DA doen beroep op polisie ná seuns se dood

Onalenna Molehabangwe en Gontse Cholo.

Die DA in Noordwes sal Vrydag die gesinne besoek van die twee seuns wat Dinsdag uit ʼn parkie in Mahikeng, Noordwes, verdwyn en later in ʼn swembad dood aangetref is.

Carin Visser, DA-LP asook die party se leier in die provinsie, het gesê die party ‘wil graag [hul] ​​meegevoel persoonlik oordra aan die families van Onalenna Molehabangwe en Gontse Cholo van die Ramosadi-nedersetting en hulle help om die antwoorde te vind wat hulle so dringend nodig het om enige vorm van berusting te vind”.

Maroela Media het vroeër berig Onalenna en Gontse, albei tien jaar oud, se liggame is Donderdag in ’n swembad gevind nadat die twee seuns na bewering deur drie mans in ʼn Volkswagen Polo-motor ontvoer is.

Volgens sers. Lesedi Dingoko, woordvoerder van die polisie, het die seuns in ʼn parkie in Montshiwa, ʼn uitbreiding van Mahikeng, saam met nog ʼn maat gespeel, toe dié twee met ʼn pak aartappelskyfies na ʼn motor gelok is.

“Genoeg is genoeg, en ons kan nie toelaat dat hierdie twee seuns bloot deel van die misdaadstatistieke word nie,” het Visser gesê.

Albei was leerders aan die Podile Primary School in die Ramosadi-nedersetting in die omgewing.

Die DA het ʼn beroep op die polisie gedoen om dié ondersoek te prioritiseer en die skuldiges vinnig vas te trek om te voorkom dat dit met ander jong kinders ook gebeur. “Die SAPD se vermoë om misdaad te ondersoek is ʼn belangrike polisiëringsfunksie en speel ʼn noodsaaklike rol in die strafregstelsel,” het sy gesê.

Visser het verder gesê die polisie reageer glo lankal nie meer op die polisiëringsbehoeftes en -prioriteite van gemeenskappe soos Ramosadi nie aangesien hulle nie oor die nodige kapasiteit, hulpbronne of opleiding beskik nie.

“Landelike gemeenskappe is maklike prooi vir gewelddadige en brutale misdade as gevolg van die gebroke ANC-regering se versuim om ʼn goedopgeleide en goedbestuurde polisiediens te verskaf,” het Visser gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

riaan ·

Stem werfery raak nou rof!

Al hoekom da nou so aangaan is om stemme te koop.

Inligting ·

Munisipale swembad? Swembad by iemand se huis? Hoe beland twee kinders se liggame in ‘n swembad sonder om iemand te impliseer?

wonder ·

Ag liewe VADER help ons, ons land is nie meer ons land nie???

Trol ·

Visser sê te veel en doen te min. Veral waar plaasmense uitgemoor word. Jy het nou jou sê gesê. Wat gaan jy verder doen om die saps tot verantwoording te roep?

Neewat DA ·

Waar val die DA nou uit? Doen die DA ook dieselfde met plaasmoorde? EN NEE ek praat nie net van die boer en sy vrou nie, ek praat van KLEIN KINDERTJIES wat deur die kop geskiet word en KLEIN DOGTERTJIES wat eers VERKRAG Is deur volwasse mans VOORDAT Hulle vermoor is op plase waar NIEMAND tot hulle hulp kon snel nie.. . JA JA dit is wat gebeur met WITMENSE op plase .. maar die DA is stil daaroor … Dit is VREESLIK wat met hierdie twee kinders gebeur het maar HOEKOM IS DIE DA SO STIL AS WIT KINDERS STERF????

Karolis ·

Lyk my as jy blou klere aanhet, dan kom die da in met ‘n geklets.

Santjie ·

DA… ek het rerig simpatie met die ouers van hierdie twee seuntjies, want dit IS onnodig!! maar wat van ieder en elk ander moord wat gepleeg word. Daardie mense word OOK net deel van die statistiek. Kry julle prioriteite agtermekaar vir die hele volk en nie net vir sommiges nie asseblief.

Santjie ·

En wat van AL die ander wat vermoor is wat statistiek geword het? maak nie saak wat die velkleur is nie. NIEMAND verdien om vermoor te word nie.

EENDJIE ·

AG REGTIG MENSE JULLE KLA OOR ELKE LIEWE DING. GAAN STEM DAN ANC EN LAAT ONS LAND DAN VERDER VERNIETIG WORD. DIE ANDER KLEIN PARTYE STAAN NIE KANS NIE SO HOEKOM STAAN ONS NIE EERDER AGTER DA EN WERF SO MEER STEMME NIE. JAMMER OOR DIE LEWENS VAN 2 KINDERS. SWART WIT PIENK PERS MAAK NIE SAAK NIE….DIS KINDERS WAT S LEWE VOOR HULLE GELE HET.. REGTIG

riaan ·

Wat se jy nou eindlik??????

Se jy net da kan moorde stop deur te praat en praat en praat???? Hulle kan nie want vir hulle is dit net nog ‘n poging om stemme werf en ons almal het gesien wat het hulle gedoen met al die stemme wat hulle in die vorige verkiesing gekry het – NIKS!!!!

Al wat die da die hele tyd om hamer is kleiner partye wat nie ‘n kans staan maar wat van al die koalisies wat hulle in bewind hou in Pta en Jhb???? da meot hoop en bid dat kleiner partye nog met hulle wil saamwerk na die verkiesing want soos dit nou lyk gaan dit NIE gebeur nie!

Estelle ·

Moeilik om met begrip te lees? Het jy al gesien hoe lyk ñ 4 jarige kindjie wat deur ñ monster verkrag is, daarna geskiet is en net om seker te maak, geskop en op getrap is tot sy onherkenbaar is? Dit is al waarna die vorige komentators verwys het, die feit dat die DA wanneer dit hulle pas hul stem verhef teen sinnelose kindermoorde.
Glad nie nodig om so in hoofletters te SKREE nie. Die DA dra nie jou beste belange op die hart nie EENDJIE! Hulle wil jou steeds “integreer” en staan BEE en kwotas voor.

Eendjies eendjies staan in ñ ry, een, twee, drie, vier stap hul verby….

Gaan kyk wat die DA oor onder andere aborsie en ander belangrike kwessies te sê het.

Ek staan eerder aan ñ verloorkant saam met ñ “kleiner party” met my integriteit en waardes wat erken word, as om te wen en my siel te moes verkoop.

Daarom was daar in die Anglo-Boere Oorlog mense soos hanskakies en hensoppers. Want nie almal verstaan wat integriteit en inbors beteken nie.

Annoniem ·

Bring net die dood straf terug!!!!!
Dit gaan te lekker in ons land!
Wit teen Swart, Swart teen Wit, Wit teen Wit, Swart teen swart… Hou op Kleur sien en beskerm ons mense
Bring DOODSTRAF TERUG!!!!!!

Meonly ·

Ek dink aan die ouers en hulle verlies. So hartseer, kan net vir hulle bid

EENDJIE ·

ESTELLE SO JAMMER EK SKREEU NIE MY CAPS LOCK HAK VAS. EN JA EK HET AL GESIEN HOE N KINDJIE SE LEWE VERWOES IS DEUR AANRANDING, VERKRAGTING……MY EIE DOGTER…EK LIG MAAR NET N OPINIE SOOS ALMAL. ONS KAN MOS MAAR STEM VIR WIE ONS WIL NE. EN NEE DIS NIE MOEILIK LEESBAAR OF VERSTAANBAAR NIE…EK HOU MY MAAR NET DOM…IS NIE REGTIG NIE..

common-tator ·

Soverre polisiëring aanbetref het iets vir my die afgelope paar dae duidelik geword: Omdat polisiestasies en aanklaers sake smoor, word die ware omvang van misdaad in vele gebiede nie aangespreek nie en het die polisie ook nie die nodige mannekrag en toerusting daar nie, omdat hulle dit nie kan versoek in die lig van die lae misdaadsyfers in hul gebiede nie.

Lalie ·

Net jammer dis kinders wat ook nou statistieke geword het. Hoeveel moorde nog?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.