DA betoog in Johannesburg

Glynnis Breytenbach by die betoging. Foto: @Thuls11/Twitter

Honderde DA-ondersteuners het Woensdag weer Johannesburg se strate ingevaar om oor werk te betoog.

Deelnemers het plakkate rondgeswaai met die woorde “saam vir werk”.

John Moodey, die party se leier in Gauteng, het die skare toegespreek en gesê die party sal mense bevry van armoede. “Ons kan nie ʼn toekoms hê as ons werkloos is nie, werkloosheid beroof ons van ʼn toekoms. Werkloosheid beroof ons van ons waardigheid,” het hy gesê.

Moodey het bygevoeg dat die DA ná die verkiesing op 7 Mei in Gauteng aan bewind gaan wees. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sumo ·

Dit is presies soos baie blankes voel wat weens BEE hul werk verloor het. Vir hulle is daar geen toekoms meer, hulle is ook BEROOF van hul MENSWAARDIGHEID.

Ansa ·

Sumo en dan word die blankes se plase sonder vergoeding terggevat. Hulle boer al geslagte het hard gewerk vir die grond en voed meer as duisende! Wie gaan dan die land van voedsel voorsien?

Ansa ·

.. en wat gebeur as hulle die meerderheid stemme het en saamstaam met die ANC wat word dan van ons land?

Babs ·

Ek vertrou glad nie die DA nie. Hulle dANCe elke aand op ‘n ander verhoog saam met Zuma se mense. Dit is van geskenke uitdeel wat so baie Blou T-hemde sigbaar is. Kom stemdag dan trek hulle maar weer die kruisie by ANC. Ek het haar nog nie een keer op TV nuus of in die koerante in ‘n blanke area gesien. Kyk maar wie gaan haar in 2015 opvolg as sy besluit om uit te tree.

Frik Lotz ·

DA is in n dolle gejaag na swart stemme. Afrikaners en ander minderhede is nie belangrik vir die DA nie. Enigste party wat opstaan vir minderhede en plaasboere is die VF Plus!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.