DA boer agteruit in tussenverkiesings

(Foto: Demokratiese Alliansie/da.org.za)

Die DA het twee oorwegend bruin wyke in die Kaapse metropool behou en een in Vredendal verloor in vandeesweek se munisipale tussenverkiesings.

In al drie tussenverkiesings het die DA stewig agteruit geboer. Die ANC kon nie munt slaan uit die DA se probleme in die metropool nie, maar het wel in die wyk in Vredendal uitgeblink.

Die DA het ʼn nederlaag ervaar in Matzikama wyk 4, ʼn oorwegend bruin buurt in Vredendal-Noord, wat lank ʼn ANC-vesting was, maar in 2016 deur die DA gewen is.

Vandeesweek het Cecil le Fleur die wyk vir die ANC teruggewen met 1 145 stemme teen die DA se 842, Good was derde met 110 stemme, die Khoisan Heavenly Party het 60 stemme gekry, die ACDP 28 stemme en die EFF was laaste met 27 stemme.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van 9 persentasiepunte teen die DA sedert 2016.

Die DA het wel Kaapstad se wyk 19 gewen. Dít is ʼn deel van Kuilsrivier wat oorwegend bruin is, maar sowat 17% van die kiesers is swart Xhosasprekendes.

Ebrahim Sawant (DA) het 2 062 stemme gekry teenoor 862 vir Good. Die ANC het 676 stemme gekry, gevolg deur die ACDP met 353. Die EFF het 164 stemme gekry (hul beste vertoning van die dag), die Organic Humanity Movement 45 en die Democratic Independent Party 22 stemme.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van 17 persentasiepunte teen die DA vergeleke met 2016.

Die DA het ook weer Kaapstad wyk 82, die woonbuurt Tafelsig in die DA-hartland van Mitchells Plain, verower. Dié wyk het ʼn geskiedenis dat kiesers ondersteunend is aan die Good-leier, Patricia de Lille, wie se vorige party, die Onafhanklike Demokrate, die wyk in 2006 gewen het voordat die DA hulle ontsetel het.

Vandeesweek is Washiela Harris (DA) tot die nuwe stadsraadslid verkies met 2 422 stemme, gevolg deur Good met 492 stemme, die ACDP met 441 stemme, ʼn onafhanklike met 179 stemme, die ANC met 144, nog ʼn onafhanklike met 61 stemme, die Kaapse Party met 18 stemme, die Democratic Independent Party met 12 stemme, ʼn derde onafhanklike met 11 en die EFF laaste met 3 stemme.

Dit verteenwoordig ʼn swaai van 19 persentasiepunte teen die DA, wat waarskynlik wys hoe seer die behandeling van De Lille die DA by die stembus maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerrit ·

Mens moet dwaas wees om DA te stem, maar hoe dwaas moet ‘n ANC-stem wees?!

Gert van Wierdapark ·

Die DA boer dalk agteruit, maar die a en see se enigste boerdery aktiwiteit, is beloftes aan hul stemvee, terwyl die kripvreters die bakke leeg plunder!!!

Maljan ·

Eff beloftes wat die anc bietjie vir bietjie laat waar word. Gaan kyk maar na jou munisipale rekening. In n jaar se tyd feitlik verdubbel om die eff se belofte dat wit vir swart sal betaal waar te neem. Rdp en HOP-huis bewoners, gaan gratis deur die munisipaliteit. Ons betaal mos vir hulle.

SêMaarNet ·

Die DA is die nuwe ANC – ongelooflik dwaas oor hulle “standing” in die samelewing. Zille en Steenhuizen nie goed vir die party nie.

PJC ·

Ek dink die Ebeb Etzebeth sage het ook ń invloed gehad op die bruin stemme in die omgewing. Die spul belhamels wat hierby betrokke was het ń ongelooflike bohaai in die omgewing gemaak. Die betrokkenes is spul opperste radikale en het geen steen onaangeroerd gelaat om witmense in ń slegte lig te stel nie.

Cherokee ·

PJC, maar daar het geen wit politieke partye deelgeneem nie. So waarom sou dit die stemme beïnvloed het. Die DA is ‘n swart party soos al die ander partye.

Feite ·

Die ANC/eff geplaasde lede in die DA het gedoen wat van hulle verwag was om die DA in n sosiaal demokrate rigting te druk en wanorde te veroorsaak. Die DA sal steun verloor, dit is n gegewe, maar sodra die skoonmaak proses suksesvol afgehandel is, dan behoort die DA weer stoom op te tel, maar dit is glad nie gewaarborg nie. Dit gaan wel pynlik stadig gebeur, want dit is vinnig om af te breek, maar dit vat gewoonlik jare vir n party om vertroue te herstel. Of die DA herstel of nie, dit gaan nie meer enige noemenswaardige bydrae kan lewer as teenvoeter vir die ANC/eff nie, omrede n hele paar doemprofete voorspellings reeds bewaarheid geword het. Die ANC/eff beskik reeds oor n twee derde meerderheid in die parlement en daardie meerderheid gaan nog verder groei met die volgende verkiesing ten koste van die DA. Daarmee saam is SA se hoop op herstel nie meer so rooskleurig nie en gaan partye soos die VF drasties hulle strategiee moet begin aanpas vir n heel moontlike “worst case scenario”!

Cherokee ·

Ek stem saam met wat jy sê Feite, maar tot watter strategie verandering kan die VF hul wend?

Vra Maarnet ·

Die EFF kry 90% van die lugtyd op TV, maar slegs 3% by die stembus! Soek joernaliste sensasie met hul rasbesmette uitlatings?

John ·

… en die VF Plus wat so omgee vir die minderhede en hul liewe Peter, hoeveel stemme het hulle gekry?

Cherokee ·

Die tevredenheid en selfrespek wat die VF-kiesers het in self, het niks te doen met die hoeveelheid stemme wat gewin is nie. Ek het as voorbeeld na die referendum van 17 Maart 1992 aan ‘n joernalis, wat gevra het hoe ek oor die uitslag voel, gesê dat ek môreoggend in die spieël kyk en vir myself glimlag en sê dat ek nie bygedra het tot die politieke chaos waarin Suid Afrika (sal) verval nie. Netso is ons nou ook trots op onsself en probeer nie noodwendig deel wees van die massa, ongeag die massa se rigting.

Karolis ·

Pleks die da MM gelees het om te sien dat ons waarskuwings nie op dowe ore moes val nie. Totsiens da.

Leon ·

Die ANC is slim. Die ANC het die voordeel dat feitlik almal in die Oo-Kaap stem vir die ANC. So, as die ANC ‘n wyk wil vat of wil terugvat, dan ry hy net busvragte mense van die Oos-Kaap af in om so ‘n rukkie voor die tyd te kom plak. As hulle lank genoeg ge-plak het, dan is hulle inwoners en kan hulle in die wyk stem. Maklik, so kry ons wyke. Hopelik gaan hulle eendag so baie uit die Oo-Kaap verwyder dat die ander patye die oos-Kaap kan vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.