DA-burgemeester rand glo vrou aan

Charles Standers. Foto: www.george.org.za

Charles Standers. Foto: www.george.org.za

Charles Standers, die burgemeester van George, het 24 uur om redes te verskaf waarom hy nie uit die DA geskors moet word nie nadat sy vrou ʼn aanrandingsklag teen hom aanhangig gemaak het.

Volgens mediaberigte het Standers se vrou ʼn aanklag van huishoudelike geweld by die Conville-polisiestasie teen hom aanhangig gemaak nadat die egpaar na bewering oor motorsleutels rusie gemaak het.

Jaco Londt, die DA se kiesafdelingshoof in die Suid-Kaap, het aan Maroela Media gesê Standers moet Donderdag deur die loop van die dag sy redes verskaf waarom hy nie voorlopig uit die party geskors moet word nie, hangende ʼn dissiplinêre verhoor.

“Standers is ook geregtig om vir tussen 24 en 48 uur uitstel te vra om sy reaksie in te dien. Sodra sy reaksie ontvang is, sal die DA se federale bestuur dit deurgaan voordat die party verder kommentaar sal lewer op die volgende stappe,” het hy gesê.

Intussen het Yonela Diko, provinsiale woordvoerder van die ANC, gesê die party eis dat Standers onmiddellik uit sy pos verwyder word ná die “brutale aanranding van sy vrou”.

“Geen man het die reg om sy hand om watter rede ook al teen ʼn vrou te lig nie,” het Diko gesê. “Geen beskaafde organisasie sal enigsins geweld teen vroue duld nie. Dit is elkeen se plig om ʼn kultuur te handhaaf waarin geweld geensins geduld en vroue en kinders glad nie aan intimidasie en vrees onderwerp word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anel ·

Nou wat is die verskil tussen ‘n DA lid wat sy vrou aanrand en ‘n ANC lid wat ‘n vrou seksueel aanrand? Die DAlid is onmiddelik skuldig en moet geskors word maar die ANC lid is onskuldig! Dubbele standaarde? Wonder maar net

Jaco ·

Was die rusie oor motorsleutels van die lekker luukse duur motor wat een van die lekker byvoordele van die burgermeesterspos is???

Stemja ·

Hoop maar vrou besef dat inkopies ook ingeperk sal moet word, as man sy werk verloor!

Jakoba ·

Regtig? Dit is al waaraan jy kan dink? So sy moet maar aanvaar om aangerand te word terwille van inkopies. “Your logic ceases to amaze me”

chrisp ·

Dit blyk dat die ANC en DA nie net beleide deel nie maar ook optredes.

Theresa ·

Mev Diko van ANC nou vreeslik oor aanranding en geweld teenoor vrouens en kinders!! Maar plaasmoorde kan nie eers verwoord word oor hoe vreeslik dit is nie. EN as die burgemeester afgedank word, moet DA sommer self weer iemand anders aanstel. ANC hoef nie lippe af te lek nie. Verseker hoort ‘n mens wat ander aanrand nie met so ‘n amp toevertrou te word nie. Hou hande tuis. Klap, slaan, skop, moor, enige iets in daardie lyn is sommer heeltemal taboe. Behalwe as jy ‘n reputasie van ‘n lieplapper wil hê.

humor ·

Kyk mooi na die waardigheid van die hooggeplaasde op die foto en dink maar jou eie gedagtes.

GES ·

‘n Saak het eintlik drie kante. My kant, jou kant en die waarheid.

Andre ·

Theresa jy het dit so raak gevat. En so spring die ANC ook op die “bandwagon” met ‘n stukkie kommentaar in ‘n provinsie wat nie onder hulle beheer is nie. Siestog, asof hulle ampslede engeljies is.

Marcelle ·

nou lag ek lekker vir die ANC! ANC is jou woord jou eer???? hoeveel keer is Zuma nie al aangekla nie. Kan hulle hom ook asb verwyder.!

alida ·

Dit is maar een DA lid wat oortree. Hoeveel ANC lede is nie al geskors en oppad tronk toe vir stelery nie.

christine ·

Ai nee die is privaat wat het dit nou met die man se werk te doen. Ek keer nie goed wat hy doen nie maar dis huishoulike probleme. Niks te doen wat die man aanvang nie. Wat die vrou aanbetref eks jammer maar as julle skei moet nie onderhoud eis as jou man nie werk nie.

Liewe heksie ·

Wonder hoeveel die anc die vrou betaal Geld in n euwel hoor Daai was alweer net n gedagte

Oom Boer ·

Ai tog Diko, waarom is die ANC so onpartydig ? Jul doen dan die teenoorgestelde in dieselfde omstandighedes dan word jul amsdraers met volle salaris op verlof geplaas soms vir lang tydperke en dan keer die individu terug in ‘n beter en verhoogde pos. Die DA lid het dalk oortree in sy eie huislike omstandighede en soos tereg genoem ‘n saak het twee kante: Joune en myne en in die middel is die waarheid. Al wat nodig is om vir gesins berading te gaan en die nodige kommunikasie en oplossings middele te vind om ‘n huwelik staande te hou met ‘n gelukkige en ondersteunende gesins verband. “Elke huis het maar sy kruis” Voorspoed en sterkte aan die Standers gesin en hoop jul kan tot ‘n positiewe vergelyk kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.