DA: ‘ANC wil grondkwessie voor verkiesing deurdruk’

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: Phando Jikela/ANA)

“Pres. Cyril Ramaphosa blyk meer vasbeslote as ooit te wees om grondonteiening sonder vergoeding deur te druk vir politieke punte in aanloop tot die komende verkiesing.”

Só sê Thandeka Mbabama, die DA se skaduminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Mbabama het Saterdag in ʼn verklaring gereageer op Ramaphosa se aankondiging in sy staatsrede dat adj.pres. David Mabuza aan die hoof sal staan van die interministeriële komitee van grondhervorming wat parallel met die grondwetlike hersieningsproses sal saamwerk.

Mbabama sê die party het ook kennis geneem van die adviespaneel van kenners wat teen einde Maart aan die regering moet terugvoer gee oor sy grondhervormingsprogram.

“Ons het dit nog altyd ondubbelsinnig duidelik gestel dat ons daaraan toegewyd is om die gewelddadige verlede van grondonteiening in die land te herstel. Ons beskou grondhervorming ook steeds as ʼn maatreël vir sosiale geregtigheid wat Suid-Afrikaners moet ondersteun.

“Aan die ander kant voel die DA die proses wat gelei het tot die grondwetlike hersieningskomitee se verslag wat aanbeveel dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, was gebrekkig,” sê Mbabama.

“Daarom sál die DA die wetlikheid van die grondwetlike hersieningsproses betwis as hierdie prosedureel gebrekkige verslag aanvaar word. Ons hou vol die Grondwet is nie ʼn struikelblok vir grondhervorming nie. Die eintlike struikelblokke is korrupsie, beperkte begrotings en ʼn gebrek aan politieke wil deur die mislukte ANC.”

Sy het bygevoeg hoewel die DA nie grondhervorming teenstaan nie, voel die party die ANC se poging om grondonteiening sonder vergoeding ʼn werklikheid te maak is bloot ʼn poging om sy eie mislukkings te verbloem.

“Die ANC het 24 jaar gehad om hierdie ongeregtigheid aan te pak en hy het misluk. Om die Grondwet te verander is maar net ʼn manier om vir die ANC tyd te wen sodat die party kan voortgaan om te plunder terwyl die land in absolute armoede verval.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Hennie ·

Cyril en sy kaders moet een ding besef, as ons niks meer het om te verloor nie, dan sal hy ons nie kan beheer nie!

Sê maar net 1 ·

Mag daai blye dag spoedig aanbreek Hennie. Dan sal ons volk weer saamstaan.
En dan sal geen ou met geen korrupsie of enige misdaad wegkom nie. Hul eie kaders sal teen mekaar draai.
Dit sal moeilik met ins gaan maar die volk sal weer opstaan

Cherokee ·

O, en as hy ons nie meer kan beheer nie (nie geweet hy ‘beheer’ ons nòu nie), wat gaan ons dàn doen?

Elizabeth ·

Jy is reg, Hennie. Dink hy/hulle regtig ons gaan hulle met ‘n kniebuiging verwelkom en ons ALLES met ‘n glimlag aan hulle oorhandig en dan die see in stap …???

Hanna Hoekom ·

Die hele spul in die ANC is erg kortsugtig: niemand wil oor die moontlikheid van n tweede Zimbabwe praat nie! Nee, ons wil net die verkiesing wen… En dan? Hoop “our people” kan grond eet! Boer kan hulle nie. Instandhou kan hulle ook nie. Hongersnood is ons voorland. Maar dit sal ook weereens op die Weste geblameer word. Mark my words.

Ander Koos ·

Almal praat oor grond, maar o s v is groot bedreiging vir privaat hospitale wanneer anc regering hulle nasionale gesondheid versekering deur voer. Miljarde Rande se bates op die spel en die uitkoms is voorspelbaar

Koos de Meyer. ·

As ons land op sy knieë is dan hardloop hulle weg.

HPV ·

Waar is ons destydse onderhandelaars wat ons regteloos gelaat het en nou komende eiendomloos gaan laat het. Hulle is so stil, wonder of hulle nog in die land is? Kom mense laat ons nou van julle hoor, watse planne het julle of wat beveel julle aan. julle het dan teenwigte belowe, haal uit en wys.

Dries du Toit ·

Die helfde van hulle is nou meer siniel as wat hulle was toe hulle ons uitverkoop het. En die ander helfde is dood.

Geert Kuit ·

Ek stem saam sal gaaf wees as veral FW bietjie wil verduideluk sonder om te lieg. Ek dink hy skuld ons ten minste dit.

Nou verstaan ek ·

Ons gee lankal nie meer om nie. Daars net waarde in grond as iemand dit wil koop, anders is dit waardeloos.

Jo B ·

BLF …. Dis hoe dit eintlik is… “Mark my words”… BOERE’S LAND FOREVER.

Tanya ·

Dit is nie jou land nie dit is nie my land nie.Gaan jy die gront saam vat as jy dood gaan.

Tom ·

Dit is God se grond. Die Afrikaner het juis dit nie voor 1994 in ag geneem nie. En doen dit nie juis nou nie. Eie planne werk nie. Vervloek is hy wat op die vlees vertrou.

Sê-ma-net ·

Gaan CR begin met sy eie plaas en peperduur eksotiese wild? Sy mense is mos honger. Laat hy dan van voor af lei en die pas aangee. Sommer al die ander ministers met hul plase ook. Laat hulle dan nou aan die ‘piepols’ wys watter goeie kommuniste hulle kaders is..?

Emma ·

Die anc het nog in alles misluk. Ek sien nie dat die land van ons kan verbeter onder hulle leiding nie, hulle sal alles doen om aan bewind te bly maak nie saak hoe sleg dit sal gaan met ons in die toekoms nie. N klomp patete wat net na hulself kyk.

marina appelgryn ·

Emma hoe gaan jy hierdie werklikheid wat jy nou stel aan die MASSAS se breine laat deur dring!!!???

Johanna Botha ·

Waaraan het die anc gevat wat nie opgeeindig het as n groot gemors …onkundige onnosel inhalig en skelm !

Eddy ·

Daai fossiel Robert Mugabe het 18 jaar gehad om grondhervorming toe te pas maar nee ,2000 toe beset hulle please sonder enige kennis van boerdery.Die resultaat: Geen kos,geen ekonomiese groei en nou is almal daai derduisende Zimbabwiërs op ons stoep.(Een statistiek sê hier is reeds n miljoen Zimbabwiërs in RSA

Jerry ·

Opposisie partye wat reken dat die ANC die afgelope 24 jaar misluk het deur korrupsie en plundering terwyl die land verval in armoede, maak n groot fout. Die ANC het doelbewus die klimaat van korrupsie, plundering en verarming geskep om by OSV te kon uitkom. Dit was en is nog steeds die plan om deur korrupsie en plundering die ANC elite en revolusionere strukture te verhef tot selfverryking en n status wat die ANC elite “untouchable” maak en om die res te verarm tot so n mate dat weerstand verkrummel teen die implementering van NDR programme soos bv OSV. Wat die opposisie dus sien as ANC mislukking is inderwaarheid ANC sukses! Dit is inderwaarheid die opposisie partye wat misluk het om die ANC te verhoed om die klimaat te kon skep wat hierdie verandering teweeg moes bring. Opposisie partye verstaan nie die strategiese denkwyse van misleiding deur die ANC nie en het deur NDR programme soos fees must fall, BEE ens vir verandering te ondersteun, in die hande van die ANC gespeel. Die ANC gaan uit die stryd tree as die groot wenners en die OPPOSISIE as synde, die GROOT VERLOORDERS! Miljoene Suid Afrikaners gaan hulle skaar by die wenners, nie by die verloorders nie. “The opposition have failed South Africans because they dont know what they were suppose to know”! And still! You call yourselfs, “Proudly South African”!

Anton ·

Stem 110% saam. Dit is soos om met n giftinge slang in jou bed te slaap, net n kwessie van tyd voordat hy jou pik. Die enigste manier vir oorlewing is om die slang se kop te vergruis. Meeste van ons probeer nog met die slang vrede maak. Kommunisme (anc) soos die slang het net een doel voor oe en dit is om jou dood te maak.

Sarel ·

Mintag Jerry, vir eens stem ek volkome met jou saam . Die opposisie is/gaan aan die slaap gevang word. Die ANC is slinks en gaan nooit van die vryheidsmanifes afwyk nie behalwe vir die nie rassige deel wat hulle weet hulle doelbewus oor lieg.

jakes ·

CR is maar net n verlengstuk van JZ. Mense wat hom glo moet hul koppe laat lees, die ANC gaan ons grond vat en SA sal verder verval soos Zim. De Klerk en sy makkers het SA uitverkoop en witmense se dae is getel.

H.A. ·

Lees ook Praag.co.za vandag nog. Kom agter die kap van die byl.

H.A. ·

Cherokee. Ek wil graag weet of jy vroëer by Praag deel was -of nog is- van hul kommentare ?

John ·

ANC-leiers se familie plus annex leef in weelde… bekom na 1994… Om skuldgevoelens en verwyte te verdoesel word arme naastes soortgelyke lewensomstandighede beloof; op diesefde wyse bekom.. deur quickies soos in die Sona vervat. Einde 2019 gaan die land in ‘n nog erger toestand wees as nou, maar die ANC woed voort. Telkens word ‘n skynsonde van die witman geskep as rede vir optredes, bv: geweldadige afneem van grond deur wittes; te luukse hospitalisasie vir wittes; te goeie skole vir wittes; te veel ondernemende besighede deur wittes; te hoè skoolprestasies by wittes; te goeie kwalifikasies by wittes; te wit velle by wittes… en wat volg: Vergrype met behulp van katastrofiese inploffings.

Werner ·

Mense vergeet as art 25 verander word kan hulle alles van jou vat jou mooi huis in die dorp jou besigheid alles hulle beplan om alles te vat wakker word

Anton ·

Ag ek gaan maar my Fortuner was. Dit sal meer sukses bring as Boeresake! In elk geval kan ek gatkruip by die ANC se mense en hulle help in hul drome. Dan sal ek mos veilig wees of hoe?

Anton ·

Ons is al so gewoond om met n giftige slang in ons tuin saam te leef. Kommunisme is n giftige slang en meeste mense se nou al jare “ag shame los die slang hy sal niemand seermaak nie” Wel.die tyd breek nou aan dat ons iets met die slang moet doen want hy maak reg om ons te pik…

Jerry ·

Die slang het klaar gepik, die verlammende uitwerking wat regdenkende Suid Afrikaners ervaar is die gif wat stadig maar seker besig is om verder en verder te versprei. Die teengif om die slang in sy eie howe aan te vat raak verouderd met die teengif se vervaldatum wat vinnig nader kom. Regdenkende Suid Afrikaners, wit, swart, bruin, indier ens. benodig dringend n nuwe teengif teen die slang se gif. Die nuwe teengif moet eenheid kan bewerkstellig vir n totale teenrevolusionere aanslag ten einde die slang se misleidende motiewe bloot te stel en die slang se magshebsug en geldmag te teiken met alle weerstandsmiddele wat nog beskikbaar is asook wat verkry kan word sodat die slang homself begin pik! Een defnitiewe weerstandsmiddel sal bv wees soos wat tannie Zille gese het, om belasting te weerhou van die slang vir “bail outs”, verdere kaderontplooiing, plundering ens, totdat alle staatskapers eers vervolg is en agter tralies sit. Geen planne van die slang mag geimplimenteer word voordat bogenoemde geimplementeer en suksesvol deurgevoer is nie. Dit sal die skaal swaai in die guns van die teenrevolusioneres. Ons moet aan die slang begin doen wat die slang vanaf 1994 besig is om aan ons te doen. Ons moet die slang vir staatskaping laat vervolg deur die wereldhof vir verraad teen Suid Afrikaners. Ons moet aan die slang begin doen, dit wat die slang die ergste vrees!

Schalk ·

Publiseer buetjie hoeveel mense het grind ge eis en hoeveel geld is toe betaal wsnt hulle wou toe die geld he.Publiseer hoeveel geld is in staats besit.Publiseer hoeveek grond behoort aan ministers en hul famolie na 94.Publiseer hoeveel swartes het in weskaap ,noordkaap,wes transvaal,vrystaat,karoo,gewoon in 1652 Hierdie is n grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.