DA, EFF ongelukkig met OVK in Mpumalanga

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Donderdag hul kommer uitgespreek oor die manier waarop die Onafhanklike Verkiesingskommissie die plaaslikeregeringsverkiesing in sommige dele van Mpumalanga hanteer het.

Alfred Skhosana, provinsiale sekretaris van die EFF, het aan die African News Agency (ANA) gesê die OVK het Woensdag tydens die verkiesing “swak gehalte ink” gebruik by ʼn onbekende stempunt in die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit.

“Die ink kon maklik van kiesers se duime verwyder word,” het Skhosana gesê. “OVK-beamptes het die ink vervang nadat ons gekla het, maar talle persone het in daardie stadium reeds gestem. Ons vermoed die ink is gebruik om mense in staat te stel om meer as een keer te stem.” Hy het gesê hy onderneem om ʼn formele klag by die provinsiale OVK-sentrum in te dien.

Hy was egter vol vertroue dat sy party vordering sou maak in talle munisipaliteite en ʼn hele aantal wyke sal wen. Hy het gesê die EFF het reeds twee wyke in Victor Khanye- plaaslike munisipaliteit gewen.

“Ons is bly dat ons wyke in ʼn munisipaliteit gewen het waar ons nie ʼn sterk verteenwoordiging het nie,” het hy gesê.

Teen 19:00 Donderdagaand het die EFF reeds 151 144 stemme (9.42%) in dié provinsie op homself gevestig nadat 86% van die stemme getel is. Die EFF het reeds 8 setels bekom. Die EFF het in 2014 altesaam 6,26% van die stemme ingewin.

James Masango, provinsiale leier van die DA, het gesê by sommige stempunte is stembriewe nie behoorlik verseël nie. “Stemmery het by sommige stempunte ook laat begin. Ons kan nie sê dis ʼn groot probleem nie, maar die OVK moet leer uit sy foute. Dié goed moet in die toekoms voorkom word.”

Masango het gesê hy is vol vertroue die DA sal in talle munisipaliteite seëvier. Hy het gesê die voorlopige uitslae wys dat die DA sy wyke in Steve Tshwete, Govan Mbeki en Mbombela- plaaslike munisipaliteite behou.

Teen 19:00 het die DA reeds 224 797 (14%) van die stemme met 37 setels verseker in Mpumalanga. Die DA het in 2014 altesaam 13,68% van die stemme gekry.

Mandla Ndlovu, provinsiale sekretaris van die ANC, het gesê die regerende party sal al die munisipaliteite behou waar hy in beheer was voor die verkiesing. “As jy hoor mense kla oor die skeidsregter ná die wedstryd, kan jy maar weet hulle het verloor,” het hy gesê. “Ons is tevrede met die manier waarop die OVK die verkiesing uitgevoer het. Al die kwessies by die stempunte is deur die verteenwoordigers van die politieke partye aangeroer.”

Teen 19:00 het die ANC reeds 1 128 830 stemme (70.32%) met 207 setels in die provinsie ingewin. Die ANC het in 2014 altesaam 79,19% van die stemme gekry.

Kate Bapela, nasionale woordvoerder vir die OVK, het gesê alle partye wat aan die verkiesing deelgeneem het, maar nie tevrede is met die stemproses nie, kan klagtes aanhangig maak deur die kommissie se formele strukture.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesing op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Popeye ·

Ek het alle tekens van “ink” van my linker duim met Jik verwyder 10-minute nadat ek gestem het.

Cherokee ·

Ja maar die tweede en derde kere het dit moeiliker afgewas.

Cherokee ·

Die DA gaan heelwaarskynlik met die EFF koaliseer in Port Elizabeth, so die DA-kiesers in hierdie forum kan dan maar EFF’ers ook genoem word.

Tanya ·

Die stem prose’s was nie reg nie. Kyk waar is vol stem bokse gekry. In Kinross se veld ek meen daai stemmed word nie getel nie. Elke jaar is dit so. Hulle moet begin n aanlyn stem bus doen. Dinge gaan Dan regverdig gebeur

iemand ·

jik? jy het baie moeite gedoen. ek het in graskop mp gestem. met die terug kom vullisblik buite in diestraat oogetel. my handemet seep gewas en weg is die ou strepie.

Karma ·

Ja, die ANC is ‘tevrede’ met die manier waarop die OVK die stemproses uitgevoer het. Inderdaad. Die OVK het in baie wyke die ANC steun gegee deur mense se duime swak – of dalk glad nie – te ink nie en stembriewe oop te maak en te laat rondlê. Hoeveel Da of ander stembriewe is nie net eenvoudig sommer verbrand of opgeskeur en in die toilet weggespeol nie? SIEN ENIGE IEMAND NOU waarom ek nie gaan stem het nie???????

Lida ·

Wat anders verwag julle van die skelm ANC. Dit is tyd dat mense met vingerafdrukke stem. Die elektroniese stelsel sal nie hier werk nie. Miljoene mense in die “rural areas” weet nie eers hoe lyk ‘n rekenaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.