DA: ‘ANC gebruik grondkwessie om kiesers te paai’

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA. Foto: Twitter

Die DA het Sondag gesê die ANC is besig om die onlangse openbare grondverhore van die Grondwetlike Hersieningskomitee te ondermyn deur ʼn parallelle proses deur sy takke te laat plaasvind om die uitkoms van die verhore te beïnvloed.

Volgens die opposisieparty is hierdie “ondermyning” van die wetlike proses gevaarlik en kelder dit die gesag van die parlement.

Volgens mediaberigte het die ANC se topses toegang gekry tot die ongeveer 700 000 geskrewe voorleggings wat deur die publiek gelewer is oor die voorgenome wysiging van die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, beweer die meeste van hierdie geskrewe insette staan onteiening sonder vergoeding teen.

“Om ‘die boeke te kook’ het die ANC sy takke opdrag gegee om nog voorleggings by sy lede in te samel wat ter ondersteuning van die ANC se posisie is om by die Grondwetlike Hersieningskomitee in te dien. Dit is ten spyte van die feit dat die sperdatum vir voorleggings reeds verstreke is,” sê Steenhuisen.

Die Grondwetlike Hersieningskomitee se werk word ten volle deur die parlement, en nie die ANC nie, befonds. Steenhuisen meen die feit dat die ANC dus “onregmatig toegang tot die voorleggings gekry het voor die parlement het”, is ʼn ondermyning van die huidige parlementêre proses.

“Dit is bewyse dat die verandering van die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, net ʼn ANC-verkiesingsfoefie was wat blykbaar gefaal het.”

Steenhuisen het ook verwys na berigte dat die ANC reeds 139 plase geïdentifiseer het wat geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding, ten spyte van die feit dat die parlementêre proses oor die kwessie nog nie afgehandel is nie.

“Die ANC is paniekerig nadat pres. Cyril Ramaphosa vroegtydig aangekondig het dat die ANC grond sonder vergoeding sal onteien en die grondwet in hierdie verband sal wysig. Die parlement, wat veronderstel is om alle Suid-Afrikaners te bedien, kan nie toelaat dat die ANC se politieke opportunisme die wil van die land se burgers troef nie,” sê hy.

“Dit is baie duidelik dat die ANC die voorgestelde wysiging van die grondwet najaag met die doel om dit vinnig deur die parlement te druk, nie tot voordeel van Suid-Afrika nie, maar in ʼn poging om die party se verkiesingsveldtog te steun. Suid-Afrika kan nie gyselaar gehou word deur ʼn party wat kies om die pad van populisme te volg om sy kwynende politieke steun te probeer red ten koste van die nasionale ekonomie nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Herman B ·

Sjoe, maar kom jul dit NOU eers agter?? Ook maar agter die tyd! Ons wat meer as twee breinselle het, het onmiddelik geweet waarmee hul besig is.
Dis eenvoudig: kiesers wat destyds onder die Zuma-administrasie oorgeloop het opposisie-partye toe, kom terug, en hul steun groei, en tweedens bekom hul grond skelm.
Sommer twee vliee met een klap!

Verskoon my negatiwiteit maar die hel weet, dis amper te laat om wakker te skrik.

Andrea van Vuren ·

Dankie vir jou nugtere siening Herman. Ons moet ons oogklappe verwyder. Die rede hoekom die ANC nie noual plase bekend wil maak nie is omdat die boere gaan ophou ploeg en plant. Goed beplan want die lente is op pad! Dan wil hulle naturlik ook die implimente en alle ander toerusting ook mahala hê!

Gemaskerde Sopbeen ·

Huh? “Suid Afrika kan nie gyselaar gehou word deur ‘n party wat kies om die pad van populisme te volg om sy kwynende politieke steun te probeer red ten koste van die nasionale ekonomie nie.”? Waarom nie? Dis presies wat die afgelope 24 jaar gebeur? Populistiese uitsprake en “smoke and mirrors” met ons sogenaamde wêreldklas konstitusie, terwyl hulle dag vir dag punt vir punt besig is om die ANC se vryheidsmanifes te implementer. Het julle al daai dokument gelees vir ‘n slag?

Koos1 ·

Wys my 1 politieke party wat nie hierdie kwessie vir eie gewin gebruik nie.

Etienne Prinsloo ·

Koos, asseblief, dink oor wat jy sê. Vir eie gewin? Wat moet bv die DA doen, saamstem, kom ons laat hulle alles vat?

Anoniem ·

Die gevolgtrekking is moontlik waar maar in die proses kom verhoudings in gedrang (dit wat Madiba probeer bou het) Die grondkwessie is ‘n kitsresep vir ‘OORLOG’ Ons weet mos wat gebeur as mens met vuurhoutjies speel dan gebeur dinge wat hand-uit-ruk (The point of no return) Spyt is altyd te laat – bv. 37 jaar se tydmors soos in Zimbabwe en nou President Trump se NUWE sanksies ! AI TOG MOET DIE WIEL DAN ALTYD IN AFRIKA OOR ONTWERP WORD

Adriaan ·

Madiba het die moeilikheid begin. Meer aandag oor sy tronkstraf as oor die probleme in die land.

hilmer kruger ·

Die ANC besef dat op massa grondvlak n aggressiewe eis vir “teruggawe” van grond bestaan-en dat indien hul nie daaraan gehoor gee nie,hul stemme ten gunste van EFF gaan afstaan in 2019 verkiesing!

Hanna Hoekom ·

Jy is so reg! Dit is eintlik die EFF en sy klomp dansende gesante wat die appelkar wil omkeer. Die ANC kan dit nie bekostig nie!

Graham ·

Jy slaan die spyker op die kop!! Dankie Hilmer. Daar is nou nie meer omdraai vir die ANC wat grondonteiening betref nie. Hul het die massas grond belowe en moet nou daardie belofte vervul binne ‘n redelike tydperk. Indien nie… wel… dan neem die mense (aangehits deur EFF natuurlik) reg in eie hande en beset “hul grond” met geweld. Die regering het ‘n sopas n lat vir hul eie sterte gepluk met die dat hul kiesers met grond gepaai het… Nou moet hul “produce” of hul nou wil of nie.

JAN ·

Ja Susan inderdaad!!
Dis tog John Vorster wat met onteiening van swart tuislande begin het na die moord op Verwoerd. Behalwe Zululand.
Onteiening is die verstek kultuur van afsonderlike ontwikkeling van Verwoerd .
Dit was ‘n lang swangerskap van 50 jaar en die kraampyne begin nou met die geboorte van Tsafendas en Pratt monster.

Vermeendes ·

Ek lees julle kommintare, en skielik is die afsonderlike ontwikeling beleid van Dr Verwoerd, wat so n groot sonde was n aantreklime oplossing en uitkoms gewees.

Andrea van Vuren ·

Jan, gaan lees die boek Die lang generaal. Jy gaan al jou antwoorde oor die moord op dr. Verwoerd daarin vind.

aj ·

In Afrika bepaal die party met die meeste gewere wat gedoen word en wat nie!

Die DA probeer met mooi woordjies om die mag te kry.

Gaan nie werk nie.

Kry vuurkrag agter jou as jy van notisie geneem wil word.

John ·

Die ANC/EFF het die woorde ‘terug gee’ gekies vir stukrag aan aggressie en hoogdrama en onmiddellike effek. Daar word geen ruimte gelaat vir onderhandelings nie en debatte is stofdwarrels. Luister bv na die redenasies van diegene wat glo ‘n ou vervalle graf nou die werk van ‘n boer maak en dan kom dit uit dat die eisers by ‘n nabye onderneming werk en grond vir blyplek daar naby soek. Ander redes laat eisers leuens fabriseer met ‘n graf (drama!) as hooftema en hoe kan ‘n boer teen ‘n dooie se spook, wen?

Marie ·

Ek dink die ANC speel met vuur.Die meeste swart mense is glad nie ten gunste van onteiening nie,slegs n handjievol opgestooktes.Almal is bang vir hongersnood en almal weet wat in Zimbabwe gebeur het.

JSO ·

Die “massas” soek nie ‘n plasie of stukkie grond om op te boer en ‘n behoorlike lewe vir hom/haar en die se familie te vestig nie. Dit behels te veel werk en moeite. Wat hulle eintlik soek is ‘n stukkie erf in ‘n stedelike woonbuurt, met ‘n huis op, plus gratis water en elektrisiteit. Vir mahala, Vir ewig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.