DA dien hofstukke in oor Tuinroete se strande

(Foto: pixabay)

Die DA het Donderdag hofstukke by die Kaapstadse hooggeregshof ingedien teen die regering se besluit om die Tuinroete se strande vir die feesgety te sluit.

Die opposisieparty meen die besluit is “drakonies” en nader die hof vir dringende verligting.

Dít nadat nié pres. Cyril Ramaphosa óf Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, teen die gegewe spertyd van Donderdag 10:00 hul besluit rakende die Tuinroete-distrik se strande regverdig het nie.

“Die feit dat die nasionale regering vir nog tyd gevra het om ʼn antwoord op ons brief voor te berei waarin redes gevra word vir die besluit om die Tuinroete se strande te sluit, wys net dat daar geen antwoorde was om mee te begin nie. Dit wil voorkom asof enige redes wat nou verskaf word, ex post facto opgemaak sal word,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

Volgens Steenhuisen is die sluit van strande die laaste spyker in die Tuinroete se doodskis wat sy ekonomie betref.

Die DA hoop dat sy hofaansoek al teen Maandag omstreeks 14:30 aangehoor sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.