Da Costa-kinders finaal gegroet: ‘Hierdie verlange is vir ewig’

Sibreena da Costa en haar verloofde, Johan Nel, by Jayden kort na sy dood. Foto: Facebook

Sibreena da Costa en haar verloofde, Johan Nel, by Jayden kort na sy dood. Foto: Facebook

Jayden en Katelint da Costa, die boetie en sussie van Ellisras wat oorlede is nadat hulle erge brandwonde opgedoen het toe hul ouerhuis deur vlamme verswelg is, sal Vrydag saam begrawe word.

Hul ma, Sibreena, het aan Maroela Media gesê sy gaan haar kinders begrawe en nie veras nie, omdat sy nie kans sien dat hulle “’n tweede keer brand nie”.

Jayden (1) is Sondag in die Muelmed-hospitaal in Pretoria oorlede nadat dokters hom breindood verklaar het. Katelint (8) is ongeveer twee weke vantevore in die Mankweng-hospitaal in Polokwane dood.

“Ek het Jayden vasgehou toe hy gesterf het. Hulle het nie die masjiene afgeskakel nie, hy het self gegaan,” het Sibreena gesê. “Daar is nie woorde om te beskryf [hoe ek voel] nie. Ek is leeg. Ek is stukkend. Dit is vir ewig – hierdie verlange is vir ewig.”

Jayden en Katelint da Costa voor die brand. Foto: Facebook

Jayden en Katelint da Costa. Foto: Facebook

Sy het gesê sy en haar verloofde, Johan Nel, sal Woensdag terugkeer na Ellisras waar familie tydelik na Sibreena se driejarige seuntjie, Douw, omsien. “Douw weet nog nie van Jayden nie. Ek het gevra dat niemand vir hom sê nie, want ek dink dit is iets wat hy by my moet hoor. Ek weet nie of hy sal verstaan nie, maar ek sal vir hom sê Jayden is na Katelint toe.”

Sy het gesê hoewel hulle sal terugkeer Ellisras toe, sal sy nooit weer terugkeer na die huis waar die brand gebeur het nie. “Ek kan nooit weer teruggaan na daardie plek toe nie, nooit weer nie. Daar is te veel hartseer daar.”

Volgens Sibreena sal sy vir Jayden onthou vir sy aansteeklike glimlag en sy liefde vir musiek. “As ek musiek aangesit het, het hy so regop gesit en dans. Hy was mal daaroor. Ek sal dit nooit vergeet nie.”

Katelint en Jayden sal Vrydag om 14:00 uit die PPK Lighuis-kerk in Onverwacht begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

chris ·

Al wat ons kan doen is om die ouers en boetie aan ons Here op te dra. Hy sal julle krag en genade gee. dit is sekerlik die seerste t seer wat ‘n ouer kan beleef. Hou vas aan God en die herinneringe wat julle van julle 2 liefling kinders gehad het. Die seer sal nooit weggaan nie. Baie sterkte.

Hein ·

Daar is niks wat enige iemand kan sê wat jul pyn sal verlig of die gat in jul lewens sal opvul nie. Vertrou maar net op ons Vader vir vertroosting.

neelsie ·

“Here , omvou die gesin met U liefde. Dis net U genade wat ons staande hou”

pop ·

Die hemel weet hoe jammer ek jou kry Sibreena. My hart huil vir jou. Maar jy sal aangaan want jy het n seuntjie wat jou nodig het.

Bianca ·

Daar is nog n seuntjie wat nie by die brand betrokke was nie

margaret ·

Daar is nie woorde nie, net trane. Baie baie sterkte. Mag Liewe Jesus se liefde en genade julle dra. Sjoe….dis so hartseer

Desire ·

My hart gaan uit na die mense toe! Mag ons HERE julle toevou in sy liefde en mag hy julle dra in die tyd van seer! Baie sterkte vir julle!

faith ·

jy is reg die verlange word nooit beter party dae erger as ander. sterkte v julle

Erika ·

Mag onse Vader julle styf vashou in die moeilike tyd. Dit is vreeslik wat met jou gebeur het en ek weet hoe voel jou moederhart. Ek het self 1 aan die dood afgestaan. Al raad wat ek het is kry hulp om te leer om aan te gaan met jou lewe deur die hartseer en verlange vir klein Douw se onthalwe. En ek bid dat onse hemelse Vader julle sal vertroos en styf vashou. Die land huil saam met julle. Baie sterkte vir vrydag. xx

Hettie ·

Baie sterkte! Verstaan hoe hulle voel om kinders te verloor! My keel knop heel tyd hoe ek ook hartseer is!

Rikku ·

Sibreena, die hele Suid Afrika rou saam met julle.
Mag ons se Hemelse Vader julle vertroos en altyd by julle wees.

anneske ·

Ag hemel siestog ! Baie sterkte aan die familie , hulle is nou op n beter plek in Liewe Jesus se arms

Gerhard ·

Sterkte Sibreena veral vir jou, jou seuntjie & jou Pa! Ek sal vir julle bid, ons weet die seer sal nooit weg gaan nie maar met Liewe Jesus se hulp sal hy dit draagliker maak met Tyd & jy moet nou aangaan & sterk wees want daar is nog ‘n seuntjie wat sy Mamma ook bitter, bitter nodig het! Met liefde Gerhard, Talitha, Li-Mei & Gerhardo

MARTHIE ·

SO BAIE STERKTE VIR JULLE SIBREENA MAG JY ALTYD TROOS VIND IN ONSE VADER. JULLE IS IN MY GEBEDE. MARTHIE

Eliza-beth ·

Ek weet ook hoe dit is om ‘n kind te verloor en ja, die verlange word nooit minder, en hoewel die pyn bly word dit sagter – neem baie lank maar tog. Ek bid julle ook net sterkte en aanvaarding toe, wees goed vir mekaar en onthou jul ander kindjie het jul baie nodig en verstaan nie al die pyn en hartseer, so ter wille van hom – wees sterk, al klink dit onoorkomelik. Ek weet verseker derduisende mense in SA gaan jul in hul gebede opdra, mag dit ‘n mate van troos vir jul wees dat ons aan julle dink.

Z bc ·

Dit maak mens net weer bewus van hoe kosbaar jou geliefdes in jou lewe is en ook net meer dankbaar vir elke dag wat jy nog kan opstaan en hulle omhels, bel, soen en drukkie gee…….sterkte vir julle en julle geliefdes. Die lewe is kort, moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie.

Van ·

so bitter jammer vir jou en jou kindertjies Sibreena. Daar is geen woorde vir vertroosting nie. Mag God met jou wees en jou hierdeur dra.

MAGDA ·

My diepste innige simpatie aan julle almal. ‘n Mens sal nooit daaroor kom nie. Tyd sal genees. Wees sterk. Glo in DIE HERE HY SAL JULLE LEI DEUR DIE DIEPSTE VAN ALLE DAE!!

Sandra ·

My innigste simpatie aan jou Sibreena en familie!!! Mag ons Hemelse Vader jou styf vashou in hierdie vreeslike hartseertyd en mag Hy jou die Genade en Krag gee om aan te gaan en sterk te wees vir Douw, want hy gaan jou so nodig hê. Kan my nie indink hoe hartseer dit moet wees om 2 kinders gelyk te verloor nie. Net God kan jou dra deur als.

Kop krap ·

Ek wil net weet hoekom Maroela Media so privaat foto van die gesin post as die berig se foto??? Het julle nie respek of gevoel vir ander mense se seer en privaat oomblik nie? Die ma sit absoluut stukkend met haar oorlede seuntjie in haar arms. Ag nee man.
My innige simpatie aan die familie in die moeilike tyd.

Jenny ·

Sibreena, woorde vir troos is daar nie, ek huil saam met jou. My hart is stukkend vir jou, onthou een ding: ons verstaan dalk nie nou hoekom Jesus hulle geneem het nie maar later sal Hy jou wys. Ons kon dit ook nie verstaan toe ons kleinkind weggeneem is nie, maar vandag verstaan ons. Hou aan Hom vas, gee jou lewe vir Hom om saam met hulle te kan wees in die Ewige lewe wat Hy ons belowe het.

HENNA ·

Baie tragies en sterkte aan die familie

“KOP KRAP” waar wil jy hiervan lees en sien in die Huisgenoot ??

Zee Grobbelaar ·

Dierbare Sibreena in hierdie paar weke het ons lief geword vir jou gesin saam gebid en saam gehuil. Jou seer sal ons nie kan ligter maak nie maar weet dat ons steeds bly bid vir julle! Baie liefde Zee van Peuters tot Kleuters xxx

Charmaine E Botes ·

Om ‘n. Kind so jonk en self ouer te verloor, is baie baie hartroerend. Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Alle krag van bo is wat jou hartseer sal stilmaak. Bid vir julle, God seen! AMEN

a ·

Ons woorde is leeg en al wat ons vir julle as gesin kan bied is net ons gebede. Koester hulle in jou gedagtes moeder want hulle was pragtig en hulle was joune. Sterkte vir julle almal wat geraak word.

Ankia ·

Mag God onse Vader julle om vou in Sy liefde en mag Hy vrede in julle harte plaas, wat alle verstand tebowe gaan . Ons bid vir julle, onthou asseblief om julle oe op Jesus te hou want net Hy kan julle die tipe rus gee wat julle siele na smag. xxx

gert ·

Dit is so hartseer – tragies ,, ek kan net se , kyk op en weet dat Jesus julle nie sal vergeet. sterkte aan hierdie mamma

Corne Cloete ·

Hi julle, laat so gebeurtenis nou ‘n groot volwasse man se hart in stukke breek, weet net dat julle eendag weer saam in die Hemel se goue strate sal jubel en juig met Jesus wat sal skaterlag van julle geluk, julle gaan mekaar weer eendag sien en dan is Jesus daar en net die goeie sal dan gebeur, ons weet nie waarom sulke dinge gebeur nie, maar klou aan Jesus vas vir julle berusting in hierdie moeilike tyd, baie sterkte vir julle almal, Corne, Suryn en Wian.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.