DA bring hulde aan ontslape mediaman

Wyle Moses Moyo het gesorg dat mense wie se verhale andersins vergete sou raak, vertel word. Foto: Verskaf

Die DA sê die joernalis en eienaar van die Inner-City Gazette, Moses Moyo, het mense se verhale vertel wat dikwels vergeet is – en hy het dit met nederigheid en passie gedoen.

Moyo is Donderdagaand tuis in Johannesburg oorlede ná ʼn kort siekte.

John Moodey, DA-woordvoerder, sê Moyo het ʼn passie daarvoor gehad om oor laekostebehuising vir inwoners van die Goudstad, middestadbewoners en gekaapte geboue en hul lewensomstandighede te skryf.

Die mediabedryf is armer sonder dié toegewyde mediapersoonlikheid, meen Moodey.

“Ons betuig graag ons innige meegevoel aan sy naasbestaandes, die mediasektor en diegene wat saam met hom by Inner-City Gazette gewerk het,” het Moodey gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.