DA bekommerd oor De Kock-besluit

Eugene de Kock

Eugene de Kock

Die DA het sy kommer uitgespreek oor die proses en regverdigheid rakende die besluit om nie vir Eugene de Kock op parool vry te laat nie.

“Dit blyk dat die proses nie ten volle gevolg is nie,” het James Selfde, DA-LP, in ‘n verklaring gesê.

Hy sê daar was baie ander apartheidsamptenare wat die misdade wat De Kock gepleeg het onderskryf het, maar wat nooit vir hulle optrede verantwoordelik gehou is nie.

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het Donderdag aangekondig dat De Kock nog ‘n jaar sal moet wag om te hoor of sy aansoek om parool goedgekeur gaan word aangesien die families van sy slagoffers eers geraadpleeg moet word.

“Dit bly ietwat onbillik te wees dat De Kock, wat baie ernstige misdade gepleeg het as ‘n amptenaar van ‘n bose stelsel, skynbaar die enigste een is wat gestraf word,” het Selfe gesê.

De Kock (65) het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien.

Lees ook:
Eugene de Kock nie op parool vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lanie ·

Word die familie van mense wat deur barbare doodgemartel word op plase geken as die kriminele op parool gaan ? Dis dubbele standaarde !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.