die negatiwiteit van die kommentare nie. Die DA het raskwotas dawerend verwerp en die verwerping in die party se grondwet verskans. Wat wil julle van die mense hê?

Stella Barnard ·

Vergelyk asb di Wes Kaap met di res vd land ..enigste provinsie waar dinge werk..res vd land is n hool..mense sal nooit tevrede wees ni. Mut altyd kla oor als. Wat di waterkrisis betref. Dit gaan n wereldkrisis raak en is reeds besig om te gebeur.

Ben ·

As die DA nie eers Kaapstad se water probleem kon oplos nie hoe nog ‘n Land regeer. Wat van die vrot diens en manipileering? TaTa DA…….

Reguit ·

Die liberale DA was en is nog altyd die “ANC Lite”, maar die naïewe wittes van SA sal dit nooit besef nie. Diegene wat dit uiteindelik besef, emigreer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.