DA beweer Bosasa-geld vir Ramaphosa het ʼn Gupta-verbintenis

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Dinsdag aangevoer hy het bewyse dat ʼn skenking van R500 000 deur Bosasa aan pres. Cyril Ramaphosa se veldtog vir die leierskap van die ANC, word verbind met Trillian, wat op sy beurt aan die Gupta-familie verbind word.

Maimane het gesê die trust wat die geld vir Ramaphosa se veldtog ingewin het, is geadministreer deur ʼn regsfirma wie se direkteur, Jeffrey Afriat, ook op Trillian se direksie gedien het. Hy het gesê die regsfirma is Edelstein, Farber and Grobler en gesê hulle beheer die trustrekening, efg2, waardeur die R500 000 van Bosasa na Ramaphosa gekanaliseer is om beheer van die regerende party te verseker.

“Afriat het in 2016 saam met Eric Wood as direkteur gedien – op die kruin van staatskaping en toe staatsgeld deur die Guptas en die ANC gesteel is. Afriat se naam word ook twee keer in Thuli Madonsela se staatskapingverslag genoem. Hy het as direkteur van Trillian bedank net voor die Budlender-ondersoek oor Trillian van stapel gestuur is,” het Maimane bygevoeg.

Hy het gesê Ramaphosa is nou verplig om “onmiddellik ʼn volskaalse onafhanklike ondersoek van stapel te stuur – onder leiding van ʼn afgetrede regter wat deur die hoofregter aangewys word, om omvattend ondersoek in te stel oor die Bosasa-skandaal, waarby die president en sy familie nou betrek word”.

Maimane het gesê Suid-Afrika kan dit nie bekostig dat owerhede selektief optree wanneer korrupsie ondersoek word nie. “Ons kan nie dubbele standaarde handhaaf wanneer omkopery en korrupsie ter sprake is nie, veral nie wat betref die hoogste kantoor in die land nie. Die president se verbintenis met Bosasa – insluitend alle betalings wat aan hom, die ANC en sy seun gemaak is, of dit direk of deur derdepartye of trustrekeninge is, moet omvattend ondersoek word.”

Lees alle vorige berigte oor Bosasa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nelia van Zyl ·

Ag DA, kry tog liewer julle eie huis in orde. Julle gaan mank aan uitstaande leierskap maar eien julle die reg toe om ander partye in die bek te ruk. Verkiesing 2019 hou vir julle heelparty verrassings in.

Gerhardus ·

Ek stem Nelia. Die DA is blykbaar salig onbewus van die feit dat Zuma se vrou en Ace Magashula weer saam met die Guptas sal regeer as Ramaphosa uit is. Die DA gko seker dat Mmusi Maimane en Steenhuizen sal regeer. Die DA is beslis nie n professionele opposisieparty nie. Die DA leef in n droomwereld. NATUURLIK moet mens teen korrupsie baklei, maar genade, politiek is n uitgerekte spel, nie “een-twee-drie” blok myself laerskool spelerjie nie. Die DA maak dit daagliks moeiliker om vir hulle te stem

Daniel ·

Net so Nelia. Die DA het die De Lille saak baie swak hanteer. Hulle gaan nie weer so baie stemme kry soos die vorige keer nie. Hulle vervreem kiesers, hulle optrede is nie gunstig om nuwe kiesers te lok en werf nie

Dries du Toit ·

Goeie Hemel hoe is dit moontlik dat julle nou die DA se bekke wil stil oor korrupsie

Emma ·

Die mense kan n mens glad nie vertrou nie elke ou net vir homself en die duiwel vir ander. Hul staan maar almal agter die deur.

Johann cb ·

Los die President tog uit! Hy het méér as genoeg van sy eie fondse om SA se ekonomie alleen aan die gang te hou!

Arak ·

Met al die korrupsie is die duidelik 90% van die politiesie wat die ander 10% ‘n slegte naam gee.

Alida ·

Lyk my daar is n tor in almal se koppe! Die wiele val oral af. Genade.

Peter Holmes ·

DA hou hulle nou op met petty nonsens. Wat is R500000 in vergelyking met die VBS skandaal van amper 1 triljoen rand

Nel ·

Op sigself niks nie, maar wat die beginsel aanbetref meer as VBS se ‘amper triljoen Rand’, wat beteken die Guptas ‘are alive, well and still kicking’.

Elize ·

Wil vir my voorkom asof hier ‘n paar GROOT ANC ondersteuners is. Sies vir julle hoor

VUIL UIL ·

Vuil vuil vuil die lot v hulle. @johann cb – waar dink jy kom ramaposa se geld vandaan? Myne by marikana – en hy hou hom nou onskuldig oor die marikana moorde vd SAPD op mynwerkers. Lekker kom ramaposa se vuil wasgoed vinnig uit ne. En hy, gwede mantashe, jessie duarte ens hou nou vir hulle so reinwit dis net nie waar nie. En hulle het nooit geweet v zuma se gekonkel met die guptas nie, nee meneer. Die lot v hulle was op die gupta troue en die hele regering het geweet v hulle maar nou ontken algar dit. As die klomp onskuldig was sou hulle zuma mos rapporteer het itv die korrupsiewet. Vuil vuil vuil almal v hulle

John ·

Ek stem nie DA nie, maar om verkeerd reg te wil noem net om te hoop ‘n dwarrelwind bring vooruitgang… dalk eendag. Verkeerd bly verkeerd. Aangesien GweMa voor die Kommissie getuig dat die ANC bewus was van die Gumpies se mag, maar selfs met die huidige prez as vise-leier steeds niks gedoen het aan die feit dat miljarde gekaap word nie… net gewonder en gewonder het… En die ergste is dat reeds voor Zuma as prez aangestel is en honderde gevalle van misdrywe toe in howe aangedui is, word Zuma aangestel. Om nou hand-voor-die-mond van skok te staan, is skynheilig. Waar was ons huidige prez destyds? Diegene wat nou vir hom opkom in die hoop dat ‘n ‘ander’ man iewers in hom skuil, is ten gunste van verdere kapings soos eiendomsreg waarna ekonomiese verval en chaos sal volg, want die wet gaan nou dien en as die wet gewysig word, verander alles. …. Ek hoor niks… Wat se jul prez oor grondgrype?… Niks?

Jerry ·

Alle mense het een of ander geraamte in die kas, maar om in die donker rond te tas op soek na n stok om CR mee te slaan kan baie maklik boemerang soos wat dit die geval was met die Delille sage. Die DA maak hulself skuldig aan dieselfde taktiek wat die EFF gebruik, naamlik om wanpersepsies van opponente te skep deur bewyslose ongegronde bewerings en aantygings rond te slinger. Die probleem vir die DA met die toepassing van hierdie vuil taktiek is dat dit vir sommige DA ondersteuners onaanvaarbaar is en dat die DA steun verloor, terwyl die EFF met dieselfde taktiek egter sy ondersteunerbasis uitbrei. N politieke party soos die DA wat sodoende in die hande van die radikales inspeel en daarmee saam politieke stabiliteit bedreig, vir watter rede ookal, gaan doodeenvoudig by die stembus, geweldig hard gestraf word. Dit vergroot die kans van die EFF om in die toekoms by die agterdeur in te glip as die grootste opposisie party.

RG ·

So daar is sekeres hier wat dink die R500,000.00 is die enigste betaling wat hy sou ontvang en aangesien dit so min is, is dit reg… ek skud net my kop.
Ryg hulle uit DA.

Sophia ·

Die DA hou hulle té besig om almal hof toe te vat! Ek sê nie dit is nie reg nie, maar hulle laat agterweë om die DA to ‘promote’ deur goeie dinge wat hulle doen, en DIT gaan hulle die verkiesing in 2019 kos…

HARTSEER ·

Ek sien almal draai teen die DA. Lekker man dan gaan EFF die volgende opisisie party wees en dan gaan dit baie lekker wees in hierdie land. Alles wat nou aangaan gaan net erger word en ANC gaan deur EFF uitgewerk word om beheer oor alles te kry. Dit is mos want ons lansburgers wil hê. Gaan kyk n slag in DA rade hoe dit daar gaan en lyk teenoor die ANC munisipaliteite. Daar is geen vergelyking nie alles vernietig deur die ANC. Ek verduur eerder die binne gevegte van die DA en het tenminste dienslewering /ordentlike paaie / water en krag, as wat DA uitgestem word en het niks nie.

George van der Westhuizen ·

Die Afrikaner het ‘n roeping gehad in Afrika naamlik om die inwoners van die land te kersten. Maar toe is goud ontdek en ons het ‘n Britse kolonie geword en die roeping is vergeet. Ons het ‘n menslike oplossing gevind vir die land se grootste probleem – misdaad. Ons het aparte ontwikkeling gekies wat ons die muishond van die wereld gemaak het, terwyl die regte oplossing hartoorplantings vir die hele bevolking was. Nou kla en kerm almal en elkeen gee sy eie raad. Die vraag is: As ons ‘n gelowige regering gehad het, sou dit beter gegaan het in ons dierbare land? Aan die ander kant is daar ‘n tyd en ‘n plek vir alles wat moet gebeur en elkeen wat regeer doen so slegs onder toelating en dit is ‘n baie duur verantwoordelikheid wat meeste regeringsmanne ongelukkig nie besef nie. Ek glo daar is genoeg Afrikaanssprekendes van alle bevolkingsgroepe in die land om tog ‘n verskil te maak in die belang van reg en geregtigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.