DA bereid om stemme op te offer vir beginsel

(Foto: Demokratiese Alliansie/da.org.za)

Die DA is bereid om stemme op te offer in volgende jaar se verkiesing ter verdediging van die beginsel van nie-rassigheid, het die party se beleidshoof, Gwen Ngwenya, Maandagoggend gesê.

Sy het by ’n mediakonferensie na afloop van die DA se beleidskongres (waar slegs lede van die party se federale raad stemreg gehad het) gesê beleid word nie geskryf om stemme te trek nie, maar om beginsels te verwoord.

Volgens Ngwenya is daar verskeie aspekte wat ekonomiese uitsluiting aandryf, soos ’n onkapabele staat, swak onderwys- en gesondheidstelsels, mense wat ver van hul werkplekke af woon en die ontwrigting van gesinstrukture weens die voortgesette bestaan van die trekarbeidstelsel.

Die voorsitter van die party se federale dagbestuur, Helen Zille, het deurgaans aangevoer dat elke onderwerp met ’n oorweldigende meerderheid aangeneem is, maar sy wou nie die werklike uitslae bekend maak nie.

Op ’n vraag waarom so min lede van die DA se federale raad aan die stemmery deelgeneem het – oor sommige kwessies het so min as 110 van die ongeveer 140 stemgeregtigde afgevaardigdes gestem – het Zille gesê sy kan nie help as mense nie opdaag of nie stem nie.

Sy het nogmaals verseg om die presiese uitslae te verskaf van presies hoeveel mense vir of teen ’n spesifieke beleidsvoorstel gestem het. Omdat dit ’n geslote vergadering was, kan afgevaardigdes ook nie openlik praat oor wat daar gebeur het nie uit vrees vir weerwraak.

Zille het egter wel gesê dat sy nie verstaan hoe mense kan sê die vergadering was ’n rubberstempel nie.

Ngwenya het gesê die feit dat ras ’n valse konstruk is, beteken nie dat daar nie rassisme kan wees nie, net soos die feit dat heksery onsin is, nie mense verhoed om Suid-Afrikaners as hekse te verbrand nie.

Sy het voortgegaan om te sê watter ras jy is, bepaal nie wat jy glo of wie jy is nie.

Die party se federale ondervoorsitter, Refiloe Nt’sekhe, het gesê reëlings vir die party se federale kongres, wat op 30 Oktober begin, verloop klopdisselboom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fritz ·

Jaaaaaa…….jy kan seker vir hulle stem…….as jy geroepe voel om te stem. Net jammer hulle het nie veel gedoen om die inperking te probeer ophef nie. Een flouerige poging aangewend met n hofsaak, en dit was dit. Nee wat, ek sal maar soos ouder gewoonte eerder 4 dae verlof neem tydens die verkiesing en n lekker 9 dag vakansie inwerk.

Maria ·

110 van die ongeveer 140 stemgeregtigde afgevaardigdes wat gestem het, is nie min nie

Sarel ·

Wzt is nou eintlik hulle beleid. Gaan BEE afgeskaf word of word dit steeds gesteun.
Jy kan nie van ” Ras” weg beweeg nie want dit bestaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.