DA: ‘Departement ontneem leerders van reg op basiese onderwys’

Argieffoto

Die DA in Gauteng eis dat die provinsie se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, alternatiewe, tydelike klaskamers by die Carleton Jones High School in Carletonville beskikbaar stel.

“Ek gaan aan Lesufi skryf en vra dat sy departement dit as ʼn saak van dringendheid doen,” het Khume Ramulifho van die DA Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Ramulifho sê die Gautengse onderwysdepartement is deeglik bewus van die groot uitdagings by die skool weens die tekort aan klaskamers, “maar niks word gedoen om doeltreffende onderrig te verseker nie”.

“Die skool het in 2008 onder ʼn aardskudding deurgeloop en die gebou het gekraak. Op 5 April vanjaar het onderwysers en leerders vreemde bewegings in die klaskamers gevoel,” het Ramulifho gesê.

“Die departement is hieroor ingelig en die Wes-Randse plaaslike distriksmunisipaliteit het ingenieurs gestuur om die integriteit van die klaskamers te assesseer. Hulle het bevind dis ʼn onveilige omgewing vir onderrig.”

Die DA sê die skool het ʼn tekort aan 30 klaskamers.

“Die skool het besluit om graad 8 en graad 9-leerders in een klas te kombineer, terwyl graad 10 en 11-leerders ook in een klas saamgevoeg is,” het Ramulifho gesê.

“Vir dié twee oorbevolkte klasse, elk met meer as 140 leerders, word een klaskamer om die beurt gebruik, wat beteken terwyl een klas aangebied word bly die ander leerders tuis.”

Ramulifho het gesê omdat die leerders nie elke dag skoolgaan nie, het dit ʼn beduidende impak op hulle afhandeling van die leerplan.

“Sommige ouers haal nou hul kinders uit die skool. Die aantal leerders het gedaal van 1 062 aan die begin van die kwartaal tot 1 048.”

Ramulifho het die onderwysdepartement daarvan beskuldig dat hy leerders by die Carleton Jones High School van hulle reg op basiese onderwys ontneem.

Die onderwysdepartement het nog nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die Gauteng mini-ster van Onderwys oefen nog om Bo-wys te word met al sy ander manewales oor Afrikaans ens!

Andries ·

Daar sal niks gedoen word nie. As daar nie iemand is met meer verstand as “hulle” wat hul sê wat om te doen, wanneer nie, doen hul niks.

Riaan ·

Vertrou op Panyaza om iets te doen. Hy kan nie eers vir homself n peanutbutter broodjie maak nie. Hy word bedien met bacon en eiers in die oggend terwyl duisende kinders honger skool toe gaan.
Parasite.

Hanna Hoekom ·

Lesufi is te besig om funksionele skole (lees Afrikaanse skole) te takel en sal dus weinig belangstelling in die werklike probleme toon. Wat n skande!

CJ ·

Hoekom het die EFF nie al lankal optogte gereël en die skool “omsingel” en hierdie skande en minagting van die kinders se regte (volgens die Grondwet) aan die groot klok gehang nie???

Penellope Jones ·

Ek dink nie hy stel enigsins belang in enige soort van onderwys nie.
Sy obsessie is om Afrikaans totaal te vernietig. maak nie saak wie en wat in die proses daaronder ly nie.

Gert ·

Dis ‘n groot ommeswaai van die DA. Hulle burgemeester het nou die dag nog Lesufi se lof besing as die hoogs bevoegde LUR.

CJ ·

Hoekom het die EFF nie al lankal optogte gereël en die skool “omsingel” en hierdie skande en minagting van die kinders se regte (volgens die Grondwet) aan die groot klok gehang nie???

Johan ·

Really think Mr if you can call him that cares about education!!! With his BMW and bling bling watch addressing the school!!! Oh my word what a disgrace!! Yawn yawn

Frm ·

Aggenee sowatvan kleitrap ken ons mos nie. In die ou dae sou die leerders die dag nadat die inspeksie gedoen is op n manier geakkomodeer gewees het want toe het die persone in beheer nog n sin van dringendheid gehad en dat skoolgaan baiebelangrik is. Hierdie is regtig onaanvaarbaar en nie eers n grap nie.

Sarel ·

Die aardbewing en skade het in 2008 plaas gebind. Hoekom nou eers stappe neem. DA net so treurig. Vir Lesufi wag vir Politieke voordeel.

John ·

… aan hom skryf? Lesufi doen net wat die res van die ANC doen. Hy soek die oorsaak en oplossing elders waar sake ryker lyk. Volgende jaar gaan Gauteng ‘n riller wees van ouers en kinders wat rondskarrel. Geen kind gaan naby sy woonhuis skoolgaan nie. Die vraag is of onnies ook verskuif gaan word? Die aardbol was rond en kon rustig om sy as draai, maar Lesufi glo vas ‘n vierkantige een sal beter werk.

willem Botha ·

Die anc lite het nog niks genoem van die reg op onderwys in jou moedertaal nie ?

Jan ·

Gee nie n flenter om nie, hy is nie daar om skole op te bou nie, slegs om skole wat al amper 100 jaar oud is, en waar nog afrikaanse wit kinders is af te breek en te vernietig

Mmm ja nee ·

140 kinders, deel deur 2 dan is dit 70 kinders, of sal ek se leerders want deesdae is ons mos 19 en in graad 7, nietemin 70,sewentig kinders in een klas??? Onderwys beteken dan in elk geval niks vir daardie skool en kinders nie

JohanL ·

Twyfel of Lesufi die brief sal lees. Hy het nie tyd nie, want hy is so besig om Afrikaanse skole te teiken. Hy skenk al sy tyd en aandag daaraan.

Dries Moolman ·

Ag nee wat, ou Lesufi het nie tyd vir sake soos die nie, dis baie belangriker om twitter-oortreders vas te trek en enige iets Afrikaans te probeer kelder. Laat die leerders maar buite in die stof sit en leer.

LEFUSI/Lesufi ·

ja, want Lesufi hou hom te besig om Afrikaans en Afrikaanse skole te wil verander om onderrig in Engels te gee. Ons sal uitstyg, kom wat wil. Afrikaans sal nooit uitsterf nie. Afrikaans bò!

Nita ·

Carlton Jones high school is eerste Engelse hoërskool wat gebou is in Carletonville. In die laat 1950. Tot daardie tyd het die Engelse leerders saan met die Afrikaande leerders skool gegaan by Afrikaanse Hoërskool. Daardie hele omgewing word geraak deur aardskuddings en gekraakte geboue weens mynbou. N maklike oplossing, wat vroeër jare op Blyvooruitsig toegepas is, was dat leerders in 2 skofte by Rocklands Primary skoolgegaan het. Dit het baie goed gewerk sodat herstelwerk aan die ander skool gedoen kon word. Mnr Lesufi het sekerlik nie Wiskunde geletterdheid op skool as vak geneem nie. N blikkie sardiens kan net 6 sardientjies. Al probeer jy hoe hard, gaan jy nie 30 sardientjies daar ingedruk kry nie. Die oplossing is kry meer blikkies, maar o nee! Die man besef nie dat n deel van die bevolking besig is om uit sy nate te bars nie. Bou meer skole daar waar die bevolking is.

Foxi ·

Hy sit ook net en mooi lyk op daai leer stoel. Praat n klomp nonsens en kry elke maand n vet tjek! Verdwyn net asb……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.