DA dien kriminele klagte in teen De Lille

Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, soek nou eers haar goeie naam terug voor sy bereid is om uit te tree, ten spyte van ’n ooreenkoms om Woensdag die tuig neer te lê. Foto: ANA

Die DA het Dinsdagaand bevestig hy het kriminele klagte ingedien het teen Patricia de Lille, uittredende burgemeester van Kaapstad, asook teen die burgemeesterskomiteelid Brett Herron, soos aanbeveel in die Bowmans-verslag.

Dirk Smit, speaker, het die klagte teen De Lille by die sentrale polisiekantoor in Kaapstad aanhangig gemaak kragtens die Wet op Munisipale Stelsels omdat sy na bewering amptenare beskerm het wat betrokke was by tenderbedrog en onregmatige uitbetalings, het Natasha Mazzone, adjunkvoorsitter van die DA se federale raad, gesê.

Herron word aangekla ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.

Mazzone sê sy was verbaas toe De Lille aandui sy sal nie Woensdag uittree nie; dít nadat sy met Mmusi Maimane, DA-leier, oorgekom het om einde Oktober die amp neer te lê.

“Ons regsverteenwoordigers het aan me. De Lille se prokureurs geskryf na aanleiding van haar opmerkings om te sê ons verwag van haar om die tuig môre [Woensdag] neer te lê, soos ooreengekom.”

De Lille berei haar voor om die Bowmans-verslag van 2 000 bladsye regtens uit te daag. Sy het Maandag gesê sy wil haar naam in ere herstel vóór sy uittree.

Maar Mazzone beskuldig haar van “nimmereindigende vertragingstaktiek”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Oujongvrou ·

Hierdie vrou het geen ordentlikheid in haar nie. Sy sleep die DA die afgrond in. Die DA sal geen onregmatige gedrag duld nie , en dis waaroor ek hulle steun. Korrupsie word nie geduld nie. So asb, mev De Lille, vat jou goed en trek. Dankie Mnr Maimane dat ons kan staatmaak op n party wat die persone wat die geringste dingetjie verkeerd doen, uit te werk. Ons maak staat op julle.

OujongNooi ·

@oujongvrou, die kleppe sal nog van jou oe af val oor ou Mmusi, hy het enkelhandig BAIE steun verloor vir die DA, ek sal eerder NIE stem NIE voor ek DA sal stem.

Dereck Le Roux ·

Waar is die slim mense wat gese het dat die politieke toekoms van die land le in die hande van koalisie politiek?

LHS ·

Gaaaap……..hoeveelste keer gaan dit nou wees………narre.

Dries du Toit ·

Sy tree op soos n ANC. Sy hoort daar en gee kans sy sal daar eindig

fiki ·

Dis net snaaks dat die DA eers die klagtes terug hou en nou dat sy nie wil uitree nie die klagtes gaan lê… is dit korrupsie toesmeer of is dit afpersing.

Die DA is net soos ander partye….KORRUP

Johan H. ·

Die drama queen kan maar net nie wegbreek vanaf die limelight nie. Sy doen maar net nog meer skade aan die da!

Cape Salmon ·

The Auntie Pat and DA show…..like those awkward sitcoms you just can’t watch.

Geurr ·

Ek wonder of die DA werklik besef hoeveel twyfel daar reeds is oor hul politiese vermoë. Daar is ook twyfel oor die DA leierskap. Sulke gedrag aan beide kante van die fiasko het stemme laar weg draai. Miamane jy moet eerder indringend kyk na jou eie bestuur vermoë want n sterk leier sou die probleem jare terug afgehandel het. Die DA gaan die Wes Kaap definitief verloor die komnende verkiesing en kan selfs laer as EFF opeindig oor die land!!!

Pat-thetic ·

As iemand al ooit gewonder het hoekom hulle vir die VF+ moet stem volgende jaar, kyk maar net na die DA/ Pat-etiese komedie in die Kaap en swak dienslewering vd DA in Tshwane. En natuurlik Musi Maimane se anti-wit sentimente. Dan sal jy geen twyfel meer he nie. So is ek een vd kiesers wat die DA oortuig het om VF+ te stem. Lg behoort Musi/ Pat eintlik te bedank vir hulle manewales

Karl ·

Die VF+ staan glad nie vir wat ek kyk na in n party nie. Sover is daar nie 1 nie, dan bly ek eerder weg van die stembusse af, en voor julle afgaan op my, dis net so MY REG om NIE te stem as ek voel daars nie n party vir my nie.

Jan ·

De Lille tree in eie belang op sy voel vere vd kiesers wat sy veronderstel is om te dien die eie ek is te groot. De Lille moet waai.

Wag en kyk ·

Ek sal werklik verbaas wees as die ANC nie die W Kaap of ten minste Kaapstad wen nie, met Patricia se hulp natuurlik. Patricia – PAC – DA – ANC

Snowball ·

Insiggewende artikel oor haar. ‘De Lille – a sobering, brief history of her political time.’ geskryf deur Ed Herbst.

marina appelgryn ·

Karl, dis mense wat soos jy redeneer wat groot aandeel het dat ANC aan bewind sal bly! Ja geen party sal tenvolle aan enig een se behoefte en belang vol doen. Tensy jy tevrede is soos ANC hierdie land lei en regeer, dan kan jy wegbly van stem bus.as nie! Elke wegbly van stem bus is stem vir regerende party! Kry dit net asb in jou kop!

RHG ·

Karl, ek voel ook nie tuis in enige party nie. Ek bring wel my stem uit, al is dit net sodat die regerende party nie ‘n oorweldigende meerderheid het en kan maak soos hulle wil nie. Dis nie goed vir enige party nie.

Karl ·

Soos ek vir ou Marina gese het, dis n 5 1/2 ure rit vir my, en mense soos sy bewys my punt oor hoe Saffas oor uitlanders voel, agv mense soos sy kan ek nie minder omgee oor hoe die ANC maak nie. Ekt net n punt gese, en dan word mens aangeval oor mens se gevoel. So ja daar het sy dit, hoekom my tyd en geld mors op mense soos sy lol

Roos ·

marina appelgryn, praat asseblief ordentlik met ander mense. Ons hoef ons nie so op te werk oor mense verskillende standpunte het nie.
Iets wat ek van my swart kollegas geleer het, hulle hap en snou nóóit na ander nie.

Kobus ·

MM het die party in die grond in bestuur, hulle sal nooit weer my stem kry todat hy verwyder word. Die ANC gaan die wes Kaap vat volgende jaar, en dan sit ons met 4 jaar se swaarkry voor ons.

Baie dankie Mmusi!

Johann du Toit ·

‘n Mediaberig “Wat hou die toekoms vir Patricia de Lille in?” het onlangs verskyn. Dit wil voorkom of de Lille nog glad nie met politiekery klaar is nie.
Die onlangse bedanking van DA -raadslede en Patricia se verbasing daaroor mag dalknet toneelspel wees om die publiek se aandag op haar te vestig. Sommige media het berig oor aantygings dat die DA Patricia misbruik het en van die ander het op aantygings van die DA as ‘n wit rassistiese party reageer. Daar word verwag dat de Lille die hofsake tot haar voordeel sal uitrek om die fokus so lank as moontlik op haar te hou. Teen die tyd van die verkiesing mag ‘n deel van die bruin gemeenskap keelvol wees van die DA se streke.
Die Independent Democrats (ID) is steeds as ‘n bestaande politieke party geregistreer en kan daarom enige tyd aan die verkiesing landwyd deelneem.
Met die Kaapstadse munisipale verkiesing in 2021 kan dit gebeur dat die DA ‘n koalisie met ‘n ander party moet aangaan. Indien Petricia dan aan die hoof van die ID staan mag die DA dalk nie ‘n ander uitweg hê as om die ID as ‘n vennoot te moet nader nie. Die ID mag dalk vereis dat Petricia weer burgermeester is.
Inus Bester, voormalige burgermeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit , sluit sy berig af met “So sal Patricia de Lille dan die DA uitoorlê en terselfdertyd wraak neem.”

Marlene ·

Kan dit wees dat baie mense nie vir iets stem nie maar teen iets. Hulle stem dalk vir een van die groter partye in die hoop dat daar genoeg stemme gaan wees om die regerende party te vervang. Kom ons begin kyk na die waardes dokument van elke party, wat hulle goedkeur, en besluit of jy vir dit kan stem. As dit ook jou waardes is, goed, as dit nie is nie, soek n party wat jou waardes ondersteun, en help bou aan daardie party, al is dit nog klein. Myne is bv die ACDP met Eerw Kenneth Meshoe. Dalk word hulle nooit die regerende party nie, maar hoe meer setels hulle in parlement kry, hoe groter kan hulle invloed wees, en wie kan sê, dalk nog die opposisie party.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.