DA eis aksie ná gru-plaasmoord

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Suid-Afrika het dringend ʼn landelikeveiligheid-polisiëringstrategie nodig. Die SAPD moet weer ʼn gespesialiseerde eenheid vir landelike veiligheid op die been bring, het die DA gesê.

“Die DA is geskok en hartseer oor nog ʼn brutale plaasaanval,” het Annette Steyn, woordvoerder van die party, gesê.

Steyn het verwys na die wrede moord Vrydag op Hannes en Ester Kidson, albei 70 jaar oud, op hul plaas tussen Jachtfontein en Westonaria, Gauteng. Ester was in ʼn rolstoel. Die egpaar is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek.

“Die DA betuig sy medelye met die familie, vriende en geliefdes van die egpaar. Julle is in ons gedagtes in die moeilike tyd,” het Steyn gesê.

Volgens Steyn is dit duidelik dat mense wat in landelike gebiede woon in groot gevaar is. “Suid-Afrika het dringend ʼn landelikeveiligheid-polisiëringstrategie nodig wat die werklikheid in ag neem. Die DA het al herhaaldelik versoek dat ʼn gespesialiseerde landelikeveiligheidseenheid weer in die polisie op die been gebring word maar sonder sukses.”

Steyn het gesê die noodsaaklikheid hiervan is bevestig deur ʼn verslag van die Menseregtekommissie dat wetstoepassingsagentskappe hul betrokkenheid moet opskerp om misdade in boerderygemeenskappe te beveg.

Die DA het versoek dat die MRK se verslag in die parlement ter tafel gelê moet word vir bespreking deur die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie. “Dit is die beste manier om te verseker dat die voorstelle in die verslag nagegaan kan word teen die regering se reaksie sedert 2015.”

Steyn het gesê die DA sal nie rus voor geweldsmisdaad aangepak word en elke mens in vrede kan leef en veilig voel in die wete dat die regering alles doen om sy of haar veiligheid te verseker nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

Chris ·

Die antwoord is verspot voor die handliggend: bring die Kommandos terug!

George ·

Jammer dat ek die verkeerde knoppie gedruk het. Ek stem heeltemal saam dat die regering die Kommandos moes terug bring. My voorstel is direk na die Inligting se Minister te mik aangesien hy direk ‘involved’ is

Nonna Cross ·

Dis regtig nie aan var baar nie. Bring die Komando terug. Of wil Hulle eers kyk hoeveel kan nig vermoor word. Ek dink regtig Dis Nou tyd Om Drasties op Te tree. Genoeg s genoeg.

Joe ·

Vraag is, wie gaan dien op daardie kommandos, jy wil nie nog meer moordenaars in jou omgewing laat rondry nie?!

Poot ·

Ek stem saam dat die Kommando’s “gewerk” het. Let wel dat ek die verlede tyd gebruik.
Kommando’s het grotendeels bestaan uit voormalige GOED opgeleide hardebaard SA soldate wat geweet het wat hulle doen. Jammer om te sê, maar daardie manne is nou yl gesaai.

andrea van vuren ·

Ek woon op die platteland tussen Pretoria en Hartbeespoortdam. Toe die kommando’s nog aktief was het ons baie veilig gevoel en die moordsyfer was feitlik nul! Bring hulle terug!

louis ·

Wat van die dood straf hoekom bring hulle dit nie trug nie n oog vir n oog n tand vir tand maak iemand dood dan moet daai een ook dood gemaak word

Vossie Vosloo ·

Is dit weer verkiesingstyd? Wie wil hulle beïndruk?
Amper ‘n saak van “too little too late?”

snoefie ·

stem ek saam vossie. steyn sou geloofwaardiger gewees het sou sy eerder n foto van n paar dapper krygers met groot klippe gepost het.

Genoeg ·

Ontplooi die weermag op plase daar is mos geen grense meer nie so wat doen hul almal.DA is n sirkus op sy eie met n paar hoof narre.

John ·

Skrik die DA nou eers wakker of sien hulle hoe die Afrikaners begin hoedvat en loop. Afrikaners kyk, ongelukkig vir die DA, nie om as hulle eers geloop nie.

Pietser ·

DA het nie die Afrikaner se stem nodig nie. Peanuts wat getalle aanbetref.

Bruno Stef ·

ASB die DA moet net kennis neem as hulle so simpatiseer met die familielede dat die twee oumense keelaf gesny is deur die misdadigers en nie net doodgesteek is met messe nie. Noem n graaf n graaf.

PJ ·

Dis omtrent tyd DA..weet nie hoekom dit julle so lank gevat het om by te kom en iets te se oor hierdie plaas slagtings nie.
Ons gaan julle fyn dophou..julle beter dit ordentlik hanteer…die afmaai van die mense wat juis sorg dat almal in hierdie land kos het…beter end kry!!!
Mmusi..tyd vir aksie…!

Rocky Bell ·

Hoekom nie jou nie. Het enige van die meer regse partye hulle monde oopgemaak.?

Pietser ·

DA moet nou maar inspring waar FF Plus en Hofmeyr misluk het. DA doen, ander praat en moan.

PG ·

Pietser. Ten minste probeer die VF nog iets doen. Die DA bly nog net die heeltyd stil

Ai nee ·

Die DA het ook maar sy tyd gevat hoor, ten minste het die VF+ darem al iets aan die saak probeer doen maar weens GEBREK aan ondersteuners (wittes wat skaam is omdat hulle wit is) en mense soos jy wat dink REGS is verkeerd, maar LIBERAAL is reg, kan hulle ook nie veel doen sonder verteenwoordiging nie. Verstaan jy darem daardie begrip?

Johan ·

Nou is mmusi mamaine stil.nou praat di Da weer.so word ons blankes stil stil uit gemoor.daaroor se mmusi niks ……… Jy sal ni weer my stem kry ni…….

Jaap ·

Wag tot die verskonings en regverdiging vir die moorde van die boonste leierskap van DA begin kom. Dan is die mense wat dit nou ondersteun dalk nog in die moeilikheid en word geskors. Die DA gee nie ‘n flenter om vir blankes en blanke stem nie. Eenvoudig net te min .

Ex-DA ·

Action speaks loader than words …
Gaan nie my asem ophou nie.
Soos John se, as Afrikaner eers sy rug op iets of iemand gedraai het is dit koebaai Meraai!!
Ongelukkig is ons ‘n hardkoppige nasie, daar is nie salf of medisyne nie.

Puppets ·

@Pietser. As jy se Hofmeyr het misluk. Wat bedoel jy? Die man tree nie eens op namens enige politieke party nie,maar staan wel op vir n beginsel waarvoor ek en jy en duisende ander baklei namens o.a die blatante verkragting van die afrikaner volk se regte. Volgens my wete doen hy dit sonder vergoeding en gebruik sy privaat tyd om n boodskap oor te dra. Min politici sal dit doen indien enige?

Pietser ·

Jy’s reg, ek moes nie Hofmeyr genoem het nie. Hy is nie by magte om iets aan die storie doen nie, net kla. Ek het hom meer krediet gegee as wat hy verdien.

Henk ·

Kan dit amper nie glo dat die DA darem reageer nie,die opdrag is duidelik”Moor,maar laat dit tenminste na n roof lyk!”

SS ·

Wel daar moet aksie wees en nie net woorde nie. Ware aksie moes lankal begin het. Net mooi niks het nog gebeur nie en net een moord na die ander
Dade is die ding en nie woorde nie!!!!

Gary ·

‘n Woordvoerder van die DA reik ‘n verklaring uit. Bravo! Waar is Maimane? Waar is Helen Zille? Te min, te laat. Te besig om stemme van swart kiesers te probeer wen. Nou as dit ‘n swart persoon was wat deur ‘n witte keel afgesny was – julle kan julleself voorstel hoe histeries die reaksie sou gewees het. Die gebrek aan ware leierskap is skreiend. Dit is tyd vir ons om saam te staan ter wille van oorlewing. en om ons stemme te laat hoor.

Pietser ·

Julle konserwatiewes sal maar DA MOET stem. Enigste party wat ‘n realistiese kans het om verkiesings te wen en iets te doen aan julle saligheid.

vermeende ·

Nee Pietser, na wat in die wereld gebeur op die oomblik waar konserwatisme nie net groei nie maar mag oorneem dink jy steeds dat daar nog sulke gek mense is wat vir n liberale party wil stem, julle raak nou die minderheid!

Kobus ·

Pietser lyk my die lewe het jou erns n moewiese hou gegee…jy darem swartgallig

Wil ·

Pietser, hulle gaan jou nie vra of jy liberaal of konservatief is en of jy DA stem as hulle by jou eendag kom inloer nie. Kyk maar na die buite wereld en kyk na die reaksies van liberale soos jy die wereld deur. Julle dae is getel my vriend. Julle ignorering van probleme om naif te bly om julle self te beskerm teen die waarheid is op ‘n einde en ek wens jou en jou liberale metgeselle sterkte toe in die veranderende wereld klimaat.

Lance ·

Eintlik te laat dat die DA nou skielik iets wil sê … maar uiteindelik se hulle tog iets WOW . Jammer dat die DA my die gevoel gee dat hulle wil goed doen en ek sien hier en daar iets gebeur …wat ek egter al wou sien is dat die strate in pta jhb en cent al gevee sou gewees het …hier en daar wel en meer as wat die anc ooit in 10jaar gedoen het. Maar ek verstaan ook dat dit wat hulle geerf het so sleg is, veral die kultuur van die onkundige mense dat dit soveel meer gaan neem om n verskil te kan maak. Kan egter ook net noem dat ek die verskil kan sien in die Kaap ….waar die DA in die kaap is werk dinge goed .. plekke is skoon en netjies. Die DA moet net ook besef dat hy vir ALMAL moet opstaan anders gaan hy sy steun oral verloor.

Johann ·

Kommandos gaan nie help nie.
Dis ras haat moorde wat deur die ANC regering goed gekeur word.
Stilswye volgens my is goedkeuring

Chris Ws ·

Johan die Kommando’s SAL werk,die dat die anc regime dit tot niet gemaak het en NOOIT weer sal terug bring nie.Dit het lynreg met hul doel gebots,nl om boere deur terroriste te laat vermoor en treiter tot hulle op pak en trek van die plaas af.Ongelukkig misgis die regime hom totaal met die Boer!

Leon Pretorius ·

Vir diegene wat nie weet nie, daar is tans ‘n fonds insamelings projek vir Steve Hofmeyr om president Donald Trump te besoek. Die gesprek gaan blykbaar rondom die onderdrukking van ons wit volk, plaas moorde en vele meer…Ek het die volste vertroue in Steve aangesien hy ons toevlug is. Kom ons hoop Donald Trump luister met empatie en dra ons pleidooi op die hart ter ondersteuning van ons blanke volk…

Gary ·

Leon, as Steve Hofmeyer jou toevlug is, is ons verlore my maat. En Donald Trump – jy grap seker. Kom ons werk eerder vir eenheid in die land, oortuig die meerderheid redelike mense dat wittes nie die probleem is nie, stop ons rasisme, kry mense aan ons kant, en staan op vir onsself en vir wat reg is met ‘n een stem. Daar is baie swart mense wat ook net vrede en ‘n goeie lewe soek. Gee hulle goeie rede om ons nie as die vyand te sien nie. Gebruik sosiale media om die DA te laat verstaan hulle rasse speletjies is die verkeerde opsie.

gatiep ·

Leon ek is bly om te hoor sal ook gee.
Dit is al hoop wat daar nog oor is vir ons.
Ek sal nie so hoop op DA sit nie hoekom maak hulle nou skielik n 180. Is hulle nie bang hulle verloor van hulle ondersteuners as hulle opkom vir plaasmoorde nie.

Boerseun ·

Gary,
shame moet erg wees vir mense soos jy dat trump aan bestuur is.

In elk geval Steve gaan names ons praat, jou multikultuur staat het nie en sal ook nooit werk nie. Jy is die een wat in droom wereld leef, eenheid in ons land en die idee om mense te oortuig dat witmense nie die problem is nie, hehehe lekker lag ek beste grap van die jaar.

Annie ·

Ai mense weet julle dan nog nie, sit een van; hulle in ‘n kis en dit word dae lank wêreld nuus maar laat hulle witmense se kele afsny en jy hoor of lees skaars daarvan!

Ina ·

Leon, ek is seker Steve kan sy eie kaartjie bekostig om Trump te gaan sien, waarvoor ‘n fondsinsamelings actie?

Lettie ·

Ina natuutlik kan hy dit bekostig…….
Maar hy is gevra om te gaan daarom word daar geld ingsamel.
As hy sukses behaal is jy een van die wat op die wa gaan spring sonder dat jy jou bydra gemaak het.

vermeende ·

Pietser ek lag vir die blindes soos jy, lees jy/hulle nie wereld nuus nie?
Liberalisme is wereld wyd aan die wegkwyn en op die oomblik n sterwend geslag.
Kyk mooi, die DA sal nooit die stoel vat nie die getalle is nie aan julle kant nie ook nie die toor dokters nie, dit is nie hoe Afrika demokrasie werk nie.
As jy wil kers loop opsteek loer net oor die grens, Zim is die beste voorbeeld van Afrika demokrasie in werking.
Dink jy regtig as die DA eendag sou wen dat ou mense nie meer keel afgesny sal word nie en dan stel jy mos ook voor dat geen plaasmoorde in die DA metro’s gepleeg word nie.
Dink man!

Pietser ·

Daar is inderdaad baie min plaasmoorde in die Wes-Kaap (ek kan nie eers een onthou nie). Wys jou wat gedoen kan word deur goeie en effektiewe regering. Nee wat, DA is die enigste haalbare opsie vir hierdie land. Nie perfek nie maar beter as die res.

gatiep ·

Ek is net so geskok om dit te hoor van DA.
Is watter land bly hulle dat hulle nou eers hoor van die plaasmoorde?

seun ·

NOU DOEN FLIPPEN IETS!!!!!!!!!Hou op praat , en doen . soek net weer publisiteit!

Johanna Botha ·

Hoekom neem die DA so lank om iets oor moorde te se …dis mos verkeerd al is dit wie …of stem hulle dalk saam want stilbly is ook n antwoord. Mens staan op en se iets as dit verkeerd is veral as dit mos gaan oor moord …maar dankie DA dat julle wel eindelaas iets gesê het …dalk te laat want baie is al omgekrap en dink nou julle soek weer iets. Dis ook moeilik om n goeie gesindheid te openbaar maar dit is al wat ek en jy kan doen in ons dag tot dag handel en wandel en so n verskil maak daar waar ek werk en met ander kontak maak …hoe klein dit kan n verskil maak ek het dit self gesien .

Franscois ·

M/Media gaan my komentaar seker weer delete, maar al wat ek wil se en ek hoop van harte dat die DA wat nou komentaar lewer en hulle meegevoel uitspreek tog op n gereelde basis navorsing gaan doen oor plaasmoorde, mense op plase voer daadwerklik n oorlog wat almal net verby kyk, gaan (Mnr Maimane) en besoek die tonele waar die tipe van misdade gepleeg is, kyk na die foto’s wat geneem is van die slagoffers en dan sal julle dalk besef wat aangaan en dat daar moet opgetree word, om te se n ou mens van 70 wat in n rystoel sit se keel is afgesny is maklik, gaan kyk DA hoe lyk dit, en hou op om weg te kyk van die waarheid!

Johann ·

Genade die DA het gepraat! Is jul nie bang jul word gebrandmerk as rassiste nie? Vanwaar die ewe skielike besorgdheid??

Cornelia 1 ·

Pietser soek vreeslik aandag en lok mense uit. Ignoreer hom.

Kobus ·

Ek volg Pietser se kommentare al n geruime tyd….Hy lewer kommentaar teen die deursnee van regdenkende mense…hy lok beslis kommentaar uit deur sy aandag soekery of wil net sy naam sien op die kommentareblad

Puppets ·

@Ina. Hofmeyr het nie gese hy wil VSA toe gaan nie. Dis n inisiatief van iemand anders wat blykbaar n gemeenskaplike kennis het van Trump wat so n besoek kan moontlik maak. Persoonlik dink ek nie H sal dit uit vrye wil doen nie. Amerika se miljoene (Trump)stemme en die menige konflikte in Asiatiese en Afrika lande het bewys die wereld is gatvol vir die rasse en godsdienskaarte wat gespeel word. Maak nie saak watse godsiens jy nastreef of wat se kleur jou vel is nie. Bly by jou tradisies en geloofsoortuiginge. Ons kort n Trump(al regeer hy nie die land nie) wat soos Malema doen ,die wit volk kan ‘opsweep’ teen al hierdie absolute skending en minagting van menseregte. Dan sal ons ook hopelik as volk in hordes kan opdaag by howe waar moorde soos hierbo genoem plaasvind en ons stemme dik maak.

petra van Vuuren ·

sjeim. die arme mense wat so blind is. Niks wat nou gedoen gaan word, gaan die mense trugbring nie. Nie die DA ANC of enige ander party nie. Niks wat hier of enige ander plek gese word gaan die situasie verbeter in ons land nie. Die paar intelligente mense soos die pietzer vent, moet maar aan die DA se kant gaan staan. Sal graag wil sien wie glo in die DA saam met hom. Ek is bitter jammer vir die familie, want so iets gaan nie gou genees nie. Mag hulle troos en vrede vind.

Wally Walters ·

Ek neem aan julle wat nie meer DA stem nie is nou ANC lekker slim ne wat het julle al ooit gedoen behalwe kritiseer

philip condor ·

Die meeste wit landgenote van ons era is te slapgat dit is hoekom ons is waar ons is ” inkort SLAPGAT”

rudi ·

Of bang. Ek ken baie mense wat e-toll betaal. Te bang of slapgat om saam te staan.

Jaycee ·

Plaasmoorde word omtrent daagliks gepleeg. Die ANC wil of kan nie iets daadwerkliks doen om hierdie wrede misdade hok te slaan nie. Tyd vir praat is verby en wie ook al wat wil doen, hoe drasties ook al, moet nou die bul by die horings pak. Genoeg is wragtig genoeg!!!!!!

gert ·

Ek hoop Steve Hofmeyer kry dit reg om met Trump te praat. Dalk kry hy iets reg want ons te hopeloos kom dit voor.

Oni ·

Die DA is nie die regering nie. Die DA het nie n weermag, polisiemag nie. Al wat hul het is n klomp klaers en niks vir hulself probeer doen nie. Wys dit as jul trotse Afrikaners is en staan saam vir n slag en doen wat die ander nasies doen. Vat die persoon se hand wat daar uitgesteek word en maak hulle sterk. Magtig mense, hier is net mense wat pateties is. Dis n afkraakery aaneen en nue een is beteid om op te staan en leisels te vat nie

dom ·

groot menere wat net praat weer agter n rekenaar skerm . wanneer dit by aksie kom staan jy terug en verraai jou “nasie”.

Ben van der Merwe ·

Wat is die rol van die weermag? OO, hulle trek salarisse maar doen niks. Hoe se die ouditeurs – “Fruitless and wastefull expenditure”. Die Kommandos is ‘n stap in die regte rigting.
Daar is ook n Maatreel wat die boere kan implementeer, kos ongelukkig bietjie geld. Maroela kan my kontak dan sal ek verduidelik. Dit is dalk die enigste uitweg. Die ANC regering het hulle eie mense veraai deur nie grense te bewaak nie. Hier is te veel onwettige perde.

Valie ·

Afrikaners wat DA stem stel net die probleem uit en laat die volgende generasie in n nog swakker situasie. Pietser is beide jellievis en uit voeling met die werklikheid as hy glo hy kan ons mense se situssie verbeter binne die huidige bestel? Het die afgelope 22 jaar hom niks geleer nie? Dis tyd om heeltemal
Iets anders te doen. Die DA gaan dit nie doen nie.

Pietser ·

Ek woon in die Wes-Kaap en sien wat die DA doen en kan doen. Ek kry julle valies jammer wat aan die agterste speen suig. Nou sit julle met ‘n paar stede wat die DA in koalisie-regerings beheer, glad nie ideaal nie. Maar gaan maar aan om julle stem op die VF+, ens. te mors, julle wil mos nie leer en verandering ‘n kans gee nie. Hou maar aan met moan, julle verdien dit.

Catryn ·

Parlementsbesluit dat grense meer beveilig moet word, dis nie gedoen nie. WIE gaan die kommando’s wees
Daar was ‘n prioriteitsaksie teen plaasmoorde verklaar, EN?
Regering verdien groot inkomste uit ALLE misdaad, met 14% vat op alles.
Hoekom word daar nie ‘n behoorlike stelsel in plek gehou, WIE vermoor WIE in hierdie land nie.
DA sit elke keer in Parlement as B-BBEE aan ons blankes uitgedeel word, maar niks word oor daardie ras en diskriminasie genoem nie, maar as iemand in ‘n kis geplaas word, word daar maande oor gepraat. B-BBEE is Diskriminasie en Rassisme, dit skend ons menseregte. ONS as volk het ‘n internasionale reg om oor onsself te regeer. Etniese swart en khoisan word toegelaat, hulle verkies NIE ‘n multi-kultuur nie, daar is tans 11 aparte gebiede, Tuislande is nooit uitgewis nie, maar dis VERVANG met Trustgebiede… Ingonyama Trust. Khoisan in proses. Zulu/Khoisan nie beter as ons nie, ons het dieselfde reg tot lewe, veiligheid, en om deur ons eie leiers regeer te word in ons eie gebied. Mens gun hul eie gebied, nou ons soek dieselfde behandeling, SONDER rassisme en diskriminasie van B-BBEE.
Blankes wat sedert 1994 in arm plakkerskampe beland het, moet herstel word. Elke blanke en boer se veiligheid moet opgeskerp word, uitgawes moet deur die regering betaal word, terugwerkend 1994. Alle eise van slagoffers moet net soos Marikana, uitbetaal word aan geliefdes.
GELYKE SPEELVELD VIR ALMAL WEG MET B-BBEE

Catryn ·

Word baie in parlement gepraat maar niks word uitgevoer om ons te beveilig nie, teveel immigrante en onwettiges wat hier kom plak en maak net wat hulle wil. Misdadigers het meer regte as burgers , hulle kry beste mediese sorg terwyl die slagoffer alles moet opdok. Slagoffers moet eie mediese onkostes dra, terwyl regering daarvoor verantwoordelik is. As regering onkoste van misdadiger kan dra, wat meer as R12000 per maand per prisonier is, moet dieselfde aan slagoffers uitbetaal word en meer. Polisie, Weermag, Immigrasie het lankal besluit grense moet toe, waar is die DA dan?

Catryn ·

Gaan werk uit hoeveel inkomstes verdien die regering uit misdaad, korrupsie en moorde uit. Al daardie mediese uitgawes, 14% VAT op alles..

E ·

Hoekom bevat hierdie berig nie ń foto van Mmusi nie?
Hoekom het hy nie self vir ons geskryf nie?
Hoekom ń woordvoerder stuur?

Rocky Bell ·

Elke organisasie/maatskappy/ instelling het woordvoerders wat die organisasie/maatskappy/instelling se beleid en visie oordra. Heel eenvoudig be!!

Pietser ·

Hoekom is daar min of geen plaasmoorde in die Wes-Kaap nie? Ons weet natuurlik watter party die Wes-Kaap regeer.

Poot ·

WAT HIERDIE LAND NODIG HET IS GOD DIE ALMAGTIGE. ALLE RASSE!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Gaan op julle knieë mense en BID. God het die gebede vir reën gehoor en weerspellers verkeerd bewys. Nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie slaap………………………………………………………..

Maria Van Dieweeck ·

Dit is tog seker beter om iets te doen as om net te sit en praat. Miskien hou oom Donald van oom Steve.

Jane ·

Die DA het ook uiteindelik wakkergeskrik. GELUK, tot nou toe was julle nog net by doodskis gevalle, afro haarstyle en gevalle waar wittes by misdade teen swartes betrokke was wat persentasiebewys nie ‘n druppel in die emmer is teen die omgedraaide misdaad teen blankes nie. Die arme boere moet altyd skuld kry vir hulle eie moorde, terwyl daar seersekerlik niemand so dom kan wees om ‘n 70 jarige dame in ‘n ROLSTOEL skuld te gee vir haar eie moord nie. Rassisme speel definitief ‘n rol, hierdie twee mense was onskadelik en bejaard en as dit net ROOF was, kon hulle beroof gewees het sonder om ‘n hand teen die twee oumense te lig, wat nog te se WREED dood te steek? WAKKERWORD, die moorde is rassisties gedrewe, hulle word opgesteek om boere van plase te verwilder.

Pietser ·

Jy toon jou onkunde deur te se dat die DA nou eers kyk na die situasie en dat die aanvalle kwansuis rasgemotiveerd is. Lees, doen navorsing en vergelyk statistieke voor jy twak praat.

Sue ·

Die mense wat so anti Steve is – Het jy al iets probeer!!!!!!!!! Julle maak my siek dis gewoonlik mense wat ‘n persoonlike “dislike”in Steve het. Wat jy al probeer het maak nie vir hulle saak nie. maar ek hoop hulle gaan groot word en soos groot mense begin redeneer. Hoekom probeer ons nie liewer die DA ondersteun met hulle probeerslag as om sommer met klippe te gooi nie. JY GROOTBEK DOEN IETS EN ONS SOEN WAT JY GAAN UITRIG!!! Julle is soos ou tannies wat altyd dieselfde deuntjies sing.

helene ·

Dankbaar daar is mense wat tot aksie wil oorgaan al is dit dan ook net om ons misrabele saak aan die buiteland te vertel. Dalk kan Steve sommer die mense van Zimbabwe se saak ook bepleit. En, dan is ek ook dankbaar vir die reaksie van die DA. Almal wat so teen die DA is, wat is die alternatief dan. Ek wil nie geisoleerd leef nie. Ek wil ander hul plek onder die son gun. Ons is op die afdraand in hierdie pragtige land. Staan asb diegene by wat nog iets vir ons land wil doen. Ek doen vanmore n beroep op my mede landsburgers, kom ons vat hande en bid vir ons mede gelowiges. Alleenlik dan, sal daar uitkoms kom. Mmusi Maimane is n diep gelowige Christen en ek steun almal wat glo Jesus is die seun van God.

George ·

Mense, kan julle asb ophou nonsense te praat. Dis hoekom on Wittes ait in die moeilikheid, ons stan nie saam nie. Ons is lelik met mekaar, inplaas van saam te staan. Die enigste manier hoe die DA ons sal kan help, is om swart mense se vote te kry, wittes is te min in vergelyking met die swaart vote by ANC. En wat ons eintlik nodig het, is God. Ons moet ‘n nasionale dag he waar ons gelowiges die Here lof en dank. Ek het al die NG kerk gevra as ons so iets kan doen, maar die verskoning is dat mense te besig is met hulle lewe. Presies vir die rede is dit hoekom on swaar kry, ons het meer tyd vir sosiale media, rugby en die kroeg. Geen wonder die Here staan terug en kyk vir ons sonder om te hulp. 2 Kronieke 7:14

Andre ·

Jy moet eers jouself verdedig, dan jou gesin en jou besittings … daarna jou buurman.
Geen politieke party, kommando of regering KAN of WIL jou beskerm nie.
Doen dit SELF … of sterf uit!

Johan Bester ·

Ag siestog hulle soek ons stemme .Hulle is afstammelinge van suzman en zille wat geveg en gesorg het vir die gemors wat ons nou in is.

Johan Bester ·

Steve sê vir Mnr Trump groete en baie van ons bid vir hom.
Die breindood amerikaners kan hulle sterre dank dat hillary nie ingekom het nie.
Lees gerus Die Last Trumpet oor haar ondergrondse dinge.
Ek glo God het dit so beskik om die volkere te laat besef Hy is in Beheer en gaan dinge laat gebeur nou sekondes voor Jesus se koms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.