DA bevestig eerste dissiplinêre stap teen Zille

Helen Zille.

Helen Zille.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, sal Saterdag deur die wetlike strukture van die DA se federale uitvoerende komitee ondervra word om te bepaal of sy dissiplinêr aangekla moet word oor haar omstrede uitsprake oor kolonialisme op Twitter.

“Hulle sal dan besluit of daar bewyse is om ʼn dissiplinêre aanklag te steun,” het James Selfe, die voorsitter van die party se federale uitvoerende komitee, gesê. Selfe het gesê die komitee sal ʼn verslag oor die vergadering met Zille ontvang en op grond daarvan besluit of die saak na die dissiplinêre paneel verwys sal word of nie.

Mmusi Maimane, die DA se leier, het ʼn klag by die party gelê nadat Zille se Twitter-uitsprake verlede week ʼn sosiale media storm ontketen het. Zille het in ʼn reeks twiets bevraagteken of “elke aspek van kolonialisme sleg was”. Haar uitsprake het wyd kritiek uitgelok.

Sy het sedertdien om verskoning gevra vir haar twiets, insluitend aan die party wat sy gelei het voordat sy die leisels aan Maimane oorgegee het.

Indien Zille dissiplinêr verhoor word, sal die uitslag van die verhoor aan die party se uitvoerende komitee voorgelê word. Die komitee sal dan besluit of hy aanbevole sanksie onderskryf of daaraan wil verander.

Zille het die reg om appèl aan te teken teen die besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Petro ·

As die DA niks doen nie..is hulle net so sleg soos die ANC. Verstaan mense dit nie??Tannie Helen, ek like jou maar partykeer is jy baie onnosel vir ‘n inteligente dame.
Ek hoop jy leer om ‘n wag voor jou mond te sit en dat jy heel anderkant uitkom. Sterkte en onthou Mmusi doen die regte ding…swaar soos dit is xx

Theo Visser ·

En ek het nog altyd gedink vryheid van spraak word gewaarborg deur die Grondwet ?

Helmien ·

As almal net wil ophou om so liggeraak te wees. Sal die wereld n beter plek wees. Niemand mag n opinie hé behalwe sekere mense nie. Daai sekere mense kan sê wat hul wil en die res moet altyd boet vir als. Helen Zille het bloot n opinie gelug. Maar net sekere mense mag opinies hé. Die res van ons opinies is ongeldig. Dit is jammer dat Suid Afrika slegs media reguleer. Terwyl die regering ons kaal steel. Moet goed soos twitter gebruik word om die aandag af te trek van die stelende massa in ons parlement.

popeye ·

Sy was polities nie korrek nie want sulke uitsprake….liberaal, vanaf haar kamp is net vir regsgesinde nuwerwetse linkses van die ou regse regime voorbehou. Intussen hardloop hierdie nuwe regses gou gou hof toe oor regses gesinde uitsprake net sodat hulle regse denke nou die linkses of is dit nou ou regses kan uithaal? Klomp narre!

WitBlits ·

Vryheid van spraak geld net vir wittes wat polities korrek optree en nie op kleinserige toontjies trap nie.
Die DA is op dieselfde pad as die ANC en verwag maar dat meer binnegevegte en magspeeletjies in oploop na die 2019 gaan plaasvind.
Die eerste skuif is om ontslae te raak van die “wit matriag” en die party se aansien in die oë van die massa kiesers te suiwer.

Pat ·

Hulle het seker die paaie en treinapore ontwerp en gemaak ook die damme en die skoolboeke en die kerke hoe lank moet ek aangaan. DA beslis nie vir die blankes nie gelukkig ek lankal hulle kleure gesien

tom ·

O ja die grap is mos dat daars n droogte want die wittes het die damme te groot gebou ha ha

BS ·

Wel dit het sy nou van die waarheid praat. En dan het sy ook omverskoning gevra vir wat sy gese het. Die DA is maar net so bad soos die ANC.

Justice ·

Groote Schuur hospitaal kom uit die koloniale era – die wereld bekende eerste hart oorplanting is daar gedoen en daaglikse hartprosedures word nog steeds op groot skaal gedoen op pasiente van regoor Afrika. Behalwe vir die kwaliteit infrastruktuur wat regoor die land geskep is word daar boonop lewens gered. Zille is reg – die koloniale era was nie net sleg nie. Maimane is bietjie jonk om te weet van sulke goed. Hy probeer nou swart stemme wen net soos hy gedurig die Openbare Beskermer se tyd mors om politieke punte te probeer wen. Hoekom is hy na die verkiesing dan nou so stil? Jammer maar ek sien deur hom.

stem saam ·

Jy is so reg. In elk geval was kolonialisme nie net beperk tot SA nie. Dit was die hele wêreld vol so hoekom ‘n bohaai maak as iemand iets sê oor geskiedenis. Dit kan nie verander word nie. Sien dit vir wat dit was. As mense eerder probeer om positief te bou aan die toekoms en te leer uit die verlede kan ons vorentoe gaan. Gaan iemand uitgehaal word as hulle ‘n opinie het oor sosialisme, imperialisme of enige ander -isme? Helen het die reg om ‘n opinie te hê. Nou mag sy dit nie lug nie? So politiek in SA is net vir “puppets”.

Hans ·

Die arme vrou ,sy sal maar by Steve moet aansluit,dalk kan hulle twee dalk n duo vir ons sing,die stem natuurlik.So hartseer hulle haat hulle eie en ook die res.Net God kan ons help.

Linda Koekemoer ·

Dit maak my siek. Hulle mag op faceboek se net wat hul wil.

Denise ·

Nou wat van Malema se uitlatings om wittes dood te maak en ,Zuma se gesing kill the farmer? Hierdie is mos nie regverdig nie? Wat het die ander partye daaroor te sê gehad…net mooi niks, hulle voel mos almal so ne?

Rynhardt ·

Helen Zille en haar student, Maimane moet albei vir regstellende aksie (rassisme) wat hul teen blankes ondersteun, aangekla word.Afrikaners daar is n hele veldtog teen blankes aan die gang.Kan julle dit nie sien nie??Dit gaan nog erger raak, want daar word agter rassistiese wetgewing geskuil!

Deon Alberts ·

Die DA gryp nou ook na die koloniale twak. Hulle gaan my en vele ander wiites se steun verloor. Feit is dat kolonialisme al die infrastrure inplek gesit het wat almal gebruik.
Mmusi probeer tog so om die swart kiesers oor te wen dat hy die ANC en EFF se anti wit en sogenaamde kolonialisme twak oorneem. Die waarheid is tog wanneer lieg ‘n politikus is wanneer hy sy mond oopmaak

Johann ·

Net blanke kan rasiste wees in hierdie land. ANC en Malema mag enige iets sê, en dit is reg. Jammer, maar die DA sal nooit weer my stem kry nie.

J Blom ·

Ek stem nog altyd vir die Vryheidsfront omrede ek se solank daar een blanke Afrikaner in die regering is, is daar nog hoop. Indien die DA n teenvoeter vir die ANC wil wees kan hul nie simpatiek teenoor blankes ten koste van swart stemme wees nie. My vriende wou nooit hierdie siening verstaan of glo nie. Die feit dat Helen zille nou so bevraagteken en behandel word na alles wat sy vir die DA gedoen het, wat sal hul nog voel vir n gewone blanke burger met “regstellende” probleme? n Klein groep wat saamstaan onder een vaandel het meer hoop as n om verswelg te word in n groot party wat jou eintlik as n las/irritasie sien kom verkiesingstyd. Internasionaal sal ons ook meer sigbaar wees.

AL ·

Die VF+ sal definitief my steun ook nou kry. Ons probeer so naarstigtelik DA stem om teen die ANC op te staan, maar besef nie VF+ baklei harder vir ons regte as enigiemand anders.

piper ·

die DA gaan baie wir stemme verloor met die zille kwesssie. wat hulle opgebou het oor n lang tydperk is nou afgebreek in een dag. vryheids front hier kom ek

Janneman ·

Ek lees nou net dat Mmusi haar gister ten sterkste veroordeel het.

Ek is bevrees die DA het nou finaal sy liberale karakter verloor in die jag na stemme – presies wat Helen teen gemaan het.

Ek het nuus vir MM. Die geringe swart stemme wat die DA mag wen deur geklikke PK gaan totaal uitgewis word deur die aantal stemme wat hulle gaan verloor van hulle huidige liberale kiesers – “mark my words”!

Danie ·

Onthou net Helen Zille was een van die prominente lede van die Black Sash. Sy is maar een van vele “sogenaamde intillektueles” wat een of ander tyd die waarheid moet beklemtoon omdat dit al hoe duideliker raak dat die minderhede deur die meerderheid begin onderdruk word. `n Paar van hierdie sogenaamde intelektueles is deesdae super stil omdat hulle vir twee goed bang is. Die feit dat daar hope mense is wat hulle naiwiteit van daardie tyd gaan bevestig en ook dat dit hul ego`s verskriklike skade berokken.

Ouma ·

Verseke! Vryheid van spraak? Net swartes se voorreg!!! Ons ou paar witgesiggies in die kamstage parlement? Net ‘n klug! Ons is daar maar mag nie ‘n opienie he nie!! Uit hou aan hou en bek hou!!

MAB ·

Massiewe ontevredenheid oor hoe Zille-aangeleentheid nou hanteer word. Baie gaan in groot getalle DA verlaat. Hoe ver moet blankes vooroor buig? Oral oor word ons gemuilband!!

Sarie ·

SONDER Zille, wàs daar niè ‘n DA niè!!! DIS nou wat èk noem, STANK VIR DANK!!!

Cherokee ·

Sò? Sonder Jan van Riebeeck was daar nie ‘n Suid Afrika nie. STANK VIR DANK roep jy uit.

JJ ·

Weet jul wat? Ek voel regtig bevry! Geen kinderlike Spur of common DA vir my nie. !!

ken benoni ·

Al haar danspassies daarmee heen! Helena ek stuur vir jou ‘n serp, ‘n swart serp…..dis koud buite in die politieke winter

Duineboer ·

Ek stem nooit weer DA nie. Vry net na swart stemme. Me Zille het niks verkeerd gese nie. Vraag is wie stem jy voor? Ons sg wittes is so min. Getalle dryf alles. Duidelike voorbeeld van hoe ‘n swak bedeling pre 1994 bedink en aanvaar is. Minderhede moes meer mag gekry het. Waar is die sg wigte en teenwigte nou?

Jaycee ·

Ek hoop Maimane en die res in die DA wat strategie bepaal, loop katvoet met hierdie Zille-insident. Die afgelope tyd het dit duidelik geword dat daar ‘n onheilige veldtog teen die DA aan die gang is. Die omstandighede verskil van mekaar, maar kyk hoe slinks het die magte agter Mugabe te werk gegaan om van Tzvangirai eintlik ‘n nul op ‘n kontrak te maak. Die DA moenie in dieselfde strik trap nie. Ek kan nou al voorspel dat in die aanloop na die volgende verkiesing die bloed letterlik dik gaan loop.

Vure ·

As jy nie die slang se kop vermorsel nie, sal hy omdraai en jou aan die hakskeen byt!! Leer mense leer.

Oompie ·

Die DA het klaar my stem verloor. Kom ons kyk of hulle nugter kan optree. Dalk wen hulle my en ‘n paar ander se stem terug

Jan du Rand ·

Waarom iemand verguis wat die waarheid uitstippel? Hoe laat is dit as die leuen die waarheid word. Bose dag. Die nuwe dag het gebreek oor die nuwe Suid-Afrika. In watter tyd is die waardevolle infrastruktuur dus geskep?

E.K. ·

Mag almal dan AANDRING optugstappe teen die parlementslid wat IN die parlement geskree het “bury them alive” (witmense). Dis alles so belaglik. Loop ek nou nog elke liewe Engelsman en haat oor wat met vroue en kinders in onsentrasiekampe ind ie Anglo-Boere-oorlog gebeur net? Nee, want ek is nie haatdraend en ek vergewe en beweeg aan. Ai….

dis so siek ·

Al die “politieke korrektheid” veroorsaak dat alles so verkeerd is! Niemand mag openlik debatteer nie want almal se tone is so groot dit kan nie mis getrap word nie!

pietie ·

Het gehoop die DA gee om vir minderhede. En kan ‘n verkiesing wen sonder prysgawe van beginsels. Vryheid van spraak word egter nou finaal ‘n doodsonde. Dubbelstandaarde word vir die DA ook nou die norm: dié wat vir wittes geld en dié vir die res. Mmusi het sy keuse gemaak.

Nivea ·

Helen Ziller het nou net gewys wat sy rerig is. Kan baie voorgee en dan kom dit so uit. Altyd probeer om te wys nee ek sien geen kleur en kyk hoe wys jou kleur nou yt Ziller!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Blankes word vinnig as rassiste geklassifiseer en berispe as hul enige nie-politiese -korrekte opinie uitspreek nie. Maak nie saak hoe jy voel of dink nie. Hou jou mond bottoe as jy wit is. Die DA het die swart stem nodig as hy in 2019 die verkiesing wil wen.

Marie Visser ·

Maimane is ‘n regte tweegatjakkals. Pasop, hy’s nog erger as Malema. Hy begin nou sy ware kleure wys. Hy soek die hoogste stoel in die DA. En dit na wat Zille alles vir hom gedoen het. Siesa

Knikkebollen ·

Ek is nie so seker hierdie was ‘n dom fout van Me Zille nie. Die DA moet deur ‘n proses van suiwering van rassiste gaan ten einde as ‘n ware swart verteenwoordigende party houvas te kry. Tannie Zille se rol in die DA is amper voltooi. Sy sal beslis nou begin kyk om haarself te ‘re-invent’- wie weet dalk as kampioen van minderhede!!

Beyers ·

Hans, jy is heeltemal reg. 1838. Ja die DA is ‘n nul op ‘n kontrak vir ons. Hulle het lankal my stem ook verloor. Het geen respek vir hulle nie en Zille kon nie duer hulle sien nie. Sy is nou aan die hakskeen gebyt.

Ougert Meyer ·

Waarvandaan kom Maimane? En Patricia de Lille? Ware kleure begin nou uitslaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.