DA: ‘Beëindig Eskom se monopolie’

Foto: @Dodoky op Twitter.

Foto: @Dodoky op Twitter.

Die DA het Woensdag gesê die regering moet ander elektrisiteitsprodusente toelaat om mee te ding en Eskom se monopolie beëindig.

“Kom ons breek die monopolie voor Eskom ons breek,” het Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, aan ondersteuners in Johannesburg gesê.

Die DA het ‘n optog buite Megawattpark, Eskom se hoofkantoor, in Sunninghill gehou. “Skrap nou die kernooreenooms … Zuma en sy kabinet is op soek na pensioene uit hierdie ooreenkoms. Dit het niks te doen met die behoeftes van Suid-Afrikaners nie,” het Maimane gesê.

Hy het ʼn beroep gedoen op die parlement om die Wetsontwerp op Onafhanklike Stelsels en Markoperateurs (Ismob) goed te keur. Indien die wetsontwerp goedgekeur word sal dit onafhanklike kragprodusente toelaat om die mark te betree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bennie ·

Dit is wat die ekonomie en die land nodig het, maar sal die comrades ooit uit hul tonnel visie uit kyk?

Petrus van Eeden ·

Eskom was al in die ou Suid-Afrika n staatsinstelling en monopolie. In elke Europese land het jy vandag meerdere elektriese kragvoorsieners. Soms meer as tien per land. Met n telefoonoproep kan jy van die een oorstap na die ander. Hulle ding nie alleen met mekaar mee om die goedkoopste kraglewering nie, maar ook die tipe krag. Sommige spesialiseer in groen energie (wind en son), ander op atoomkrag, kole, ens.

david ras ·

Tydens ‘n onlangse onderhoud op Robinson Regstreeks het Freek ‘n bekende ekonoom so aangehaal–nerens in die wereld het een maatskappy sy land se ekonomie soveel skade aangedoen as Eskom nie. Amen daarop !
Daar was ‘n tyd gelede ‘n storie in omloop dat Anglo American die krag voorsiening in SA gaan oorneem. Was daar enige waarheid in ?
Ek klim gister in ‘n hysbak in die “munisipale”kantore in Brits, Saam met my klim ‘n swart man en drie vroue, in ernstige gesprek, in. Wat ek uit hulle half-tswana half Engels kon verstaan is dit: ons moet die “ou” mense (die slagoffers van AA) terugbring, hulle weet wat om te doen.!
Ek is g’n ondersteuner van die DA nie, maar hier verdien hulle ook ‘n Amen !

Dave ·

Die DA? Hulle verdien ‘n kompliment? Dieselde DA wat die oorsaak is van Eskom se bankrotskap? Dieselfde DA wat hulself daarvoor beywer dat opgeleide blankes oorsee moet werk soek terwyl onbevoegdes die land se kragsentrale beheer? Die ‘regstellende aksie’ DA? Die oorblyfsel van Helen Suzman en Van Zyl-Slabbert se Progresiewe Party? Vir húlle wil jy komplimenteer? Is jy nugter?

Marcel ·

Ek stem saam met jou Petrus, dit moet wees soos die selfoon netwerke wat ons het, elkeen kan kies watter een hy wil gebruik.

Eish! ·

Ek dink elke Afrikaner droom oor die dag! Swart, Wit, Bruin, Reenboog ens.

Chris ·

Die krag in die lande met die baie voorsieners is baie duurder as ons sin tans.
Hierdie is maar net ‘n plan om die kragkostes op te jaag.Meer as een kragvoorsiener is nie ‘n waarborg vir goedkoper krag nie.Die selfoonkostes in SA is baie duur vergeleke met ander lande,hierdie dien as voorbeeld.
Dink vir ‘n oomblik wat gaan hierdie krag kos .Eskom kan dan mos bewys dat hulle krag te goedkoop is en so sonder baie probleme die tarief aansienlik opwaards aanpas

Hendrik ·

Ek dink die toekoms gaan so verloop . Eskom verskaf krag aan die nywerhede, besighede, skole, hospitale. Dit is tog die belangrikste want ander het ons nie werk nie. Die huisinwoner is verantwoordelik vir hul eie krag (son, wind, kerse, ens. ) of koop krag ten duurste vanaf Eskom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.