DA besluit vandag oor Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

ʼn Paneel van vyf van die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag vergader om Dianne Kohler-Barnard, voormalige LP, se appèl teen die opskorting van haar lidmaatskap te bespreek.

Glynnis Breytenbach, voorsitter van die DA se federale regskommissie, het gesê ʼn uitspraak sal na verwagting later Dinsdag gelewer word nadat die paneel voorleggings van beide partye aangehoor het.

Werner Horn is die voorsitter van die paneel. Die ander paneellede is Benedicta van Minnen, Michael Bagraim, Solly Malatsi en Brett Herron.

Maroela Media het vroeër berig Kohler-Barnard se lidmaatskap is opgeskort nadat sy skuldig bevind is aan wangedrag. Dit kom nadat sy ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, op haar Facebook-blad gedeel het waarin hy onder meer geskryf het: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

Kohler-Barnard en die DA is wyd gekap oor die deel van die inskrywing met die ANC wat gesê het dit is “bewys daarvan dat die DA wit heerskappy handhaaf”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Manie ·

Die vrou beskik oor vermoeëns om in die toekoms te kan sien. Kyk maar net wat het Zuma met Nene en Van Rooyen gedoen.
Dit is ‘n Sirkus man. Geen mens by sy vollepositiewe speel so met ‘n land se Finansies nie.
Stel haar weer aan GROOT BATE!!!!

Loeis ·

Manie, sy het om verskoning daarvoor gevra, en gese sy was verkeerd…

Nerine ·

As die DA vir Kohler-Barnard skors uit die party gaan dit ‘n baie dom besluit wees.

Willie ·

Sy het maar net gesê wat baie ander blanke suid afrikaners myself ingesluit voel. Ek dink nie dit was ‘n wit persoon wat in gedrang kom nie, maar P.W.Botha se foute is nie die helfte van Zuma s’n nie

Loeis ·

Maar Botha was verreweg eerliker as die wat nou die land regeer! Wil iemand dit ontken?

Dit se iets van jou as jy oor die waarheid jammer se, en iets van jou party as hulle jou daaroor wil skors.

VF+ en die ACDP gaan glimlag wanneer volgende jaar se verkiesingsuitslae aangekondig word.

Daan Erasmus ·

Ek verstaan steeds nie wat sy verkeerd gedoen het nie.

Andre ·

Ek het nog nie gehoordat ANC- en EFF-lede met skorsing uit hulle partye gedreig word as hulle openlike en kwetsende uitsprake teen wittes maak nie. Die spul moet oor hulle oënskynlike swak selfbeeld probeer kom en die DA moet begin afsien van sy “hansie-my-kneg”-houding wat blyk uit sy oordrewe strewe na politieke korrektheid.

Kobus ·

Dan sal hulle vir Desmond Tutu ook voor stok moet kry, hy het dan min of meer dieselfde uitlating gemaak.

Mariki ·

Feit bly staan, sy het die absolute waarheid gepraat!!!! Bly haar appel het geslaag. ANC doen erger rassistiese dinge elke dag, en geen haan kraai daarna nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.