DA betoog teen korrupsie in Gauteng

Voormalige leier van die DA Tony Leon sluit aan by Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, tydens ʼn optog teen korrupsie (Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency/ANA)

Tony Leon, voormalige leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag by ander leiers van die party aangesluit in ʼn optog teen korrupsie deur Johannesburg se middestad.

Dit was Leon se eerste verskyning by ʼn betoging in 10 jaar. Hy het aangesluit by die DA se premierskandidaat vir Gauteng, Solly Msimanga, Phumzile van Damme, John Steenhuisen, Solly Malatsi en John Moodey.

“Verandering gebeur nie wanneer mens stilsit nie. Dit gebeur wanneer jy opstaan, wanneer jy aansluit by stemme van verandering, betoog, met mense praat, en hulle oortuig – dan kry jy verandering,” het Leon gesê. “Ek staan agter al die kiesers wat verandering voorstaan. Hulle kry al my ondersteuning.”

Msimanga het die optog van die departement van maatskaplike ontwikkeling se kantoor tot by Gauteng-premier David Makhura se kantoor gelei waar honderde bruin “omkoop”-koeverte op die voorstoep neergesit is.

“Dit is omdat daar so baie bruin koeverte in Gauteng rondgestuur word. Mense se stilswye word gekoop, mense word omgekoop om besluite te beïnvloed oor die toeken van tenders; en mense word betaal vir hul samewerking,” het Msimanga gesê.

DA-lede betoog teen korrupsie (Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency/ANA)

Hy het gesê onder die ANC-administrasie het die provinsiale regering se saketransaksies met die omstrede Bosasa-maatskappy die afgelope vyf jaar met tot 300% toegeneem, van R108 miljoen tot R430 miljoen. “Ongeveer R20 miljard het in Gauteng verlore gegaan weens korrupsie, vrugtelose en verkwistende uitgawes. Met hierdie geld kon ons vyf hospitale, 20 klinieke 30 skole en 77 000 huise gebou het.”

Msimanga het bygevoeg daar is niemand wat aanspreeklik gehou word vir die korrupsie nie en premier Makhura het net op dieselfde pad van korrupsie en verwoesting as sy voorgangers gebly. “Voormalige LUR’e van gesondheid Qedani Mahlangu en Brian Hlongwana is nog op vrye voet sonder enige gevolge vir die misdade wat hulle teen die mense van Gauteng gepleeg het.

“Ondanks sy ongelooflike potensiaal, word Gauteng teruggehou deur korrupsie, wanbestuur en wanadministrasie deur die ANC-regering,” het Msimanga bygevoeg. “Korrupsie het geleenthede van mense gesteel en hulle moedeloos gelaat.”

Hy het gesê die geld kon aangewend word om die plaaslike ekonomie in die provinsie te bevorder, beleggingsgeleenthede te skep vir plaaslike ondernemings en werksgeleenthede te vermeerder.

“Gauteng moet die Goue Geleentheid-provinsie wees – ʼn plek vol moontlikhede, waar mense hul drome kan uitleef in ʼn vooruitstrewende ekonomie, waar daar in elke huis ʼn werk is, waar mense veilig voel in hul gemeenskappe en waar mense nie moedeloos voel oor dit wat môre vir hul kinders bring nie.

“Dit kan nie meer só voortgaan nie. Ons kan dit nie duld dat diegene wat geld van die publiek gesteel het en hul vertroue verbreek het, ongestraf bly nie.

“ʼn DA-regering sal dinge anders doen; ons sal seker maak dat korrupsie onthul word en dat diegene wat daarvoor verantwoordelik is, tronk toe gaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

apie ·

Die DA moet net vasbyt. die klomp kroeks en plunderaars van die opposisie en hulle stemvee moet eers rockbottom strike voor hulle n omkeer sal maak. tot dan moet ons net vasbyt. ons mense eie mense is knap, ons moet net nog meer planne maak, is deel van wie ons is, dis amper stemdag hou net uit

Daan Erasmus ·

Die miljoene wat nie Maroela Media lees nie is die probleem. Eintlik is hulle die oorsaak. Maak nie saak wat gebeur nie ‘n week voor die verkiesing draai hul die rug op logika.

Lerato ·

Die DA is die enigste werkbare alternatief. Die DA veg vir eiendomsreg. Elke persoon behoort ‘n titelakte te hê.

Dries du Toit ·

Lerato jy moet jou party se manifes gaan lees. Jy gaan teleurgesteld wees as dit te laat is. Die DA staan ook vir onteiening van eiendom. Hulle se net dit moet wees met vergoeding. Vergoeding van die staat. Wie se geld ??? . So hulle gaan jou geld gebruik om jou mee te betaal om jou eiendom te vat. Word wakker

Cherokee ·

DA, die party wat gestig is (onder PFP-vaandel) om swart beheer in Suid Afrika teweeg te bring. Die DA het geslaag met dit waarvoor hulle hulself al die jare beywer, maar is steeds nie tevrede nie. Nog steeds beskerm hulle 55 miljoen om nie geboelie te word deur 4 miljoen nie, dmv ‘regstellende aksie’. Nog steeds minag hulle Afrikaans en veg teen op twee fronte teen Elana Barkhuizen en Patricia Se Lille.

Joe Olivier ·

Cherokee, dit is so waar wat jy sê. Jammer dat daar reeds so met die Afrikaner se kop gesmokkel is dat hulle die dinge vergeet of nooit van bewus gemaak is nie.

Boerboel ·

Lerato, ek stem nie met jou saam nie. Die DA betoog nou oor korupsie, mooi ! Wat van Plaas Moorde, wat van sport, kwotas. Nee wat hulle voel niks vir ons wit mense nie.
Al die welvaart wat hy so graag wil he beteken niks as daar nie kos op die rakke is nie, Want Boere word vermoor meer as een per dag en as daar nie meer kos is nie, wat dan? Wat beteken dit. Ek sal nie vir hulle stem nie. Die DA is net n’ ander woord vir die herstigte ANC party.

Gert van Wierdapark ·

Die Politieke Skouspel Gaan Groot! Hul gaan eers na 8 Mei weer Sirkus toe!

Melanie ·

Die DA hou hom groot meneer tot 8 Mei wanneer hy verseker word van al sy poste. Nie almal van ons is dom nie. Moesie het oor en oor en oor verduidelik wat hy van die witman dink.

KrokodilBotha ·

So waar nog mense wat nie weet dat die DA is eintlik die ANC Lite nie. Nuus trek stadig in Limpopo en na Lerato. Shame

Cherokee ·

Lerato het op ‘n stadium aanvalle geloods na AfriForum. Gesê hulle kuier oorsee met lede se geld. Nou is hy tjoepstil daaroor. Dit behoort vir jou genoeg te sê.

Sê maar net ·

10 /10 vir die DA !!
Ons het ń sterk opesisie nodig vir “die gegering van die dag” ons kan nie nou probeur om ń party met 3 of 6 stemme in die parlement nie. Dink mense dink as ek hier so lees dan lag die anc lekker want net van tevore staan ons nie saam nie! Kom ons probeur dit net eenkeer en sien wat gebeur ASSEBLIEF????

Zombie ·

Baie geluk, DA, dat julle so al glimlaggende teen korrupsie betoog. Die glimlaggende betoging sal sekerlik binnekort vrugte afwerp.

Sê maar net ·

10/10 vir die DA!
As ek hier so lees wonder ek net vir wie daar gestem gaan word om hond haaraf temaak?

riaan ·

Rasissme is ‘n vorm van korrupsie! So die da betoog eintlik teen hulleself want hulle is net sulke groot rasisste soos die CancER, eff en blf.

Msimanga het absoluut niks gedoen as burgemeester in Pta en nou wil hy premier word van Gauteng??? WHAT A JOKE!!!!

Attie. ·

Daar staan Tony Leon sowaar in lewende lywe en help Mmusi om die Boere met slappap onder ‘n wip te vang. En hulle vang baie. Die Afrikaanses wat glo en engele praat Engels. Weet die DA ondersteuners dat hul party staan vir ‘abborsie op aanvraag’. Net voor ‘n verkiesing praat selfs Oom Tony Afrikaans. Mmusi sal die baas van die party bly met min ondervinding. Wat gaan hy maak as hy president word. Ek glo hy blaf vir die vale maar sal dankbaar gaan slaap as hy nie die leisels hoof oor te neem nie. Wat Suid-Afrika nodig het is ‘n sterk koalisie van gematigde klein partye. Ongelukkig hou ons volkie van Engels en sing te lekker in die kerke in Engels. Ek soek nog die Duitse kerk waar hulle ‘n ander taal sing in hul kerke. Ons Afrikaners werk in Engels en ons stem Engels en ons sing Engels en die verhoogmensies sing in Afriels en Steve word weggejaag by die Ghoemas. Kom ons verhuis eerder en versterk, met ons Engelse nageslag, vir die talle lande waar ons so graag heenvlug. Besef ons dat in Pretoria is ‘n top restourant waar die buitelanders toustaan wat slegs ‘n Afrikaanse spyskaart het. Nee ons is gewoond aan oorgee want dit is die minste moeite. Lekker DA stem en lekker Engels praat saam met Oom Tony en Mmusi.

Judge Dredd ·

DA laat my dink aan sekere media/maatskappye/bemarking.

Hulle begin in Afrikaans – dis nou om steun en die geldjies ingerol te kry.
Wanneer hulle hul voete vind dan word Afrikaans al hoe meer afgeskaf.
Kyk maar na die Advertensies en sogenaamde Afrikaanse kanale.

Nou netso is die DA.
Het laaste 5 jaar niks vir Afrikaanses of minderhede gedoen.
Vekiesingstyd – nou praat hulle meer Afrikaans in 1 maand as in die vorige 5 jaar. Kamstig voorstaander van alle tale – Lol.

Na verkiesing is dit maar weer “Back to normal”.

Foxi ·

Ek sê nog….Mnr Tony Leon moes nooit die party gelos het nie! Hierdie man kan die land red en sal n uitstekende leier wees vir ons almal in Suid Afrika. Hier kom n verandering, maar die verkiesing moet eers verbygaan. Harde werk lê voor vir wie ookal die verkiesing wen.
Verdrukking sal daar wees, maar dinge sal in plek val een of ander tyd. Die land sal nie so lank kan aangaan met konflikte en korrupsie nie!

Judge Dredd ·

Spaar ons tog n comeback deur Tony Leon. Is hy nou die gesiggie wat wit steun vir die DA moet inkry? Stem VF+

Cherokee ·

Judge, dankie dat jy uitwys waarom Only Teon (tssk Tony Leon) se gesig skielik gewys word. Om die DA-verraaiers te wys daar is meer van hulle, selfs sommige met wit gesigte.

Boerboel ·

Meer as 20 jaar gelede het die blankes n’ kans gehad om Ja of Nee te stem, JA stem het gewen, want Ja stemmers was om die bos gelei. Nou weer voor n’ verkiesing met mooi woordjies word hulle weer om die bos gelei. Niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie. Stem vir n’ party wat baklei vir Afrikaans en ons regte. Stem VF +

Boerboel ·

Se maar net, as jy wakker word is jou koffie koud – Se maar net!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.