DA, ANC kla mekaar se LP’s aan

Bongani Mkongi

Bongani Mkongi

Die ANC het ʼn klag teen ʼn DA-LP by die parlement se etiekkomitee ingedien, kort nadat die DA ʼn klag teen ʼn ANC-LP ingedien het.

Die ANC het Dianne Kohler-Barnard, die DA-LP wat gestraf is nadat sy ʼn Facebook-inskrywing oor PW Botha gedeel het, by die etiekkomitee aangekla.

Johan Steenhuisen, DA-hoofsweep, het intussen die klag as ʼn verkiesingsfoefie afgemaak en gesê sy party verwag dat die komende munisipale verkiesing “gewelddadig” kan wees.

Die kantoor van die ANC-hoofsweep het vroeër Woensdag na Mmusi Maimane, DA-leier, gekap oor sy toespraak waarin hy gesê het rassiste is nie welkom in die DA nie. Volgens Moloto Mothapo, woordvoerder van die ANC-hoofsweep se kantoor, het Maimane in sy toespraak uitgevaar teen rassisme, maar is dié stelling in kontras met sy party se besluit om Kohler-Barnard nie in die pad te steek nie.

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Steenhuisen het gesê hy beskou die klag as ʼn vorm van vergelding nadat die DA Maandag ʼn klag teen Bongani Mkongi, ANC-LP, by die etiekkomitee aanhangig gemaak het oor “rassistiese uitsprake, aanhitsing tot geweld en moontlike betrokkenheid by die verwydering van die ZumaMustFall-banier”.

Mkongi het glo die naweek op sosiale media mense aangemoedig om die Overbeek-woonstelblok met inwoners daarbinne aan die brand te steek nadat die banier teen die woonstelblok aangebring is. Hy het intussen om verskoning gevra en die ANC het gesê om dié rede is daar besluit om nie enige stappe teen hom te doen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

kobus ·

Ag shame, dit is al wat hulle kan doen. Kyk wie kan wie waar aanvat. Pleks dat hulle al die geld wat so gemors word saam met die tyd vat en dit spandeer op ons land met sy chaotiese toestand. Ten minste sal die mense op die grond dalk beter voel en dan ook minder klippe na mekaar gooi.

Michael ·

Hoe kan die twee gevalle met mekaar vergelyk word??.Dit wys net weer die onregverdigheid in hierdie piesang republiek

Trots Afrikaans ·

Hulle almal is rasiste en dan nog skynheilig ook nog daarby. Huigelaars.
Daar is ‘n verskil tussen om jou vryheid van spraak en assosiasie toe te pas teenoor om mense tot geweld aantemoedig.

“Ek hou nie van my buurman nie” is nie heeltemal dieselfde as “skiet die buurman” nie.

Maar nou ja, jy het seker ‘n gesonde verstand nodig om dit te kan verstaan.

Jan maak n Plan ·

Vinkel en Koljander – die een is soos die ander.?????

neelsie ·

Die parlement lyk al meer na n sirkustent, met lagwekkende grapjasse.

Liewe Heksie ·

haha amper stem tyd nou maak hul of hul mekaar aanvat BLUFF

Realis ·

Onthou, as jy modder wil gooi gaan jou hande vuil word. Of in engels: “throwing mud makes you lose ground”

PJ ·

Lyk my verskoning vra werk net vir sekere mense ander word summier gedkors

REGVERDIG ·

Ek wou nou net dieselfde sê. Hy moet ook mos nou dieselfde paadjie loop as die ander. Skors die ou mannetjie…….. asseblief!!!

sarel ·

Wat van FORPLAY HY OOK N ANC kader hoekom kan hy wegkom met Rasisme en HAAT SPAAK

Antoinette ·

Wat regtig “scary”is, is dat hierdie kinderagtige mense, aan albei kante, ons land probeer, let wel, probeer regeer!!!

Andre ·

En nog gaan mense se oe nie oop nie DA gebruik die wit stem maar gaan jou nog in die gesig skop voel nie veel vir die blanke nie maar soek sy stem. Nie myne nie

Rynhardt ·

Die twee Anc-boeties (Anc en DA) raak keelvol vir mekaar! Ons gaannog baie moleste sien tussen die twee Anc-boeties! DA gaan sit by Anc sodat die wittes jou ware kleure kan sien.Ekskuus, ek vra omverskoning (ek is nie Chris Hart nie), anders kan die DA nie die gretige wittes mislei om vir hom te gaan stem nie.Groot salarisse is ook nog op die spel vir die liberale politici!

Dan ·

n Mens sal nooit se dat hierdie narre grootmense is nie, hulle is erger as kinders, as ek nou se ek het van PW gehou moet ek nou gekruisig word. Ja sal maar net lag.

Flippie ·

Kan iemand vir my verduidelik waar het sy haar skuldig gemaak aan rassisme. Wat sou sy gewees het as sy bv gesê het dat Bashir beter as Zuma regeer en dat hy minder korrup is?

Is daar ‘n wet teen rassisme, waar hierdie verskriklik oortreding gedefinieer en in die fynste besonderhede beskryf is?

Is daar ‘n straf vir iemand wat iemand anders valslik van rassisme beskuldig? Ek dink dat hierdie valse of ongesubstansieerde beskuldigings van rassisme ‘n groter problerm as rassisme self. Witmense word van ooral oor met die rassisme baadjie bekleë deur veral meerderwaardige ANC ampsdraers, sonder ‘n enkele konkrete rede . Vandag weer oor die TV ‘n Cosatu ou wat aangaan oor die wittes langer lewe en dus meer voordeel uit pensioene trek. Ek meen dit ruk nou die h…..uit die hoender uit.(julle weet wat)

Blankes in SA word outomaties as rassiste deur die grootste gross swartes geklasifiseer. En die ANC, DA en EFF gebruik dit om blankes na tweede klas burgers te verslag. Net soos Hitler met die kode gemaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.