DA dien voorlegging oor Zuma-aanklagte by NVG in

jacob zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Die DA het Donderdag sy voorlegging oor die korrupsieaanklagte teen pres. Jacob Zuma by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingedien.

Die party voer daarin redes aan waarom Zuma op 783 aanklagtes van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery vervolg moet word.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê die party se voorlegging weerspieël wat die DA nog van die begin af sê, naamlik dat die besluit om die aanklagte teen Zuma te laat vaar irrasioneel was. “Vervolging moet daarom sonder enige vertraging plaasvind,” het Maimane gesê.

“In die onwaarskynlike geval dat pres. Zuma inderdaad nuwe materiële en relevante voorleggings het om te maak moet dié voorleggings deur ʼn hof oorweeg word en nie deur Shaun Abrahams, die hoof van die NVG, nie,” het Maimane gesê.

Zuma sal nou dokumente moet inhandig met nuwe redes waarom hy nie vervolg moet word nie nadat die appèlhof gelas het dat die besluit deur Mokotedi Mpshe, Abrahams se voorganger, om die aanklagtes teen Zuma te laat vaar, irrasioneel was.

Maimane het gesê indien Zuma se voorleggings wel nuwe redes bevat waarom die aanklagte laat vaar moet word, die DA graag ʼn geleentheid sal wil hê om te reageer.

“Daarom het ons die NVG versoek om dié voorleggings met alle belanghebbende partye, insluitend die DA, te deel en dat daardie partye 14 dae gegun word om kommentaar te lewer,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

skepties ·

Dit is eintlik lagwekkend as mens kyk na hoeveel van ons belastingbetalers se geld gemors word deur die DA en ANC se teenstrydigheid in die howe van SA. Hoeveel van daardie fondse beland terug in die sakke van ons korrupte president en sy dienaars?

Vermeende ·

Glo dit maar, Zuma sal nooit die binne kant van n tronk weer sien nie, hy sal eerder sit en kyk hoe die land tot nuut gaan as om verantwoordelikheid te aanvaar.
Die DA, wel ek hoop net die DA hou rekening van die koste van demokrasie.

Eddie Roos ·

Nee wat , Zumpie het al lankal ‘n ontsnaproete beplan , hy is ‘n baie slinkse strateeg !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.