DA bly oor vlak 1, kap regering oor entstof  

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die DA het pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die land nie na ʼn strenger inperkingsvlak gaan terugkeer nie verwelkom.

“Dit wil voorkom asof lesse oor die ondoeltreffendheid en vernietigende effek van inperkings uiteindelik geleer is, al is dit nege maande te laat,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

Hy het Ramaphosa se beroep dat alle Suid-Afrikaners hul deel moet doen om die virus te bekamp, herhaal. Beduidende gedragsveranderinge is volgens hom steeds die beste wapen om nie net die verspreiding van infeksies te bekamp nie, maar ook om te voorkom dat ander mediese traumagevalle ons hospitale oorweldig.

“Landsburgers moet ʼn groter rol speel in hierdie poging om gedrag te verander, maar waar dit nie gebeur nie moet ons verhoogde wetstoepassing kry om toe te sien dat die wette en regulasies nie geminag word nie. Hierdie gedragsverandering moet ook geld vir sosiale byeenkomste gedurende hierdie vakansietyd.”

Steenhuisen sê hoewel die land op vlak 1 bly, wat binnenshuise byeenkomste van tot 250 mense moontlik maak, sal sulke groot byeenkomste uiters onverantwoordelik wees gegewe alles wat ons nou weet oor die verspreiding van die virus. “Getalle en noue kontak is belangriker as enigiets anders, dus moet dit ʼn vakansieseisoen met ʼn verskil wees. Mense moet enige sosiale kontak tot die minimum beperk, op ʼn klein skaal en buite waar moontlik.”

Rakende die Nelson Mandelabaai-metro wat as ʼn brandpunt geïdentifiseer is en aan strenger beperkings onderhewig sal wees, het Steenhuisen ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om behoorlik in te gryp by die situasie deur te verseker dat die nodige gesondheidsorgkapasiteit beskikbaar gemaak word.

“Dit moet onder meer behels dat die kapasiteit by bestaande hospitale vir Covid-spesifieke gebruik verhoog word, asook die voorsiening van tydelike veldhospitale met die nodige personeel.”

Die regering moet ook alles in sy vermoë doen om te verseker dat Suid-Afrika toegang het tot dieselfde beskerming as die res van die wêreld. “Dit moes begin het deur ʼn plek aan die voorkant van die tou vir Covid-entstowwe te verseker. Ongelukkig het ons regering ʼn gemors daarvan gemaak deur die sperdatum vir die eerste betaling in die Covax-inentingsinisiatief te mis. Dit beteken dat ons nou weer in die ry moet val, en Suid-Afrikaners dalk nog langer sal moet wag voordat ons ʼn entstof kry.”

Steenhuisen meen dit is onaanvaarbaar en dat die regering die land ʼn gedetailleerde en eerlike verduideliking verskuldig is van wat presies verkeerd geloop het. “Dit is noodsaaklik dat die betaling dié week nog gemaak word sodat ons ons plek in die ry kan bespreek.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Die Wolf ·

Weet nie hoe om fondse van SAL te leen sonder die medewete van PG nie.

Jaco ·

AL wat die DA mee moet ophou, is dié alewige toets toets toets vir corona in die Wes-Kaap. Dit stoot die corona syfers net onnodig op. Corona syfers in die Wes-Kaap is die 2de hoogste in SA. Môre oormôre gebeur dieselfde én erger as met Nelson Mandelabaai. Die DA in die Wes-Kaap se edele pogings om die “ramp” van corona te beveg, speel eintlik reg in die ANC se duistere planne met die DA, die Wes-Kaap en met wit mense.
Hou ook maar die volgende in gedagte:
Die sterk sekondêre doel met inperking is om wit besighede te laat swaarkry en bankrot te maak. Ramaphosa het dit self so min of meer erken toe hy gesê het dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. Ekstra inperking op die Wes-Kaap sal ‘n uitstekende lat wees om die DA en wit mense mee te slaan.

Dirk Mostert ·

Winde is in dieselfde I.K.- klas as Ramaphosa en Boris Johnson.

Rentia ·

Oor iets waar daar groot waarskuwings is? Reg John, jy en Alan kan heel eerste in die publiek julle inentings neem.. as julle na 5 jaar nog niks makeer nie, en die nodige toetse ondergaan om dit te bewys, sal ek volg (ook in die openbaar) Met ‘n 95% + oorlewingskoers, is ek, as mediese dokter bereid om te wag.

katerinadiekat ·

Ek stem 100% saam. I will take my chances with Covid a million times over before i take a vaccine. I am 55yo and last had flu when i was about 8yo. I never get flu shots, and i never get flu either. With the survival rate of Covid, it is quite simply insane to chance having the vaccine. Heaven knows whats in it, the adjuvants etc.

Connie ·

Rentia jy is 100% reg oor die waarskuwings van die inenting.. ek gaan beslis nie een vat nie, ek sal nie die satang mag oor my lewe gee nie, die is hoe die nuwe wereld orde begin nou. Ek dien n Lewende Groot God, Hy sal my lei en op die pad hou.

Gawie ·

Connie, hierdie inenting het absoluut niks met die satan en die nuwe wêreldorde te doen nie. Moet jou nie laat mislei met mense wat allerhande belaglike teorieë probeer aanhits nie. Doen eerder jou eie navorsing (van inligting vat geverifieër kan word) en moenie alles glo wat jy op sosiale media lees nie.

Anoniem ·

Gawie jy moet net seker maak die entstof is 100% veilig nie 95% nie en eers goedgekeur is deur die HPCSA.

Piet ·

Geen entstof is 100% veilig nie. Van die entstowwe was tot 95% EFFEKTIEF na die deurloop van proefperiodes. Selfs al is dit slegs 75% effektief, is dit steeds van waarde.

Anoniem ·

Af duimpie, gaan jy n entstof neem wat nie deur die HPCSA goedgekeur is nie.?

Dirk Mostert ·

Facts Checker tel nie as ‘n bron van geverifieerde inligting nie. As die hoofstroommedia kan lieg oor klimaatsverandering, kan jy hulle ook nie glo oor die “pandemie” nie.

Anoniem ·

Ek stem 100% saam met jou Rentia, ek sal nie enige inenting neem wat moontlik met my DNA kan rond karring nie, ek is heel gelukkig hoe ek is.

Piet ·

Dit karring nie met DNA of RNA nie. Sommer bogpraatjies. Nuwe nana-tegnologie word gebruik.

Gawie ·

Watse waarskuwings? Net mense wat ‘conspiracy theories’ probeer aanhits, maar geen bewyse van enige probleme met die entstof nie.
Dan moet julle ook nie julle kinders teen masels en polio laat inent nie.

Rentia ·

Masels en polio inentings is vir verskeie jare nagevors, ontwikkel en verbeter op. Nie van absoluut geen navorsing tot 95% akkuraat in 8 maande nie. As jy Biologie onthou, DNA is wie en wat jou JY maak. RNA is die boustene van jou DNA. Karring met dit, en jy verander mens wees. Realiteit. Dis nie omkeerbaar nie. Dit kan nie verflou word nie, dis deel van jou, kan ook nie onttrek word nie. Gawie ek het ‘n eed geneem om mense lewe te beskerm, te help genees en op te bou. As jy bereid is om dit te neem, pragtig. Gaan aan, geen probleem, jou keuse jou lewe. Maar ek kan dit nie nou aanbeveel nie, ek sal ook nie. Dis wêreldwyd al bewys dat dit gevolge het. Onomkeerbare gevolge. Lees weier as Google en maak jou eie keuse. Ek het nie gesê ek sal dit nie neem nie, ek het gesê dat dit oor 5jr bewys moet word, dan sal ek. Jou keuse, jou liggaam. Ek staan verantwoordelik vir wat ek sien daagliks in pasiënte. Ek is verantwoordelik voor God daarvoor en ek sal dit nie aanbeveel nie.
Groete

Piet ·

My spesialis se ek moet dit beslis neem. Hy is ‘n spesialis op die gebied. Ek verkies maar om te doen wat spesialiste op die gebied aanbeveel veral omdat ek in ‘n hoe risikogroep val. My huisdokter sal seker net Panado’s voorskryf, useless kan dit maar net so wel by Pick ‘n Pay koop sonder om dokter toe te gaan. mRNA inentings verander NIE jou DNA nie. Dokter moet dalk bietjie meer oplees of my spesialis bel dat hy vir jou kan verduidelik hoe dinge aanmekaar steek.

johanf ·

Piet, jy is in beheer wat jy wil doen, ons elk is, maar ek kan noem dat ń GP my knie gered het, sonder om eers ń kameratjie in te druk, terwyl die Ortopeed (spesialis) my knie wou vervang, en die GP het nie net Panados voorgeskryf nie….

Rentia ·

Het ek gesê RNA “verander” DNA? Lees mooi stadig..
Pragtig, jou spesialis is dan beter as enige mens, enige mediese praktisyn. Terloops, ek werk al 28 jaar in die veld, om uiters gevaarlike en hoogs aansteeklike siektes te behandel, pasiënte te probeer red. Ek het met Ebola, Kongo koors onder andere meer as 100 keer gewerl. Tog nie iets om oor aandag te soek nie. Ek hoop tog jou huisdokter lees wat jy van dink van hulle kennis. Het jy dalk medies geswot dat jy soveel beter kennis het?
Maak soos jy lus is. Niemand keer jou nie, niemand het ook gesê jy mag dit nie vat nie. Jou keuse jou lewe. Neuk dit op, red dit, dit gaan GEEN verskil aan my maak nie. Ek gaan regtig nie oor jou wakker lê nie, maak nes jy goeddink.

Piet ·

Sjoe, maar die doktertjie is op haar agterpootjies. Ek hoop nie jy gaan so tekere met jou pasiente ook nie. Jy’t gese RNA is die boustene van DNA en jy moet nie daarmee karring nie, Die Covid entstof karring nie daarmee nie…,”Vaccinologist Associate Professor Helen Petousis-Harris, from the University of Auckland… a way had been found to package RNA inside nanospheres made of fat that protected the RNA…” Van die wereld se top kundiges het aan hierdie entstowwe gewerk, kans is feitlik nul dat iets sal verkeerd gaan so ek vat my shot. My vorige huisdokter was maar ‘n paw-paw, ek is nou by ‘n BAIE beter een, dankie.

Dirk Mostert ·

Byna 50,000 dokters (VSA en Europa) het al ‘n verklaring onderteken waarin onder andere gewaarsku word teen die covid-entstowwe. Hulle beweer ook dat die toets coronaviruses optel, nie spesifiek Covid-19 nie. (Worlddoctorsalliance.com)

Piet ·

Nuwe tegnologie word gebruik. Baie veiliger as die ou metodes. Sommer bolla praatjies, die nuwe entstowwe is “state of the art”

Die Wolf ·

95% versus geen oorlewing nie. Ten minste is daar iets. Hopelik na 5 jaar lewe jy nog.

Rentia ·

Tensy God anders besluit, is ek seker ek sal oorleef baie dankie! 95% + is vir my heeltemal genoeg van ‘n oorlewingskans. Groete

katerinadiekat ·

Geen oorlewing nie?? Good grief, Covid is a flu, not Rabies.

Dirk Mostert ·

Identiese simptome, versprei op dieselfde manier en die virus lyk ook dieselfde (Dr. Jan van Elfen se huisdokter-boek).

Baardman ·

John Steenhuisen het mos geweet daars ‘n sperdatum, maar hy verkies om NA die tyd klippe te gooi. Waarom het hy nie VOOR die sperdatum alle moontlike platforms in die media gebruik om druk op die regering te sit om die geld te betaal nie. Swak leierskap volgens my. Wens ons opposisiepartye wil wegbeweeg van die taktiek om te wag tot daar fout gaan, en dan wil geraas maak.

Piet ·

Die regering het begroot om dit te betaal (dit was bekend gemaak) maar toe versuim om tydig te betaal. Dankie tog iemand maak darem geraas en aanvaar nie net dat dinge aangaan nie soos die ander partye nie.

Jaco ·

Almal is moeg van corona en moeg van inperking, maar nou dat ‘n entstof binnekort beskikbaar is, is daar weer besware daarteen? Iets maak nie sin nie.

Androclus ·

Jaco dis net soos ek dit ook sien,hulle maak nou net my kop warm.

Salome ·

As daar n entstof is kan hulle mos niemand manipuleer nie……

Suzette ·

Om betalings te mis deur regerende party is niks nuut nie…. dis algemene praktyk.

Linda ·

Net nog n geleentheid vir regering om noodtoestand te bly verleng.

Casper ·

Ek sien op die foto dra agbare Steenhuisen en kie nie maskers nie.Is hulle vrygestel van maskers dra in die openbaar of tussen ander mense.

Dirk Mostert ·

Dis goeie nuus dat Suid-Afrika nie voor in die tou is vir die oorhaastige entstof nie. Hoe langer wagtyd hoe beter. Dan sien ons dalk betyds as daar ongewenste bygevolge na inentings ontstaan . By ons behoort politici eerste op die lys te wees en daarna streng volgens rasse-voorkeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.