DA-burgemeester ‘onverwags’ verkies

Die DA se Tania Campbell is as die burgemeester van Ekurhuleni verkies. (Foto: Facebook / Tania Campbell)

Die DA sê hy is verheug oor die “onverwagse” verkiesing van Tania Campbell as burgemeester van Ekurhuleni en Raymond Dhlamini as speaker van die raad.

Campbell het die ANC se Mzwandile Masina Maandag tydens ʼn raadsvergadering met 11 stemme (116 teen 105) geklop.

Die ANC het tydens die plaaslikeregeringsverkiesing 38,19% van stemme in Ekurhuleni verwerf, gevolg deur die DA (28,72%) en die EFF (13,57%).

Die DA beskryf Campbell se oorwinning as ʼn “spontane bewys van  opposisiepartye se vertroue in die DA se vermoë om te regeer” asook kiesers se wil om mag uit die ANC se hande te neem.

“Die DA se provinsiale leierskap het die Ekurhuleni-koukus se keuses vir speaker en burgemeester gesteun en die kandidate is dus genomineer en het albei die onderskeie posisies gewen.

“Ons is uiters trots op ons span in Ekurhuleni en ons het volle vertroue in hul vermoë om die metro in ʼn wêreldklas-stad te omskep wat dienste aan alle inwoners lewer.”

Action SA het intussen in ʼn verklaring gesê dat dié party maar “skoorvoetend” vir die DA se burgemeesterskandidate in Ekurhuleni, Johannesburg, Tshwane en eThekwini gestem het.

“Gevolglik sal DA-burgemeesters waarskynlik in Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane verkies word. “Ons het dit teësinnig gedoen weens die arrogansie waarmee die DA die wense van alle koalisievennote geïgnoreer het en opgetree het soos ’n party wat nie wou hê dat koalisies moet werk nie. “Die gevolg van die DA se optrede was rade wat vandag en môre [Maandag en Dinsdag] sal vergader sonder koördinering van hoe potensiële koalisievennote sou stem en sonder koalisie-ooreenkomste gereed om die belange van die inwoners van hierdie munisipaliteite te beskerm,” het die party Maandag in ’n verklaring gesê.

Die party meen dit het bloot die waarskynlikheid vergroot dat rade weer in die hande van die ANC kan terugval.

“ActionSA het ’n onderneming aan alle Suid-Afrikaners gegee dat, waar ons meeding, ons die ANC in hierdie verkiesings sal ontsetel.

“Ons neem hierdie belofte nie ligtelik op nie. Ons kan nie hierdie onderneming aan Suid-Afrikaners verbreek weens die kleinlike partypolitieke persoonlikheidskwessies wat die afgelope 72 uur afgespeel het nie.” Die party sê dit moet duidelik gemaak word dat Action SA nie in koalisie met die DA is nie, en dat die DA se optrede verhoed het dat enige koalisie-ooreenkomste bereik is. “Daar kan nie op ons toekomstige ondersteuning gereken word in die afwesigheid van ’n formele koalisie nie. Ons optrede gaan uitsluitlik daaroor om hierdie munisipaliteite uit ANC-hande te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hardekwas ·

“Spontane bewys van opposisiepartye se vertroue in die DA se vermoë om te regeer”, aldus die da. Julle arrogansie ken geen perke nie. Al hoekom juĺle kandidate verkies was is agv die haat van ander opposisiepartye jeens die anc.

Frik ·

In Sasolburg is daar n EFF burgemeester en ANC speaker verkies.
ANC en EFF werk dus saam in Metsimaholo ( Sasolburg )

minniemuis ·

Die DA het modder gegooi en baie mense af gesit met die arrogansie van party DA leiers in Sasol

groenboer ·

Ek voel jammer vir die inwoners van Sasolburg, maar dit is op die langer duur dalk goed dat die EFF se vermoë om te regeer ‘n slag getoets word.

Samuel ·

Koelkop bly, me Campbell. Net nie arrogant raak soos jou baas nie. Mense soek dienslewering en nie bekpraatjies nie.

melaney ·

Die DA is besig om homself in die voet te skiet. Maar soos die spreekwoord sê, “spyt kom te laat”

melaney ·

Dit lyk of DA nooit sal leer nie. Mens sou dink dat na die Schweizer Reneke petalje, sou die DA anders te werk gegaan het. Hulle het immers onlangs minder stemme gekry wat ‘n ‘rooi lig’ vir hulle behoort te wees. Hulle arrogansie gaan hulle skip laat sink.

Althes ·

Baie geluk DA! Ek hoop nie jul vervreem goeie koalisiepartye nie – ek hoop jul speel nie die politieke game met risikos nie

SlinkseKoljander ·

Dit is goed dat die DA wen, maar hulle gaan nou blameer word omdat hulle nie alles wat die ANC verwoes het, onmiddelik reg maak nie. Kyk maar na wat gaan aan by Eskom, en die ANC gaan hierdie uit byt tot lengte van dae om weer stemme terug te kry.

Ons mense se geheue is moes maar baie kort

Delia ·

SA Action….julle wys my julle stel publieke belange bo politieke agendas.
Baie dankie.

Francios ·

Dit is ‘n fout om te dink die DA regeer nou daar. Hulle besit steeds net 28% van die stem. Enige verslag wat gaan die voor die raad soos die begroting moet steeds aan die verwagtinge doen van meer as 70 van die DA se opposisie.
Dit gaan glad nie maklik wees nie en daai tannie van die DA lyk so bietjie lig. Ek sien maar baie swarigheid daar

Belinda ·

Baie geluk dame met die aanwysing. Kom ons bid dat julle as DA lede by jul beloftes hou. Sterkte, want dis n groot taak…

gpsa ·

Geluk DA. Bou so voort.
Mense wat so afgaan oor die DA moet maar ANC/EFF gaan stem, sal dalk beter daar inpas, hulle is darem gladnie arrogant nie.

pompies ·

Jy is reg maar om jou reg te help, dit is maklik om te se gaan stem anc of eff, as dit nie vir die Action SA was nie, sou die DA nie wees waar hulle nou is nie.

Hettie ·

Kan almal nou net die mense wat gekies is ondersteun dat hierdie land ten minste op seker plekke verbeter! Hierdie moddergooiery en slegse is net weet ‘n bewys dat die “saamstaan van ons nasie” nie bestaan nie. Ons almal kla oor waar ons land nou is , maar as iets goeds gebeur soek ons rede om dit uitmekaar te trek !!
Regtig ons kan nie almal saamtem nie maar bly dan liewer stil as jy nie verbetering wil sien nie!!

Aai ·

Die EFF is slim hulle stem vir die DA om die ANC te verswak dat hulle na EFF oorloop.

Boksombende ·

Baie geluk. Ek hou nie daarvan om negatief te wees nie, maar ek wonder hoeveel sy gedoen gaan kry as gevolg van die feit dat sy daar is omdat ander partye, en nie normale kiesers, haar daar gesit het nie?

Blikkies ·

Ek bly in die Oos Rand en hoop sy doen daadwerklik iets aan my huisie se skielike hoë Munisipale waarde wat ek nou voor moet opdok!! Ek kon niks regkry met die vorige spul nie.

groenboer ·

In SA gaan ons maar moet gewoond raak aan koalisiepolitiek. Vanweë ons diversiteit gaan daar geen ander manier wees om enige vorm van regering te hê nie. Die ANC se lang oorheersing was ietwat van ‘n anomalie, en is nou besig om ten einde te kom. In die plek daarvan gaan ons een koalisieregering na die ander hê. Ek voorsien nie dat enige enkele party weer die hele speelveld gaan oorheers nie.

Ons hoef maar elders in die wêreld te kyk om te sien hoe onbeholpe en korrup sulke regerings dikwels is. Daaraan moet ons ook maar gewoond raak.

M.a.w., ter wille van jou eie sielsrus en in eie belang, hou op eindeloos kla oor die regering (dit gaan net mooi niks help nie), en raak betrokke by jou eie gemeenskap. Laat ons Solidariteit se leuse “Ons sal self” ons eie maak. Daar is geen ander manier nie.

Aan die positiewe kant: ‘n onbeholpe regering kan niks vir jou doen nie – maar hy kan ook nie eintlik, Mugabe-styl, enigiets TEEN jou doen nie…

Genis ·

Wat die partye nie vestaan nie, is die feit dat meeste mense soek eerlikke dienslewering… so maklik soos dit….

Delia ·

Ons sien Dat die politieke speelveld verander. Ons as Afrikaans sprekende Afrikaners, myself ingesluit, Kan maklik kla en kritiseer en Sondae in die kerk sit. Ek dink dit raak ernstig tyd Dat ons, ek ingesluit, vir ons regerings op munisipale en nasionale vlak begin bid. As ons eerlik is met onsself, hoeveel van ons doen dit. Kom ons verenig in gebed en nie in klipgooiery.

Owlie ·

Dis tyd dat alle politieke party en mense hul arrogansie laat vaar en soos groot mense saam werk As julle enigsens ons mooi Suid Afrika wil red en weer opbou staan saam, kompenseer met reëlz en bedluute mienie oorneem nie Bewys wat julle sê sal gedoen word en n volgende verkiesing sal sonder probleme verloop

Reynier ·

Tania, die mense van Ekurhuleni verwag resultate, onthou dat jy ‘n “public servant” is en nie ‘n leier nie. Dus jou werk uitgeknip, DA in my opinie is ook ‘n euwel maar dit is die kleiner euwel.

fransdutoit3 ·

Ek dink in die komende jaar gaan daar meer mosies van wantroue in die metros gesien word as die afgelope 5jr tesame..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.