DA dreig met regstappe oor Chinese lening aan Eskom

Mmusi Maimane, DA-leier. Foto: ANA

Die DA weier dat China se model van “skuldstrik-diplomasie” in Suid-Afrika posvat en sal die howe nader indien nodig om te verseker dat die regering openlik en eerlik met die publiek is oor die voorwaardes van lenings wat die land van China ontvang.

“Op 10 September het ek ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) ingedien dat die bepalings en voorwaardes van die R33 miljard‑lening van China se Ontwikkelingsbank aan Eskom openbaar gemaak word,” het Mmusi Maimane, DA-leier, Sondag gesê.

Kragtens die bepalings van dié wet moet Eskom binne 30 dae reageer op die versoek om inligting. Dié keerdatum is reeds verstreke en die bepalings en voorwaardes van die lening bly “verdag geheim”.

“Daarom het ek ʼn kennisgewing van ʼn interne appèl aan Eskom gerig … omdat hulle nie aan my versoek voldoen het nie,” het Maimane gesê. “As Eskom ook in gebreke bly om die verdere 10-dag-keerdatum te gehoorsaam, sal die DA nie huiwer om die nodige regstappe te doen en die howe om hulp te nader nie.”

Hy het ook pres. Cyril Ramaphosa, die Eskom-voorsitter, Jabu Mabuza, en die Ontwikkelingsbank se verteenwoordiger in Suid-Afrika, Jiangtao Cao, genader. Geeneen van hulle was bereid om oop kaarte te speel en te sê op watter voorwaardes die lening van R33 miljard toegestaan is nie.

Maimane meen Suid-Afrikaners kort die versekering dat dié lening die land en sy belastingbetalers nie bind aan onbekostigbare en onregverdige voorwaardes en bepalings nie.

Hy sê die nuwe president het hom tot groter deursigtigheid en verantwoordbaarheid verbind, maar noudat hy dit moet bewys met ʼn werklike geval soos dié lening, “verkies hy om die weg van geheimhouding te volg wat posgevat het onder oudpres. Jacob Zuma.

“Dit was ʼn kans vir Ramaphosa om openlik te wees met die publiek “oor dit waartoe die lening ons verbind – en ons verwag dat hy dit sal doen”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

CL ·

Hoop DA voer dit deur. Niks is verniet van óf die Russe óf Chinese nie. Ons sal hulle dans moet dans of die knoppie word afgeskakel. Kyk maar wat word in Zambië.

Hannetjie ·

Mnr Maimani ..jyt reeds my stem vir volgene jaar.Hou aan om die skuldstrik-planne van die Chinese te kelder.Hul wil die land oorneem…sonder skoot of slag.

Waarheid ·

Jy kan nie n leuenaar verander nie
Ramapaddapot het oor die plaasmoorde gelieg en ek is seker hy het iets weg te steek met die China lening
Die anc word nou ook in die korrupsie skandaal by vbs bank betrek deurdat hulle n 2 mil skenking vir n tafel se aankoop daar gekry het. Lees dit op Sunday Tmes vandag
Verseker moes ramapaddapot daarvan geweet het.
Jy kan hom nie vetrou nie.

bollie ·

Jy hoef nie saam te stem met jou president nie maar dis ook nie nodig om hom allerhande naampies te noem nie, dis onvanpas en eintlik kinderagtig. Gaan speel in die park.

christa ·

MOOI GESE C . L EK WEET NIE WAT PROBLEEM IS NIE MAAR AS EK KOMMMENTAAR LE WER WORD DIT DADELIK AF GE HAAL NOU SE EK NET STEMN SAAM MET ENIGE ANDER PERSOON WAT KOMMENTAAR LEWER

Alida ·

As hierdie lening deurgaan is SA so te se verkoop en CR weet dit. Roer hulle Mnusi.

John ·

Afrika glo werklik Sjina se kop werk soos Westerlinge s’n ; dat skuld maar mettertyd afgeskryf sal word as ons net aanhou heuning-om-die-mond smeer. Mens moet jouself die vraag vra, waarom Sjina met soveel arm mense hulle sou bekommer oor Afrika.

Sean ·

Bollie word groot Jou kinderboek naampie sê alles zuma het ons aan guptas verkoor en die ou verkoop ons aan die sjineses Word wakker

Koos ·

Hy moet ook vir Cyril vra hoekom hy nie gister by die saamtrek van Angus Buchan was nie, sy kantoor het hoog opgegee dat hy daar sou wees, maar ek het ‘n idee hy wou nie die boodskap hoor nie.

En daar vertel Angus wat se realiteite vir Cyril in die gesig staar. Ook maar goed CR was nie daar nie, hy sou skaamkwaad daar weggestap het.

Hoe nou....... ·

Hierdie China ding is niks nuut nie – dit verbaas my dat ons nie al lankal n Chinese staat is nie. Kyk maar waarnatoe alles beweeg met regering se kommunistiese benaderings soos landgrab and wapen-onteiening. China is al so deel van ons met al die geld wat hulle bestee – ons gaan eendag wakker word onder n nuwe vlag – hoor my lied!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.