DA bevraagteken myn se noodplanne

Mynwerkers wat gered is word in busse weggery by die myn om medies ondersoek te word. Foto: Timothy Bernard/ANA

Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê vandeesweek se voorval, waar meer as 900 mynwerkers ondergrond vasgekeer is, het groot tekortkominge in die nood- en reddingsplanne aan die lig gebring van Beatrix-goudmyn in die Vrystaat.

Maroela Media het vroeër berig al 955 myners, wat sedert Woensdagaand weens ʼn kragonderbreking ondergrond vasgekeer is by Sibanye-Stillwater se Beatrix-groudmyn, is na die oppervlak gebring.

ʼn Erge storm het die dorp Woensdagaand getref en die primêre en sekondêre Eskom-kraglyne wat elektrisiteit aan Beatrix-myn se drie skagte verskaf, is afgesny. Die grootste deel van die nagskof kon dus nie na die oppervlak gebring word nie.

Die maatskappy se kragopwekkers wou ook nie werk nie en die myn moes kragopwekkers by die nabygeleë Harmony Gold leen terwyl Eskom aan die probleem gewerk het.

Noodkragopwekking het aanvanklik slegs 64 werknemers gehelp om by Beatrix 1-skag na die oppervlak gebring te word en 272 by Beatrix 4-skag Donderdagoggend.

Altesaam 955 werknemers was egter steeds ondergrond vasgekeer weens skade aan die beheerstelsel, totdat Eskom die kragtoevoer kon herstel.

Hendrik Schmidt, DA-woordvoerder oor minerale hulpbronne, het gesê Sibanye-Stillwater moet antwoorde verskaf waarom Skag 4 nie alternatiewe ontsnappingsroetes het nie en waarom die noodontruimingstelsel ook nie gewerk het nie.

“Die DA sal die Inspektoraat vir Mynbougesondheid en -veiligheid, wat onder die departement van minerale hulpbronne val, versoek om Beatrix-myn se noodplanne te sertifiseer voor mynboubedrywighede hervat,” het Schmidt gesê. “Die veiligheid van mynwerkers moet ʼn prioriteit wees vir mynmaatskappye en hulle moet seker maak dat noodreddingstelsels altyd gereed is om enige verlies van lewe te voorkom.”

Schmidt het gesê dit is noodsaaklik dat daar gereelde inspeksies gehou word om seker te maak die myne voldoen steeds aan wetgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Opvatting ·

Die opvatting is dat wat gister gewerk het sal ook mos more werk.

Koos ·

As ek die DA is sal ek liewer stilbly oor ander instellings se noodplanne… Water, enigiemand?

Daan ·

Die DA moet konsentreer op die awesigheid van die polisie ,mediies,en water tekorte en die myne uitlos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.