DA boos oor ANC sy leuse ‘steel’

Die DA-leier, Mmusi Maimane, voor ’n banier met die leuse wat die party beweer die ANC by hulle gesteel het. Foto: DA via Facebook

Die ANC het Donderdag ontken hy het die DA se verkiesingsleuse, “Een Suid-Afrika vir almal”, vir verjaardagvieringe gesteel.

“Pleks daarvan het die party ʼn belaglike verduideliking aangebied dat dit nie moontlik is om die DA se verkiesingsleuse te stel nie,” sê Solly Malatsi, DA-woordvoerder, “omdat ons nog nie ons verkiesingsveldtog bekendgestel het nie.”

Hy sê die DA wil die ANC graag nog verleentheid spaar en die regerende party daaraan herinner dat die amptelike opposisie sy veldtog met die oog op die kiesstryd in Mei vanjaar in werklikheid reeds op 22 September verlede jaar bekendgestel het.

“Ons het die leuse ‘Een Suid-Afrika vir almal’ gekies,” sê Malatsi, “omdat ons die enigste party is wat nog verbind is tot [oudpres.] Nelson Mandela se ideale van ʼn nierassige en inklusiewe Suid-Afrika.”

Hy meen die ANC en sy beleidsrigting is presies die teenoorgestelde van dié leuse. “Dis jammer dat die regerende party so laag sal daal om ʼn ander party se leuse blatant te steel.”

Volgens Malatsi strek die toewyding daaraan om Suid-Afrika op te bou veel verder as die diefstal van ʼn verkiesingsleuse. “Dit verg opregte toewyding tot doeltreffende regstelling [van die kwaad van die verlede], ʼn groeiende ekonomie wat werk skep, die daarstel van veilige gemeenskappe en werklike eiendomsreg vir alle Suid-Afrikaners.”

Net ʼn DA-regering het die vermoë om een Suid-Afrika vir almal te bou, sê dié party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lourens ·

Hulle is eintlik maar dieselfde party, weinige verskille in hulle beleid.

Jaco ·

Ek twyfel sterk of hulle beleid dieselfde is, ek woon in Bloem waar die ANC regeer en lyk die stad soos n Afrika nes, ek het weer onlangs Kaapstad besoek waar die DA regeer en amper vergeet ek is in Afrika. Tot n buitelandse egpaartjie vanaf California met wie ek gesels het, het gewonder hoekom die Weskaap so eerste werelds is en die res van Suid Afrika so vervalle…hulle het amper gedog dis twee verskillende lande…ek sal wat wil gee om veel eerder te woon waar die DA regeer as die ANC.

Gert ·

Eintlik het die verskil tussen Kaapstad en die res reeds bestaan toe die DA oorgevat het by die ANC. Dit het eintlik te doen met bevolkingsamestelling, meer as wie van DA of ANC regeer. Kyk maar na PTA en JHB, niks het sigbaar verander toe DA daar oorgevat het nie.

Sieg ·

Ek glo nie enige party in SA kan een Suid Afrika vir almal bou nie.

Hennie ·

Net die VF+ kan hierdie land red. Die DA dwaal erg as hulle dink hulle kan met hul libtart beleid iets sinvol tot stand bring.

Oog ·

Dankie tog die pateetgeid van die d a kom elke dag net meer en meer na vore.

haha ·

lourens is korrek. Anc skep werk met BEE wat n paspoort tot korrupsie is

JJ ·

SA kort een of twee WARE en OPREGTE leiers. Ek sien NIE een ware politieke leier wat polities-professioneel is nie. Nie een nie.

Adam ·

JJ en Sieg se argumente is in die kol. Ons het ‘n gebrek aan leiers regoor die politieke spektrum en daar is geen kans op die bou van ‘n verenigde SA nie; ten minste nie vir die volgende 50 jaar nie.

marco polo ·

Ek stel nie belang in een SA vir almal nie. Ek wil my eie land he vir my eie mense.

corne ·

Ag asb tod DA word groot maar dit seker ter verwating die skole het mos die 3de geopen so die kleintjies moet gaan klikbek speel dit hoe dit vir my lyk.Word groot DA en kry n biedjie meer rigting en konsentreer oo die goed wat saakmaak dalk sal julle dan stemme weef as die alewige gekla en moun en stories aandra strooi.Hulle hoefeel streke gewen en wat berbeter amper niks julle nes die ANC so deel n lese

Heksie ·

Ag asseblief, bou ‘n brug, die da is nie juis beter as die anc nie, hulle kan netsowel saamsmelt.

Johnnie ·

Die DA is deesdae net n under cover ANC want hulle is dieselfde net bek en verder sorg hulle net vir hulle self en vir niemand anders nie.

DA BO ·

Nee die DA en die ANC is glad nie dieselfde nie. Mmusi is n Christen en is teen grond uitdeel, en aanbid nie voorvadergeeste en lieg om elke draai nie. VF is net vir blankes, en hulle stroom weekliks uit die land uit, so hoe op dees aarde gaan die paar blankes iets vermag teen miljoene ander. Ek is bekommerd oor die breinkrag van die blankes. Rassisme is baie groot en lewendig onder hulle, en dan weet hulle dit nie eers nie.

Elred Ferreira ·

DABO…..dis interesant dat jy sè MUSI is n christen.Jy het vergeet om te noem sy party steun aborsie op aanvraag vir kinders vanaf 12 jaar oud.Ek hoor graag jou antwoord.

Gert ·

Mmusi is ‘n Christen en leier van ‘n nie-christelike party. VF+ is klein maar christelik. DA is in elk geval ook klein. Rassisme is ‘n kwessie van definisie. Vir my is regstellende aksie en BEE rassisme en DA ondersteun dit.

HARTSEER ·

Ek wil nie die bubbel bars nie maar die VF+ gaan nie als regkry en oornag SA in ‘n sonskyn paradys verander nie. Die DA het ook begin waar die VF+ is en moes stadig maar seker sy beleid/handeling verander soos die tyd aanstap. Ek stem saam Jaco ek bly eerder in n gebied waar die DA inbeheer is as die ANC of EFF. Maar dit is goed vir enige land om meer as 1 moontlike oppisie party te hê.

Andre ·

Nou wat gaan Mmusi doen? Niks soos gewoonlik, hy is so swak.

Elred Ferreira ·

Die DA is deesdae die ANC in blou hemde….so ek verstaan werklik nie die bohaai nie!

Sebastiaan ·

In elk geval ‘n verbeeldinglose en sinnelose leuse, soos “one size fits all”. SA is die mees diverse land op aarde, en almal besweer altyd die “almal saam” gevoel wat nie bestaan nie. Sê eerder iets soos: “Groot genoeg dat almal sy stukkie koek/sy plekkie in die son kan hê.”

Lola ·

Ek dink nie dit is reg dat net een party hierdie land moet regeer nie. Ek dink nie dis reg dat net een party ‘n stad moet regeer nie. Ek glo aan koalisie waar saam gewerk kan word. Is dit Helen wat gese het “absolute power corrupts ubsolutely”? En dit is ‘n 100% reg, in hierdie land is daar vir baie baie jare nie ‘n sterk leier wat reg kan regeer nie, in geen party nie. Ek wonder elke dag, in politikuste van alle party net daar vir die lekker vet tweede inkomste wat hulle almal verdien?

M du Toit ·

Christen wees mark jou nie n leier met n gewete nie. Daar is nie mense met inbors wat kaans sien om die wa deur die drif te trek nie. Haal geloof uit politiek, die twee het niks met mekaar te doen nie. Wysheid, integriteit, selfrespek en n gewete is wat n leier nodig nodig het. Daar bestaan nie sulke leiers in die wergeld nie. Dit gaan net oor self verryking en die eie EGO. Die wereld staan op sy kop.

Engela ·

Die DA moet dit nou net omdraai en sê: Almal vir een Suid-Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.