DA angstig oor Steinhoff-sperdatum

Argieffoto: ANA

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê hy het die Steinhoff-maatskappy versoek om te bevestig dat ʼn agterstallige verslag oor ʼn forensiese ondersoek deur die ouditeursfirma PricewaterhouseCoopers teen Donderdag afgehandel sal wees.

Die PwC-verslag moes al teen einde 2018 gereed gewees het, maar is tot einde Februarie uitgestel.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, het in Desember 2017 bedank ná ouditeure geweier het om die maatskappy se finansiële state af te teken toe rekeningkundige ongerymdhede aan die lig gekom het.

Alf Lees, DA-skaduminister van finansies, het Dinsdag daarop gewys dat miljoene Suid-Afrikaners, insluitend pensioenarisse en die Staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) byna al hul spaargeld in die Steinhoff-debakel verloor het. “Suid-Afrikaners moet dringend die omvang weet van die Steinhoff-misdrywe,” het hy gesê.

“Dis nou ʼn jaar sedert die onthullings gemaak is en Markus Jooste uit Steinhoff bedank het, en sedertdien klaarblyklik steeds ʼn luukse lewe in Suid-Afrika lei,” het Lees bygevoeg en gesê Jooste is nog steeds nie aangekla nie.

Hy maan die raad van Steinhoff om seker te maak dat die PwC-verslag dringend afgehandel word en beskikbaar gemaak word aan die betrokke owerhede sodat strafregtelike stappe gedoen kan word. Hy het bygevoeg die verslag moet ook by die parlement ingedien word sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CW ·

Ek ook nie, SA owerhede het nie die kundigheid om teen Markus en kie op te tree nie. Hulle kry nie eens n inbreker by n huis skuldig nie.
Diegene wat bevoeg was om dit te kon doen is jare gelede weggedryf weens regdtellende aksie. So die DA kan maar saam met die res van ons wat verloor het wag. Ek het in elk geval meer deur MTN se manewales verloor as met Sreinhoff. Daar word net n veel groter geraas oor Steinhoff gemaak. Die DA kan liewer raas oor zuma en guptas en jack ramaphosa en bosasa. Baie meer werd

Dries du Toit ·

Dit is absoluut angswekkend. Dit was veronderstel om veilige aandele te wees. Ou mense wat als verloor het

wet ·

Ou mense het nie als verloor nie. Die pensioen fonds het iets soos 20 bilj verloor wat in steinhoff bele was. Mense wat alles verloor het is die wat al hulle geld individueel in steinhoff bele het. Mense behoort eerder bekommerd te wees waar die regering die pensioen fonds wil gebruik vir ontwikkeling en bailouts. Steinhoff is ‘n druppel in die emmer.

Rooi Jan ·

Dit is maklik daar was n hofbevel dat die audit verslag op n sekere datum uitgereik moet word. Hou die Steinhoff raad en PWC se senior bestuur persoonlik aanspreeklik vir die uitreiking of arresteer hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.