DA dien strafregtelike klag teen ANC in Tshwane in

Demokratiese Alliansie

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Maandag ʼn klag van bedrog teen die leiers van die ANC-koukus in die Tshwane-metro aanhangig gemaak, nadat dié leiers glo raadslede se handtekeninge vervals het. Die klag is by die Brooklyn-polisiekantoor ingedien.

Volgens die DA-adjunkhoofsweep in Tshwane, Mpho Mehlape-Zimu, het raadslede van die Tshwane-metro die speaker probeer dwing om ʼn raadsvergadering te belê deur middel van ʼn petisie wat oënskynlik deur al die lede onderteken is. Ná ʼn noukeurige interne ondersoek deur die DA en die speaker se kantoor blyk dit egter dat sommige van dié handtekeninge vervals is.

“Ons weet van minstens sewe handtekeninge wat vervals is en daarom het ons besluit om die polisie te nader om ʼn saak van bedrog teen die ANC-koukus in die Tshwane-metro te ondersoek,” sê Mehlape-Zimu.

“Volgens die raad se bepalings en reëls moet raadslede op ʼn eerlike en deursigtige wyse optree tot voordeel van die stad en sy inwoners. As openbare verteenwoordigers moet ons ʼn voorbeeld stel vir die publiek.”

Die DA versoek dat dié beweerde bedrog nie geïgnoreer moet word nie, maar ten volle ondersoek word. “Oortredings soos dié moet gestraf word. Die polisie moenie wegskram daarvan nie. Ons sal die saak bly opvolg,” sê Mehlape-Zimu.

Volgens Mehlape-Zimu gaan die DA aanhou veg vir geregtigheid. “Ons sal voortgaan om ons eties hoë grondslag te handhaaf en die regte van die inwoners van Tshwane te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Regte beskerm vd inwoners. Nee wat DA. Regte is SKOON STRATE GEEN SLAGGATE EN STRAATLIGTE WAT IN DIE AANDE BRAND.PRETORIA-NOORD LYK PATETIES.

Gert ·

Pieter kla by julle raadslid sodat hy/sy die persoon by die stadsraad wat in julle omgewing werk aantree. Pretoria Noord het n persoon by City of Tshwane wat daarna moet kyk.

Werner Fourie ·

Dit is reg dat die EFF, elke keer as die geleentheid hom voordoen vasgevat word, kyk nou bv met Gordhan en Eskom hoe Julius nou dreig om, as Gordhan nie afgedank word nie, hulle die Staatsrede gaan ontwrig.

Julius het nog niks goeds na die land gebring nie, al wat hy doen is kwaad stook, mense se humeure opjaag en rassehaat aanwakker.

KP ·

Pieter dink jy dit sal beter wees met die ANC of EFF? Werner Fourie ek stem saam, dit is tyd dat Malema en al die VBS plunderaars eerder hulle dag in die hof kry.

Leon Dormehl ·

Ag tog! Die DA lê gedurig klagtes by die een of ander polisiestasie. Snaaks genoeg baiekeer by Brooklyn. Maar ook ander plekke, gedurig. En met groot vertoon terwyl tv kameras die proses afneem. Rêrig? Nou wil ek net weet: het daar al OOIT (!!) iets daarna gebeur? Hofsaak of enigiets. Of is dit maar nog ‘n deel vd politiekery. DA , doen asseblief iets wat resultate lewer en respek verdien.

bokka ·

Wel, hulle wend darem ‘n poging aan om iets te doen. Baie beter as die ander wat absoluut niks doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.