DA-busse met klippe bestook

Die DA se konsert in Kliptown. Foto: @MaimaneAM/Twitter

Die DA se konsert in Kliptown. Foto: @MaimaneAM/Twitter

Drie busse wat DA-ondersteuners vervoer het, is Sondag in Alexandra en naby die ENB-stadion in Soweto met klippe bestook.

Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat in Gauteng, sê die polisie is besig om honderde DA-ondersteuners te ondervra na die voorval. Die busse het DA-ondersteuners na ʼn konsert by Walter Sisulu-plein in Kliptown vervoer.

Maimane beweer ANC-ondersteuners het die busse met klippe bestook. Die ANC hou vandag ʼn verkiesingsbyeenkoms by die ENB-stadion. Maimane sê een van die busse is so erg met klippe bestook dat dit nie meer bruikbaar is nie. Die bestuurder van een van die busse is beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, sê hul het berigte ontvang dat twee busse met klippe bestook is onderweg na Kliptown. Malila sê daar is nog nie ʼn saak aanhangig gemaak en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. Hy sê dit is nog nie duidelik wie die busse met klippe bestook het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

henry ·

Dis gee n mens n indikasie wat aangaan in vandag se politiek almal wil ongeskik wees en nie n diens lewer nie. Hoekom die busse onder klippe steek wat hul niks doen nie. Die party leiers wie se ondersteuners dit doen moet boet as n sokkerspan se ondersteuners dit doen word hul beboet laat die ongeskikte ANC ondersteuners se leiers boet dam hulle. Hoe regeer n mens met ongeskikte ondersteuners tipies as die kop so is, is die liggaam ook.

Demokraat ·

Hi Henry – jy stel dit nog sag – ek sou hier klipgooiers as blatante barbare beskuldig het. Maar dit is ongelukkig ‘n tipiese uitbeelding van die vlak van beskaafdheid wat ons in hierdie kontinent mee te kampe het – en word ‘n groot deel van hierdie barbaarse optrede deur die leiers aangeblaas.

Grassie ·

Ja, DA. Julle het wit kiesers afgestoot om die guns van swart kiesers te wen. Dit het toe nie gebeur nie. Kry vir julle.

Erich Goosen ·

Dit is so dat die Handves van Menseregte in ons Grondwet vryheid van spraak en beweging ‘waarborg’. Om egter met DA busse dieselfde dag as wat die ANC ‘n reusesaamtrek in die FNB stadion hou, daar naby te gaan rondry is mos moeilikheid soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.