DA-burgemeester bedank

Lynn Pannall

Lynn Pannall

Die burgemeester van Mogale City, wes van Johannesburg, het met onmiddellike inwerkingtreding bedank.

John Moodey, die DA se leier in Gauteng, het in ʼn verklaring Lynn Pannall se bedanking bevestig. Pannall het weens swak gesondheid met onmiddellike inwerkingtreding bedank.

“Pannall het ná die munisipale verkiesing in Augustus die leisels oorgeneem. Sy het dit met entoesiasme en toewyding gedoen. Swak gesondheid het haar egter gedwing om af te skaal.”

Pannall is tot eerste burger verkies danksy ʼn gekombineerde stem van die DA, EFF, VF Plus en die IVP. Mogale City was een van die munisipaliteite waar geen party ʼn meerderheid behaal het nie.

Moodey het gesê die DA sal die speaker in die wetgewer versoek om ’n dringende sitting te reël sodat ’n nuwe burgemeester verkies kan word en om te verseker dat Pannall en haar span se goeie werk sonder vertraging voortgesit kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MM ·

Ek kan nie verstaan dat hulle sulke stok ou mense in sulke poste aanstel nie.
Ek is in die motorhandel in sales en die dae wat jy kon gewerk het tot in jou 80’s is verby. Die dag as jy 65 word is jy weg hulle bied jou nie eers meer ‘n kontrak aan nie. Ander firmas is dit 60 en in die staatsdiens, hoekom word hulle dan aangestel op kontrak basis?? Ek dink dis niks meer as regverdig nie. Gee die jonger geslag ‘n kans.

Sarel Strydom ·

MM Ek verpes dit as Seniors nie met respek behandel word nie. ” Stok Ou Mense” Indien jy gelukkig en geseend is mag jy dalk ” stok oud” word.

KK ·

Ek stem saam met jou KK…Sarel, hoe kan ons jonger geslag julle stok ou mense inelkgeval met so veel respek ag nadat julle so graag ons land weg gestem het? Gee die jonger geslag ook ‘n kans om in sulke areas te floreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.