DA-burgemeester vir Jhb

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

DA-lede het Maandagaand gedans en gesing toe die party se burgemeesterskandiaat, Herman Mashaba, tydens die eerste sitting van die Johannesburgse stadsraad tot burgemeester verkies is.

Mashaba se verkiesing is voorafgegaan deur ʼn tragiese voorval toe een van die ANC-raadslede tydens die sitting dood is. Die raadslid het glo sleg gevoel en gesukkel om asem te haal toe sy skielik inmekaargesak het. Paramedici is ontbied om haar te behandel, maar ongeveer 15 minute later het een van die ANC-lede aangekondig dat sy gesterf het. Sy is later op sosiale media as Nonhlanhla Mthembu geïdentifiseer.

Die onderskeie partye is geraadpleeg en daar is uiteindelik ingestem om voort te gaan met verkiesing van die nuwe hoofsweep en burgemeester. Die twee stemprosesse is egter gelyktydig afgehandel om die ANC-raadslede in ag te neem ná die skielike dood van een van hul kollegas.

Kevin Wax van die DA en Solomon Mogase is benoem as hoofsweep. Mashaba en Parks Tau, die voormalige burgemeester en lid van die ANC, is as burgemeester benoem. Mashaba is tot die nuwe burgemeester van Johannesburgse-metro verkies met 144 stemme teenoor 125 stemme vir Tau. Wax is met 146 stemme tot die nuwe hoofsweep verkies, teenoor 123 stemme vir Mogase.

Die DA se Vasco da Gama is vroeër die dag as die nuwe speaker verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Wern ·

Alhoewel ek nie vir die DA stem of gaan stem nie wens ek hulle ook geluk. Eugene, sê ook geluk aan die VF Plus wat julle ondersteun het, ten spyte van doodsdreigement.

Believe ·

Ek stem eerder vir een persoon wat ‘n verskil maak as 10 000 wat niks maak nie…Believe maar in jou eie kruisie. En sê dankie vir my kruisie wat bereid is om koalisie met jou te vorm!! Sonder my een speler het jy nie ‘n span nie. Die dissipels was 12 en Jesus 1 en hy het hul koppe gedraai. Romeine was baie Jesus een en tot sy dood het hy hulle koppe gedraai. Jy vergeet te goed die waarde van een. Ons het wêreldbeker in 1999 ook met een verloor…pasop Eugene!@ tel jou woordjies ou maat! En se dankie vir een

Lance ·

Die DA erf n geweldige groot gemors …begin dalk met strate vee ….veiligheid ook n GROOT kwessie

Klein toe nie so klein ·

Ja sê dankie vir die VF+ en die ander kleiner partye wat julle so deurgetrek het. Sien julle DA nou dat n stem aan n klein party nie n gemorste stem is nie maar n baie waardevolle stem! Volpunte vir klein partye!

rudi ·

Jip. DA het ver tweede gekom maar regeer nou danksy die kleiner partye. Maar mense sal nog steeds nie verstaan

Johannes ·

Hoor Hoor — VF+ se leuse SAAM IS ONS STERKER baie waar.

Jan Jooste ·

Baie geluk aan die koalisievennote. Een van die koalisievoorwaardes behoort te wees dat die DA onderneem om nooit weer die twak kwyt te raak dat ‘n stem vir ‘n kleiner party dan nou ‘n vermorste stem sou wees nie. Dit is bedrog.

Kaufman ·

Dis waar. Die DA moet nie waag om vir my weer n SMS te stuur of te bel en te vertel dat kleiner partye niks beteken nie.

Pendoring ·

@ Kaufman. Lig ons ondere ook asb. in. Wat gaan jy doen indien hulle wel weer waag om vir jou ‘n SMS te stuur of te bel? Ek volg die maklike roete en blok die nommers. Het jy iets meer in jou mou?

Kester ·

Pendoring, om nou weer sulke smsse wat klein partye diskrediteer sal swak etiek en rugsteek vertoon na a leading van die omvang van koalises in hierdie verkiesing, en die DA wil liewer nie in die volgende 2 jaar as rugstekers gesien word nie.

Kaufman ·

Ek gaan my hulp dan onttrek, en n hele paar van my vriende ook.

Koos Koek ·

Wel die VF PLUS het nie gemaak dat die DA wen nie, so julle kan nou maar van julle klein preekstoel afklim. Dit was die EFF wat die DA laat wen het. Geen ander van julle klein partye het iets beteken sonder die EFF nie. So kalmeer maar VF PLUS ondersteuners.

Kester ·

Ons praat van klein partye, let wel, klein partye, nie net die VF nie. Dit is wat die DA so afgee reek het tyd ens hulle veldtog. Dis nie n klein steekproef nie, dit is baie munisipaliteite, onder andere sleutelbelangrike munisipaliteite.

Sarie ·

Die VF+het die keuse gehad om saam met die ANC te groepeer ,maar hulle het nie. Buthulezi het eendag gesê ons bestaan uit minderheidskulture en daarom is dit nodig om almal se persepsies en waardes na die tafel te bring. Dis demokrasie op sy beste reg oor die wêreld en hoe minder ons die Amerikaanse model van ‘n twee party staat volg hoe beter. Dit verbeter ook ons kanse op wigte en teenwigte. Dit hou selfs die EFF met hul radikale gedagtes in toom.

Believe ·

Kleiner partye goeie ding … dit maak dat die party wat regeer op hulle hoede gehou word en sorg dat hulle nie afwyk van hulle korttermyn doelwitte nie … ons kan kerm en kla soos ons wil, maar Suid-Afrika se politieke sisteem is die beste in die wêreld … daarom sê ek dankie vir die grondwet … VF plus mag dalk ouderwets wees, maar dit is die party met baie goeie waardesisteem … ‘n waardesisteem wat ooreenstem met jou as ouer se sisteem. As ons bloot moet stem op grond van ‘n waardesisteem en die naam van partye word nie genoem nie sal die uitslag baie anders lyk. Die vraag wat ons moet vra is: “om watter rede stem jy vir ‘n party” Net omdat meerderheid daarvoor stem of omdat jy dink opposisie het kans. Of stem jy vir klein party omdat jy weet dat hulle waardesisteem jou geloof, kultuur en ook na ander omsien! Vryheidsfront het koalisie gevorm omdat hy ook saamstem beter land vir almal, maar behou nog steeds sy waardesisteem wat verskil van DA en ANC.

Eugene ·

“Believe” maar aan jou fantasie. VF+ is om met 1 speler as n span Sewes Rugby te speel. Jou kruisie is n “waste” en beteken niks nie.

Andrew ·

Die VF het gegroei, mense besef die DA word n swart party en gaan die Afrikaners almeer teenstaan. Lees byvoorbeeld wat max du Preez se nuutste artikel sê oor hoe die DA Afrikaners verder kan benadeel.

poot ·

@Believe.
Do you REALY believe what you are saying?
Die sms’e van die FV+ het gewaarsku teen die DA se koalisie met die EFF. En nou is hulle self daarin. Genade….kry jou feite reg. NOU eweskielik regverdig julle die FV+ se koalisie. Hoe sinies kan mens wees.

Joann ·

Baie geluk DA. Baie geluk Vasco De gama,hoop hy hou beter rigting as Vasco van ouds.

Theo ·

Baie geluk aan al die partye wat saamgewerk het, klein en groot. Kom ons gun vir almal n plekkie in die son. Nou moet daar uitgehaal en gewys word tot 2019. Wat my egter opgewonde maak is die moontlke tender korrupsie van die CNA wat nou aan die lig gaan kom. Kan dit wees dat SA dalk n ander president dan die van die CNA na 2019 gaan he?? O ja, en nou gaan die CNA begin vuil speel, sommer baie vuil.

Mart ·

Ja gee die almal n plek onder die son, insluitend die kleiner partye.

Francois le Cochon ·

EFF wat DA ondersteun ? Weereens ‘n bewys dat Politiek ‘n onverstaanbare en onvoorspelbare spel is!

jaco ·

Interessante regstelkende aksie v.d. DA: wit burgermeester in Nelson Mandelabaai, bruin speaker in Johannesburg en nou uiteindelijk ‘n swart burgermeester.

jaco ·

Die Raad het 270 lede en ‘n raadslid se basiese salaris is R450000 per jaar. Dis klaar amper 122 miljoen Rand. Voorsitters van komitees, die speaker en die burgermeester kry nog meer. Dan moet elkeen nog ‘n motor ook kry, wat sekerlik nie ‘n Hyundai i10 gaan wees nie, maar eerder ‘n groot luukse BMW of Mercedes. En dan is daar nog die onthaaltoelae ook. Uiteindelijk bly bitter min geld oor vir ordentlike dienslewering en verryk elke raadslid hom/haarself net. Parlementslede kry 1 miljoen Rand per jaar en nog veel beter voordele as munisipale raadalede. GEEN verkose politikus in SA behoort te kla oor Nkandla nie. Met al hulle reusagtige vergoedings nou hulle ALMAL mini-Nkandlas.

Keet ·

Dis die dat die uitgekooptes Zuma so beskerm. Ons die belastingbetalers of die wat dienste nodig het, wat die res van die land het, het wel baie om oor te kla.

Johanna Botha ·

Die DA is nie n swart wit geel pink bruin of pers party nie ….dis n party vir n Suidafrikaner wat wil saamwerk met almal en n verskil wil maak in ander se lewens … .kom net weg van ras kleur sex … ons is almal net mense met dieselfde behoeftes ….ras kleur sex alles dit verdeel terwyl menslikheid bou ….niemand is soos jy met jou agtergrond …so maak spasie in jou hart vir n ander mens …en as jy nie wil … dan trek asb na Orania somme more asb !

Sarie ·

Kultuur is anders as ras Waarom het bruin mense vir die VF+ gestem omdat hulle as minderheidsgroep ook op hulle regte staan en hulle ook deur die DA en ANC wat die broad church van multi-kulti aanhang geignoreer word. Met opmerkings deur die DA leier dat hy in winkels sien swart mense werk en wit mense koop het hy ook die raskaart gespeel. Dit sal maar têre vir die DA om die EFF in toom te hou .Dis wilde perde daardie.

Theo ·

@Johanna Botha. Pragtige pleidooi vir swart, wit, geel, pienk, bruin of pers wat jy in jou laaste sin opduiwel en jouself ontmasker. Ken jy die mense van Orania en\of Soweto, of reageer jy op hoorse of wat jy gelees het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.