DA berispe Zille oor apartheidswette-siening

Helen Zille. (Foto: Tracey Adams/African News Agency)

Die DA het die voorsitter van sy federale dagbestuur, Helen Zille, daaraan skuldig bevind dat sy die party se handelsmerk- en kommunikasiegids oortree het.

Dié optrede het gevolg nadat Zille in Junie verlede jaar getwiet het dat daar nou meer rassistiese wette op die wetboek is as tydens apartheid.

Thomas Walters, ondervoorsitter van die DA se federale raad, het in antwoord op ʼn navraag gesê Zille is berispe en sy moes die DA om verskoning vra. Aangesien sy die DA reeds om verskoning gevra het, hoef sy dit nie weer te doen nie en het die verskoning dus weggeval, so sy is slegs berispe.

Klagte teen Zille is aan die einde van verlede jaar deur verskeie DA-lede ingedien, en is deur die party se federale regskommissie hanteer. Volgens Walters het die federale regskommissie die saak teen 14 April afgehandel en het die federale dagbestuur se besluit oor Zille se skuldigbevinding en straf op 4 Junie vanjaar plaasgevind.

Walters wou nie die presiese klagte teen Zille bekend maak nie omdat hy dit as ʼn interne partykwessie beskou. Om dit bekend te maak sal volgens hom prosesse kompromitteer.

“Die substantiewe punt is egter dat sy aangekla is dat sy bepalings van die party se handelsmerk- en kommunikasiegids oortree het,” het Walters gesê.

Hy het gesê dat daar nie gesloer is met die proses, wat bykans ʼn jaar geneem het om af te handel nie.

“Die dissiplinêre proses rakende me. Zille is tot op die letter van die voorskrifte gevolg. Sy het haarself verskoon uit alle besprekings daaroor en is dieselfde as enige ander lid behandel.

“Dit is ook belangrik om daarop te let dat die party se handelsmerk- en kommunikasiegids tans hersien word. Die kwessie is nou afgehandel,” het Walters gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bernard

Maar het sy die waarheid gepraat, Desperate Alliance?

JM

Die waarheid mag nie meer gepraat word nie. Skande!

Paul

Skuldig omdat sy die waarheid praat! Die DA sal nooit weer my stem kry nie!

Die Boerepompie

Hel.man kan ons noe net in brede saam leef nie

Staal

Helen Zille is besig om die DA uitmekaar te skeur. Loop speel met jou kleinkinders en bedank.