DA besorg oor gevaarlike bende in Mamelodi

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die Boko Haram-bende in Mamelodi in Pretoria hou ʼn ernstige gevaar in vir die gemeenskap, en tog doen die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, nie genoeg om die geweld en misdadigheid van dié bende hok te slaan nie, meen die Demokratiese Alliansie.

Michael Shackleton, die DA se skadu-LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die Boko Haram loop rond met vuurwapens, plunder winkels en beroof inwoners. “Hulle raak ook al hoe meer betrokke by die kaping van kontrakte vir gemeenskapsprojekte. Hulle het nou druk geplaas op die kontrakteur wat aangestel is om die Mamelodi-Wes-begraafplaas skoon te maak, sodat hy sal onttrek en hulle die kontrak kan oorneem.”

Shackleton sê die Boko Haram het ook in 2019 op die Mamelodi Hostels toegeslaan, inwoners geterroriseer en hulle uitgesit sodat die bende hul intrek kon neem.

“Ondanks herhaaldelike klagtes wat by die Mamelodi-polisiestasie teen die bende aanhangig gemaak word deur die gemeenskapspolisiëringsforum en inwoners van die hostel, word niks gedoen om hul bewind van terreur te beëindig nie.”

Mazibuko het reageer op die DA se geskrewe vrae in die Gautengse wetgewer. Volgens haar is vyf sake van sakeroof, wat met die Boko Haram verbind word, oopgemaak en twee bendelede is in 2019 in hegtenis geneem. Sy het gesê ʼn taakspan is deur die Tshwane-distrik aangestel om ondersoek in te stel en misdaad te monitor wat met die bende verband hou.

“Die feit dat die bende steeds inwoners terroriseer dui duidelik daarop dat die taakspan onsuksesvol is en daar is ʼn dringende behoefte aan doeltreffende ingryping,” het Shackleton bygevoeg. “Dit is die verantwoordelikheid van die SAPD om die veiligheid van ons inwoners te verseker en sulke misdade te voorkom.”

Die DA doen ʼn beroep op Mazibuko en die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, om dringende maatreëls in te stel om die geweld en misdadigheid van die bende hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Werner ·

Die da sal nog agtergekom dat brieweskryf niks aan die prentjie gaan verander nie.Ons land stuur op n ramp af ek stel voor dat elke huishouding op plase en stede hulself daarvolgens voorberei.

Casper ·

As ek reg kan onthou is Boko Haram ‘n terrorists organisasie in Nigerië wat betrokke is by die ontvoering van kinders.Het hierdie bende net die naam oorgeneem.Kyk maar vir ISIS in Mosambiek.Hulle kom ook SA toe.

Gert ·

En dan is almal geskok as die gemeenskap self skoonmaak en die probleem uitwis

Johan ·

Is dit ń islamitiese tereur bende,soos die in Nigerië? Dan sal die owerhede hulle vinnig moet verwyder.

Hennie J ·

Sodra hoedman en sy makkers terugkeer vanaf hul strandvakansie sal hierdie aangeleentheid aandag geniet van die polisie op sersantvlak.

Jacobus ·

Kan iemand aub ook aandag skenk aan die gevaarlike bende in Lethuli Huis.

Charl ·

Ek stem met Werner saam, praat help nie, ondersoeke help nie want níks gebeur nie, die polisie tree lánkal nie meer op in landsbelang maar kyk eerder hóé hulle hulself kan bevoordeel ! Met hierdie boko haram gemors maak jy soos met ‘n hondsdol dier, jy maak dit vankant.

Sarel ·

M.A.W. Hulle is hier en Minister Cele ontwapen Burgerlikes
Dit is mos ‘n Bedmaat vzn die ANC ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.