DA daag kragtariewe, beurtkrag in die hof

(Foto: Rodger Bosch/AFP)

Die Demokratiese Alliansie se hoogs invloedryke saak teen vanjaar se “buitensporige” 30%-verhoging in kragtariewe deur Nersa sal Maandag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.

“Die DA wil hierdie onbekostigbare en aanstootlike nasionale verhoging laat hersien, omdat mense reg oor Suid-Afrika nie meer die prysverhogings kan bekostig wat die ANC-regering deurgaans op hulle afdwing nie,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Die DA-saak sal ook poog om die ANC-geskepte kragkrisis en beurtkrag ongrondwetlik te verklaar.

Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, sal ʼn afvaardiging van die DA se nasionale en Gautengse leierskap by die hof lei. Dié afvaardiging sluit in DA- federale voorsitter Ivan Meyer, Wes-Kaapse premier Alan Winde en Gautengse DA-leier Solly Msimanga in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amelia ·

ministers betaal nie vir hul krag nie dis hoekom daar geen bekommernisse is oor publiek nie

CHRISTINE ·

Daar is genoeg krag vir almal – hierdie anc beurtkrag is blatante onbevoegdheid en terrorisme.

ronel ·

Dalk raak dit tyd dat dienslewering van krag, water, riool, vullis verwydering gefaktureer word volgens die dienste wat wel gelewer word, as ons 30% meer moet betaal maar elke keer wat ons diens nie gelewer word nie kan aftrek gaan ons beslis op die einde minder betaal elke maand.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.