DA-burgemeester met knopkierie aangeval

Burgemeester Ewald Looch nadat hy met 'n knopkierie geslaan is. Foto: Verskaf

Burgemeester Ewald Looch nadat hy met ‘n knopkierie geslaan is. Foto: Verskaf

Ewald Loock, burgemeester van die Baviaans-munisipaliteit in die Cacadu-distrik in die Oos-Kaap, is Vrydag glo deur stakende munisipale werkers met ʼn knopkierie in Willowmore aangeval.

Dié munisipaliteit is onder beheer van die Demokratiese Alliansie (DA). Die DA het die “venynige en aaklige aanranding” ten sterkste veroordeel en gesê die geweld moet stopgesit word.

Sommige werkers van die munisipaliteit staak al die afgelope week en het Vrydagoggend in Loock se kantoor ingestorm en hom begin slaan.

“Ten spyte van ʼn hofbevel teen die stakende werkers kon die plaaslike polisie in Willowmore nie daarin slaag om te verhoed dat die stakers munisipale eiendom beskadig en nie-stakende werkers aanrand nie,” het dr. Malcolm Figg, DA-LP, gesê.

Figg het gesê die werkers staak oor salarisgelykheidgeskille nadat die Rietbron-omgewing ook onder die beheer van die Baviaans-munisipaliteit geplaas is. “Hierdie is nie ʼn kwessie wat die Baviaans-munisipaliteit alleen kan oplos nie. Dit kan slegs opgelos word in samewerking met die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit (SBDM) en die departement van samewerkende regering. Die SBDM sit net met hul arms gevou en ignoreer sy rol.”

Hy het gesê die DA doen ʼn beroep op die SBDM om sy grondwetlike rol te vervul sodat wet en orde herstel kan word.

Die DA het ook ʼn dringende beroep op die provinsiale polisie gedoen om openbare orde-polisie na die gebied te ontplooi.

Maj. Ernest Sigobe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê openbare orde-polisie van Port Elizabeth is op die toneel en hoewel die staking voortgaan, is die situasie tans onder beheer.

Die polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Andre ·

En wié het verlede jaar die dreigemente geuiter dat sy party Suid Afrika in 2016 onregeerbaar gaan maak……? Dalk moet dáár gekyk word vir opsweping en aanhitsing. Dis duidelik dat aanvalle teen’n spesifieke teikengroep verskerp. Dit kán en mág nie so aangaan nie!! Daar word verwag dat ons onsself nie eens mag verdedig nie sonder om dit in ‘n rassekwessie te laat ontaard en totale anargie te laat losbars nie.

Bokram ·

Ai ai die polisie is tog so pateties,hul sal eerder staan en toekyk

Sê maar net ·

Bokram, na Marikana, waar die polisie volgens my reg opgetree het, is die manne en vroue in blou nie baie opgewonde om teen oproermakers op te tree nie. Die polisie is tussen die duiwel en die diep blou see, doen hulle iets is dit verkeerd, doen hulle niks is dit ook verkeerd. Die stakers gaan elke keer geweldadig raak, want hulle weet ook dat die polisie nie baie geneë is om op te tree teen geweldenaars nie. Geen polisieman wil van moord aangekla word as hy sy werk doen nie. Dus, verwag geweld, selfs moord of poging tot moord soos hierbo by elke oproer en opstootjie.

Dit gaan oor sogenaamde menseregte. Die kriminele het al die regte, en die slagoffers niks. Eenvoudig gestel!

Manie ·

As jy aangeval word en jou lewe word daadwerklik bedreig is dit jou goeie reg om jouself te verdedig.
sorg egter dat jy paraat is vir sulke gebeurr. Mens gaan nie met’n knopkierie na ‘n “Gunfight” toe nie.

Tiger ·

Ongeag wat by Marikana gebeur het is dit die polisie se plig om wet en orde te handhaaf.Dit is waarvoor belasting betalers belasting betaal.Maar wat maak hulle?Staan met gevoude arms en bekyk die betogers asof hulle na ‘n fliek kyk.Ek dink daar moet wetlik teen die polisie opgetree word in die verband.Mens moet net videos maak van hulle wan optrede en met dit hof toe gaan.Die tipe nonsens kan nie so voort duur nie.Een water kanon en goed geplaasde rubber koeels kan die betogers uitmekaar laat spat.En as ‘n petrol bom gegooi word moet die gooier met skerp punt ammunusie beantwoord word want hy wil moord pleeg.

SAPS ondersteuner ·

Duidelik is jy nie in die polisie nie. Jy het nie n idee onder watter omstandigehede hulle werk nie. Mense besef nie hoe afgekap hulle hande is nie. Maar dis makliker im te oordeel

Pieter.v ·

Ek glo die mense oordeel nie sonder rede ,maar die polisie moet weet wanneer daar onwettig op getree word, en dan optree soos in die geval word daar ondersoek ingestel soos altyd en dan kom daar niks van nie of een of twee word in hegtenis geneem terwyl al die betogers onwettig gestaak het wat alreeds n rede vir in hegtenisname is,en dan weet ons almal wie agter die stakens sit.

Anoniem ·

Weet jul ek werk saam mense wat n salaris kry van R 4 000.00 en minder en sien jy hul staak..nee…..hul is maar te dankbaar nes ek om n stukkie brood op die tafel te he…………Dan wonder mens of die groot base nie skaam kry as hul na hul mense kyk en sien hul kry swaar nie…maar diep in my hart glo ek nie hul doen nie…dis te lekker om huis toe te gaan en jy het n behoorlike bord kos op die tafel..Hul probeer nie eers iets doen as die mense op n streep bedank en hul die rede gee van salaris van net eenvoudig te min is. Hoe verwag mense dat hul personeel wat vir hul werk soms van voor ure to laat na na ure vir hul gesinne moet sorg. Base word wakker…ons gewone werker sorg vir jou…begin sorg vir ons!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lee-anne ·

ek moet salarisse betaal, ek sukkel ook, ek kan nie noodwendig meer as R225 per dag betaal nie. As ek meer moet betaal, sal ek liewer nie werkers in diens neem nie. Kies: iets of niks. Tweedens, vir ‘n enkellopende persoon is dit meer as genoeg. Indien jy ‘n gesin het om voor te sorg, …jammer ek kan nie daarvoor verantwoordlik gehou word nie.

avrils ·

Lee-anne, dit is werkgewers soos jy, met so ‘n arrogante opmerking wat veroorsaak dat mense swaarkry. Julle gaan mos op die standpunt uit ” vat die R250.00 ” of soek vir jou ander werk, daars mos baie ander blankes wat werk soek. Plaas daarvan dat julle wat besighede het saamstaan en blankes help .

Jef ·

Weereens n geval van geweld en totaal sinloos, mens kan nie eers jou werk normaal uitvoer nie dan word jy al belaag, dis die realiteit van hoe dit in SA werk, al wat ons kan doen is toekyk en ons mond hou.
Beterskap aan burgermeester Looch.

Trolle ·

Anoniem jy is reg daar maar wat nou aangaan in die land is geweld dit gaan nie oor kos op die tafel sit nie dit gaan om oor om kos weg te vat.

KarooKlong ·

Hierdie is ‘n politieke skuif want die anc weet hulle gaan sukkel met die volgende verkiesing. Daarom ook al die ander klein plekkies nou bymekaar gooi om sara baartman te heet. Dit is ‘n aangehitste voorval. Mnr Looch jy moet genoeg eise instel, teen die anc/sapd asook die munisipaliteit.

Vixie ·

Net gewone aanranding? Ek sou se ten minste aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is nie met kaalvuiste bygekom nie, maar met ‘n wapen. Dit is nou die DA se eie man hierdie en hulle gaan nog steeds nie tekere soos die “stomme” motorfietsryer wat kamma kastig deur ‘n rassis “omgery” was nie

Vixie ·

Jammer, vingerfout … “… hulle gaan nog steeds nie tekere soos wat hulle tekere gegaan het oor die …”

wynand ·

Die gespuis sal met rede en sonder rede blankes aanval.Hulle doen dit al jare.

Patriot ·

Hoop die spul liberaliste begin nou besef met wat hul tedoen het

Ek ·

Het julle werklik gedink enige iemand DA of diecSAP gaan ‘n blanke in nood help? Nooit ooit hulle word betaal om die lewe vir die blankes ondraaglik te maak. Hulle het nou al van begin van jaar verskeie kere gesê maak dood alle blankes.

vernon ·

Word ek weer uitgesny. Maak die waarheid seer? Vra maar net.

vernon ·

“Se maar net” en Manie, praat van Marikana. As Pijega aainies gehad het, het sy fotos van die polisiemanne wat 2 dae voor die Marikana voorval deur die gemors vermoor en opgekap was, vergroot en opgeblaas en sonder om ‘n woord te se voor die kommisie gele en gese “i rest my case”

Michael ·

Burgemeester ek hoop jy bewapen jouself in so ‘n geval was jou lewe in gevaar en kon jy jou aanvaller dood geskiet het dit is wat die wet sê net jammer jy het ‘n gelisensieerde vuurwapen by jou gehad nie .Ek hoop jy gaan nou meer paraat wees jy bly in Suid-Afrika

matie willemse ·

Nou wat nou? DA is in bewind daar, dieselfde as enige ander munisipaliteit in SA, dit moet met die korrupte distriksmunisipaliteit kosollideer agv wanbestuuring, nee wat??? kry maar vir julle.

pieter ·

poliesie sal kyk want dit is n swartman wat n witman bykom.

Hendrik ·

Die SAPD speel met vuur. As hulle nie die wet toepas nie gaan mense reg in eie hande begin neem. Daar is nie ‘n groot vonk nodig om die vuur aan te steek nie. Ek weet hulle kry opdrag van bo, maar dit verander niks. Wag tot die eerste plaas besetting. Snaaks dat daar nog nie een was nie? Wonder hoekom nie?

Aitsa ·

Mense word nie betaal vir hul kundigheid nie
Wetgewing word nie aangepas by omstandighede nie
Werkloosheid agv “produsering”, in die goeie sin, word negatief bevorder. Wat anders kan ons doen of positief verwerk
Werk kan nie geskep word wanneer die gesindheid van topstruktuur dit nie ondersteun nie
Baie baie kompleks en die wil op velerly terreine nie daar nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.