DA dien klag in oor besmette water

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

Die DA het Sondag gesê dat hy aanklagte teen die burgemeester van die Merafong City plaaslike munisipaliteit aan die Wesrand aanhangig gemaak het omdat inwoners aan besmette water blootgestel is.

“Die Demokratiese Alliansie (DA) het aanklagte teen Merafong burgemeester, Maphefo Mogale-Letsie, aanhangig gemaak vir die oortreding van Artikel 151 (i) en (j) van die Nasionale Waterwet, omdat hy Merafong se inwoners aan besmette en skadelike water blootstel,” het Ina Cilliers, Gautengse LP van die party, gesê.

Die hoofkragkabel na die Wedela afvalwateraanleg is in Mei gesteel, wat veroorsaak het dat 1.5 miljoen liter rou riool daagliks in die Leeuspruit en Klipdrift dam inspoel, het sy gesê. Die veiligheidsmaatskappy wat gekontrakteer is om die aanleg te beveilig, het hul dienste opgeskort omdat hulle nie deur die munisipaliteit betaal is nie. Die gevolg is dat duur toerusting by die aanleg gesteel is.

Die koste om die skade by die aanlag te herstel, is na raming R850 000, het Cilliers gesê.

“Die munisipaliteit het die kabel en kapasiteit gehad om die kragkabel te herinstalleer, maar sonder veiligheid by die aanleg, sal die oefening tevergeefs wees. Terwyl burgemeester Mogale-Letsie terugsit en toelaat dat die situasie buite beheer raak, word mense se lewens in ernstige gevaar gestel.”

Cilliers het gesê sy sal aan die LUR van samewerkende regering en tradisionele sake, Jacob Mamabolo, skryf om die saak dringend te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Hierdie Merafong lyk soos Carletonville se omgewing en dit lyk asof dit die Loopspruit kan wees.
Ewenwel, dit lyk asof hierdie poefie ook eindig in SA se grootste rioolsloot nl. die Vaalrivier.
Ons kry die mooi skoon helder drinkwater daar van Lesotho se kant en dan gooi ons kort-kort so ‘n bietjie $tr@n€ by.
Vanaf die oorsprong van die Vaalrivier werk munisipaliteite en nywerhede net so lustig saam met maagwerk-entoesiasme om die nodige byvoeging te doen.
Die houding is nou al so ingeburger dat “as ander dit kan doen sal my bietjie riool geen verskil maak”.
Dis hoogtyd dat die belhamels vasgevat word want die aarde is geskape met ‘n sekere hoeveelheid water en dit is dit. NIEMAND van ons kan water maak en dit sluit die ANC in.
Daardie water wat ons drink was ook die drinkwater van die oerdiere. In die sestigerjare was daar ‘n slagspreuk: “Water, werk mooi daarmee want ons leef daarvan”.
Dit lyk egter nie asof ons ons veel daaraan steur nie al is ons ‘n waterarm land.

Regstellende water ·

Waterwese se mees bevoegte personeel is deur regstellende kandidate vervang wat nie die vermoë of wil het om hul werk te doen nie.

Volgens die waterwet is Waterwese die “custodian” van SA se water. Dit is ‘n ramp, net soos “demokrasie” onder die ANC ‘n ramp is en niks meer reg funksioneer nie.

Dave ·

quote:
Waterwese se mees bevoegde personeel is deur regstellinde aksie vervang…..
end quote

en Dave herinner jou toe daaraan dat ìdien jy DA stem is jy een van diè wat die vervanging goed gekeur het. Die DA-kruisietrekkers verraai die blanke in Suid Afrika.

CHRISTA ·

Haai Dave, dis nuus vir my!! Ek het nie geweet die DA is die regerende party wat regstellende aksie ingestel het nie – ek dog dis die ANC!!!

Dave ·

Jy is nie die enigste wat kruisies trek sonder om eers seker te maak waarvoor jy stem nie. Christa. Julle is die oorgrootte meerderheid en politieke partye maak misbruik van jul onkundigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.