DA-borde lê werkloosheid voor Zuma se deur

Foto: Twitter, DA Gauteng

Foto: Twitter, DA Gauteng

Meer as 1,8 miljoen Suid-Afrikaners is werkloos sedert Jacob Zuma president geword het, volgens die DA se twee reklameborde wat Donderdag in die Johannesburgse middestad onthul is.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het in sy toespraak gesê die twee advertensieborde moet Suid-Afrikaners daaraan herinner die regering dra net hul eie belange op die hart. “774 mense verloor daagliks hul werk onder die huidige regering,” het Maimane gesê.

Die een advertensiebord wys ʼn glimlaggende pres. Zuma, terwyl die ander bord sê “die DA is die verandering wat werk kan skep”.

“Nou, meer as ooit, moet werkskepping die prioriteit in die land wees. Daar is net een party wat dit kan prioritiseer en dit is die DA,” het Maimane gesê.

Volgens Maimane sal die DA die verandering wat hy wil hê, laat begin in die munisipaliteite wat hy in hierdie jaar se plaaslike verkiesings gaan verower. “Ons sal veg tot in die parlement, omdat ons in ekonomiese gelykheid en die potensiaal van alle Suid-Afrikaners glo,” het hy gesê.

Maimane het gesê duisende Suid-Afrikaners met goeie kwalifikasies kan nie werk kry nie, omdat hulle nie kontakte in die regerende party het nie. “Die president bevoordeel net homself en sy eie kaders,” het Maimane gesê.

Volgens Maimane behels die DA se planne vir suksesvolle regering onder meer om ʼn gunstige klimaat vir buitelandse beleggers te skep, beter toegang tot tersiêre onderwys te bewerkstellig en die instelling van arbeidswetgewing wat nie werkskepping kniehalter nie. “As beleggers vertroue in die land het, sal hulle belê, wat weer tot verhoogte werkskepping sal lei,” het Maimane gesê.

Maimane het gesê verandering is binne die bereik van Suid-Afrikaners by die stembus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

NEL ·

Ons hoef nie ver te gaan soek wie regeer die Weskaap nie’ Kyk sommer net wie het die beste matriek slaagsyfer gehad vir 2015 . Maimane hou aan met die goeie werk en maak seker die DA kry .n voet in die deur van al die munisipaliteit sodat Zuma en sy gabbas op hulle neuse getik kan word.

Maddox ·

Sal nooit gebeur nie, jy sal van nou af sien hoe vuil speel die ANC politiek. Hulle sal nooit mag oorgee aan enige iemand anders nie. Dis die Afrika manier. Aan die anderkant weet ek ook nie of die DA so goed sal wees nie, hulle is baie teen blankes en haat Afrikaanse mense met ‘n passie (DKB se uitspraak van , I would rather speak Spanish than that language).. Hulle is pro AA en BEE, en glo my die ANC maak die wette maar is baie laks om dit ten volle toe te pas, die DA sal hulle tot op die letter toepas. so nog swaarder tye vir die blankes as hulle aan bewind kom.

Nic Grobler ·

Die DAoet lig loop! Die plakate se presies wat Hart van Standard bank gese het en wat nou as die opperste voorbeeld van rassisme voorgehou word. Netnou word hulle deur die regering “gedissiplineer”!

Henri ·

Moet saamstem dat die DA presies daartoe in staat is om dit te doen. Ek het dit ondervind op vakansie in die Wes Kaap. Ons is per Mobiele woonwa op die N2 (vanaf KZN) Skaars deur die tolhek duskant Plett, was die paaie ‘n plesier, geen slaggate nie, die wit en geel padstrepe duidelik sigbaar sowel as duidelike pad-tekens en aanwysings. Het omtrent nie die GPS nodig gehad nie. Oral langs die paaie is onderhouds mense gesien wat besig was om te werk!!
In Kaapstad self het ons heeldag en oral besige werksmense gesien. Party het vanaf 6 uur soggens strande, sy-paadjies en strate begin skoonmaak, Rommelverwydering begin ook vroeg. Waar (wynig) verkeersligte buite werking was, is herstel-spanne en verkeerspolisie ook gesien. Daar is twee soorte busdienste, Kleiner tipe (skat so 35 passasiers) op goed gemerkte roetes met padkaarte en roete-kleure by elke halte, asook volledige tyd inligting. oor die algemeen omtrent 10 minute wagtyd vir die volgende een. Die diens, kan jou by enige bestemming rondom Kaapstad kry. As ek dit geweet het, sou ek nie my bakkie al die pad agter die woonwa aangesleep het van die huis af nie. Ons was buite-seisoen daar, met al die buitelandse toeriste daar het dit omtrent soos binne-seisoen gevoel.
Daar is oop-top dubbeldekker busse op toeriste-roetes oral heen, V&A Waterfront. Tafelberg, Kasteel, Wynlande…..te veel om op te noem. Die busdienste werk en daar is myns insiens baie beter beplanning gedoen as aan die van Johannesburg (Ons tuiste)
Die Middestad en geboue is in baie goeie toestand en word nog steeds gebruik soos 20 jaar terug. Van die ouer geboue is wel oor tyd gesloop maar nuwes is (en word nog) gebou. daar is omtrent geen teken van vervalling sigbaar nie.
By ons besoek aan die Kasteel kon ons net die helfte besoek daar hulle besig was met herstelwerk. Almal werksaam daar het vreeslik apologie aangeteken en in verkillende tale verduidelik wat daar aangaan. Ek het met van die werkers aan die gebou werk begin gesels, (ekself was ‘n ambagsman (Afgetree) en hulle het my vertel dat hulle in spanne werk en as hulle die werk uitgedeel per week voltooi, hulle meer verdien as spanne wat dit nie bereik nie. (Maak finansieel sin. dink ek, en moedig produktiwiteit aan, plus die bonus dat spanne self die luies uitskuif en die “Baas” die moeite spaar) Die vakmanskap wat ek gesien het is baie goed, daar word genoeg tyd gegun daarvoor en veroorsaak geensins spoeg-en- plak werk nie. Ek kon agterkom dat die werkers ‘n trotse klomp is, op hule arbeid en hulleself,
ook dat my belangstelling in hulle iets beteken het. Ek hou daarvan om op die grond, tussen die gewone mense vakansie te hou, het nie vat aan 5-ster lewe nie. (Weet jy nog wat hippy beteken?)
Het nou die laaste 2 uur plus (tik met twee vingers) spandeer in ‘n poging om diegene wat dink aan volkstaat of anc-Lite of ander idees wat probeer om 10L water in ‘n 2L emmer te kry, te vertel (dink dis ook in lyn met die matriek-uitslae) dat die eerste en tweede plek tel die meeste op die telbord, Ondersteun die DA, dan kom die ander span dalk tweede na die stemming, nie te lank van nou nie.
N.S. Wie is die derde span nou weer, ek het al vergeet. (seker maar die ouderdom)

Drogba Zadenko ·

Wat het met Zimbabwe se oposisieleier Morgan swangiray geword……verniel en getronk…..ten koste van Mugabe se smagte om bo te bly….voorland van enige oposisie.

Dokter B ·

Henri, die paaie in die Vrystaat was uitstekend toe ek nou daar vakansie gaan hou het. Maddox, ek het dit self beleef hoe DA raadslede openlik sê hulle wil van die wittes ontslae raak. Die DA val die regering aan, maar hulle weier om korrupsie onder hul eie raadslede hok te slaan. Kiesers trek ‘n kruisie agter die DA as protesstem. As hulle aan bewind kom, gaan dieselfde kiesers ‘n protesstem TEEN hulle trek vir enige ander party. Die DA is nie die oplossing nie. Hulle het nie ‘n beleid (wat kan werk) nie. Manteldraaiers. En bes moontlik gevaarliker as wat kiesers besef. Nel, die Wes-Kaap het groot aantal mense wat Afrikaans en Engels as huistaal het. In die res van die provinsies het meeste leerders nie die voorreg om in hul moedertale matriek te skryf nie.

Chris W ·

Moet met jou saamstem Dokter B!Die DA mislei duisende Blanke Afrikaners met slim praatjies tot mens hulle Handfes onder oe kry dan sit jy regop!Hulle is VIR regstellende aksie ,VIR die afskaffing van Afrikaans en VIR grondverdelinf en VIR naamsveranderinge .Hul werkskepping sal dus net gaan vir anders kleurigers en NIKS vir die blankes beteken nie.Hulle is eintlik maar net die anc se kleinboetie!

frans ·

Hoekom staan die wittes nie saam en bring die land tot stilstand nie ons kan en maak ons stem tel

Rynhardt ·

DA skep werksgeleenthede? Ek sien talle DA bewonderaars val vir die propaganda klaar! Message for DA leader:Mmusi Maimane does it include work for whites?Excuse me, the DA supports affirmative action against whites.Mmusi let me remind you of your speech ti the media on 11May2015:”We the DA use the Freedom Charter as basis for our party”. Mmusi that makes your DA a second Anc! DA moet my asseblief nie vervolg oor hierdie stelling van waarheid nie! Moet my ook nie beboet vir die waarheid nie.As n super Afrikaner, tree ek op binne die riglyne van vryheid van spraak.DA, onthou, ek het regte!!!

arie plaasboer ·

As ek die kommentare hierbo lees is ek geneig om my insig te wil verander.

Ek het op `n stadium gese dat daar vir die DA gestem moet word aangesien hulle op die oomblik die beste daaraan toe is om die ANC uit die kussings te lig. Nadat dit gebeur het kan ons vir die party van ons keuse stem.

As kort termyn oplossing wil ek egter nog steeds aanbeveel dat vir die DA gestem moet word. Dan is ons van die ANC en sy kaders onslae. Daarna kan ons soortgelyk met die DA doen.

Frans ·

Daar is ongeveer 31.4 miljoen stem geregtigde kiesers is Suid Afrika waarvan +- 25.3 miljoen +-80.5 % geregistreedrde kiesers is, volgens statistiek op die web.

in Algemene verkiesing is ‘stempersentasie van 73 % hoog soos die jongste verkiesing bewys het. 18.6 mijoen mense waarvan 1.3 % hul stemme gaan bederf neem dus deel.
Hiervan is 18.4 miljoen geldige stemme.

Van hierdie 18.4 miljoen kon die DA slegs 4 miljoen verower.Die ANC 11.4 en die Economic Freedom figters 1.1 miljoen. Geen ander party kon eers 500 000 kiesers trek nie en is die
Inkhata Freedom party met 441000 die naaste daaraan.

Wat sê die koue statistieke vir ‘n mens .Die DA is net so sterk soos die NP was met die 1994 verkiesing toe die Party 3,98 miljoen stemme op dit vereenig het met die Inkhata Freedom Party net oor die 2 miljoen.

Die Freedom Front het 448 000 en die Democratic Party 338 000 stemme in die verkiesing getrek. Die DA se groei was dus nie tot nadeel van die ANC nie maar wel tot nadeel van ander opposisie partye.

Wat opposisie politiek aanbetref is daar dus oor die afgelope 21 jaar geen vordering gemaak nie.Die opposisie is min of meer dieselfde maar nou net in ‘n ander vorm.

Verkiesing gaan altyd oor getalle en omdat die meerderheid kiesers ,kiesers van kleur is
wat dan voorheen benadeel was , moet enige opposisieparty wat die regerende party wil word ten minste 50%+ van die kiesers op dit vereenig om enigsins gedagte van ‘n regerende meerderheidsparty te vorm.

Neem ‘n mens in ag dat die ongeveer 1.8 miljoen blanke kiesers oor ‘n aantal partye versprei is, is dit duidelik dat die blanke stem nie deurslaggewend in die verband gaan wees nie.

Dit bewys maar weereens dat die onderhandelaars vir die nuwe Suid Afrika die blanke kiesers gereduseer het tot ‘n onbelangrike minderheid gemeet aan die geheel.

Is daar ‘n opposisie party op die horison wat die ANC uit kussings gaan lig nie in my leeftyd en waarskynlik ook nie joune nie. 350 jaar van gewaande verdrukking word nie uitgewis oor ‘n paar dekades nie.

Ahooy ·

Snaaks, ek stel glad nie meer belang in enige iets wat Maimane te sê het nie.

Fanie ·

Soos dit vir my klink, help dit nie eers om te stem nie. Stem mens DA draai hulle teen jou, Stem jy vir ‘n kleiner party, dan kom hulle nie eers in nie. So ons bly maar gefnuik.

sarie van heerden ·

Kom nou, Fanie, daar is darem ook ander kleiner partye wat maar te dankbaar sal wees vir ‘n stemmetjie of twee. En wie weet, dalk is ons stemme nie te versmaai nie.

andre de kegel ·

ek was op vakansie in augustus in suid Afrika vir 3weke ,ons was 8dae in kaapstad daar ware die strate inde more al baie mooi gekuist en die strande daar ware mense ook die strande skoon aan maak ,dan he ons PRETORIA besoek en ons moe seg so een vuil stad ek ik nog nooit nie gesien nie ,die vuil lag langs die strate daar waar nie mense aan kuis nie ,so ons hoop da er verandering in kom ,wy als europeaan es ons da nie gewoon nie dat het vuil op die strate blyf lig ,als diepolies da sien da ons vuil op dir straat werp kry ons een boete van so 50euro in rand es da so ongeveer 800rand

Leon ·

Hoe kan ons vir die DA stem. Hulle wat mense wat die ANC kritiseer rassiste noem, en rassistiese aan markings uit hul eie geledere by die polisie aanmeld maar nie rassistiese haatspraak en aanhitsing tot geweld veroordeel nie nie en nog minder dit by die polisie aanmeld nie. Daar is nie ‘n manier wat dinge anders onder hulle sal wees as die ANC nie hulle wil ons net gebruik vir ons stemme en dan hulle rug op ons draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.