DA eis antwoorde oor Chinese kragaanleg in Limpopo

DA-leier Mmusi Maimane by Makhuvha-stadion in Thohoyandou in Limpopo (Foto: DA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa moet die waarheid praat oor die voorgestelde Chinees-beheerde kragaanleg in Limpopo, het Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, Sondag gesê.

Maimane het tydens die DA se verkiesingsveldtog by Makhuvha-stadion in Thohoyandou in Limpopo gesê Ramaphosa het die gebied Saterdag besoek en “het baie te sê gehad oor aanspreeklikheid en basiese dienslewering, wat vreemde konsepte vir die mense van Limpopo is”.

“In hierdie provinsie loop die korruptes vry rond terwyl mense krepeer van armoede. In hierdie provinsie is daar 937 000 werkloses – hoofsaaklik jong mense. Dié getal neem deurgaans toe,” het Maimane gesê.

“Die Musina-Makhado spesiale ekonomiese sone (SEZ) is hier naby aan die gang. Die president, die premier van Limpopo en verskeie staatsdepartemente het dié projek bevorder as werkskepping en ekonomiese ontwikkeling. Die president het egter nie bekend gemaak wat die quid pro quo is wat met hierdie Chinese maatskappye aangegaan is nie.”

Maimane het gesê die president het nie Saterdag bekend gemaak het nie, was die Power China International-energieprojek se belang in die Musina-Makhado SEZ. “Kortweg is dit die konstruksie en bedryf van ʼn 4 600 MW steenkoolaangedrewe aanleg wat oor die volgende paar jaar gebou gaan word. Dié aankondiging is gemaak ná pres. Ramaphosa se besoek aan China in September verlede jaar – dieselfde reis waar hy ʼn lening van R33 miljard vir Eskom van die Chinese ontwikkelingsbank verseker het.”

Volgens Maimane is die realiteit dat dié aanleg klaarblyklik slegs gebruik sal word om krag te voorsien aan die SEZ. “Daar is baie ernstige vrae oor hierdie ontwikkeling en die president is nie eerlik daaroor nie. In die belang van Suid-Afrika is dit baie belangrik om bekend te maak wat die tydlyn van die nuwe steenkoolaanleg is; wie dit gaan bou; en of dit slegs die Chinees-beheerde nywerheidspark gaan bedien.

“Dit kan nie die geval wees dat, terwyl Suid-Afrika op die randjie staan om in algehele duisternis gehul te word weens ʼn gebrek aan elektrisiteit, Ramaphosa buitelandse maatskappye sal toelaat om na ons land te kom en hul eie kragaanlegte te bou vir hul eie belang nie.

“Cyril Ramaphosa se nuwe strategie kan nie wees om ons land aan die hoogste bieër te verkoop nie. Die DA sal nie toelaat dat China se model, om ʼn strik van skuld te stel, wortel skiet in Suid-Afrika nie. Ons weet almal wat gebeur wanneer land soortgelyke ooreenkomste met China aangaan. Vra maar vir Sri Lanka, wat ʼn hele hawe en omliggende grond moes oorgee. Of Zambië wat moontlik Lusaka- internasionale lughawe aan die Chinese gaan verloor. Of Djibouti wat moontlik sleutelbates aan China sal moet oorhandig,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

jennefer ·

Ek verstaan dat die chinese bank die eienaar word van Eskom sou die terugbetalings in die volgende 5 jaar nie betaal word nie.

Deon ·

Die Chinese sal Eskom vinnig omdraai. Min van die huidige hoofde sal oorbly.

ZAR ·

Dis nie net die steenkool aanleg nie, maar hulle beplan om ‘n hele tuisland te skep, iets wat ons ontneem word

Deon ·

Die Chinese gaan moontlik ‘n massiewe steenkool-na-brandstof aanleg in Limpopo bou, selfs groter as Sasol se aanleg in Secunda.

Johann ·

Kom ons kyk eers of hulle die projek van die grond af kry. Daar is groepe en gemeenskappe wat dit vir hulle ontmoonlik gaan maak. Koste sal tot op onaanvaarbare vlak styg. Belastingbetalers gaan nie betaal nie so Chinese gaan nooit daai aanleg klaarmaak nie!

Taalgogga ·

In die derde paragraaf moet die mense “krepeer” en nie “kripeer” nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Taalgogga

Dankie – dit het inderdaad ongesiens verbygeglip.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Gert J ·

Die ANC ken nie van terugbetalings nie. HULLE GLO NET IN ONTVANG!!!!!!

marco polo ·

Ek sien nie die probleem nie. As die Chinese die kragstasies bou en onderhou, sal dit eerstens behoorlik gebou wees en tweedens heeltyd werk. Daar sal net nie plek wees vir die lui, onkundiges nie. Ek werk eerder met n Chinees as met n …

Deon ·

En die Chinese skiet korupte amptenare en politci in die kop, na ‘n regverdige verhoor natuurlik.

Diaz ·

Jy mis die punt. Die chinese sal hulle eie mense inbring. GnSuid Adrikaner wit of swart sal daar werk nie. Dit is dan ook die rede agter die grondonteiening. Die begunstigdes sal baie makliker as die blankes hulle gratis grond aan doe chinese verkoop. Boelie vir die paddaman en malema.

Sê net ·

Diaz, jy is reg. Ek het met ‘n boer gepraat wie se plase op die lys is. Hulle stel net in die minerale onder die grond belang. Dis vir terugbetaling vir alles wat die Chinese hier kom doen.

Neels ·

Ai mnr Maimani nou wil jy dit vir politieke punte gebruik. Ons almal weet dat RSA net nog n provinsie van China is. Julle almal in die parlement was te besig om Jacob Zume te kruisig en sodoende toegelaat dat die uitverkoop van ons land onder julle neuse gebeur het . Daar sal nie nou of in die toekoms enige antwoorde verskaf word nie. Sou die DA moontlik en ek se moontlik aan bewind kom sal julle ook nie antwoorde gee nie.

alwyn burger ·

Ek kan nie sien hoe enigeen China gaan keer om Afrika te koloniseer nie. Dit is al wat Afrika gaan red van homself. China moet verwelkom word. Laat ons Chinees as skoolvak invoer. Die Afrikaan het ñ ferm hand nodig!!

Katerina ·

Yep ek stem saam hoe gouer China die hele Suid Afrika oorvat hoe beter. Dis al wat ons wit mense sal red van totale uitwissing.

jaco ·

‘n totale Chinese oorname van SA sal dalk klomp voordele inhou. China is n land SONDER goed soos:
-beurtkrag
-vuil swak staatshospitale
-skole waar kinders onderwysers aanrand
-misdaad totaal buite beheer (China pas die doodstraf meer as 1000 maal per jaar toe)
Daars nou wel nie godsdiensvryheid soos wat ons dit in SA ken nie, maar die aanpassings om saam met dit te leef is klein in vergelyking met die ander voordele: dis ‘n land waar klomp goed BAIE beter werk as in SA.
Dit verbaas my dat die ANC en SA Kommuniste wat so lank in exile was in kommunistiese lande dan NIKS daar geleer het nie. Lande soos Oos-Duitsland, Pole, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye en die Sowjet-Unie het onder kommunisme vlakke van ontwikkeling en wet en orde en onderwys en mediese sorg gehad wat BAIE beter was as wat ons tans in SA beleef. Daars baie mense in daardie lande wat selfs vandag nog terugverlang na dinge wat toe beter was.

Kolle ·

Godsdiensvryheid is nie ‘n klein ietsie om op te gee vir gemak en gerief nie. Dis álles wie jy as mens is. As jy dit moet verloën, is jy in die wêreld (lees satan) se hande oorgelaat.

jaco ·

daars godsdiensvryheid, maar nie soos ons dit ken nie. daars beperkings. werksbevordering is dan byvoorbeeld nie moontlik nie. Ten minste is daar darem nog werk, SONDER beurtkrag, misdaad, swak staatshospitale ens ens, ens.

Sorry om te sê ·

N lewe sonder God n klein opoffering? Dan verwag julle seën? En dit van stoere boere? Ek is diep geskok oor die houding.

John ·

Ja, dan kan julle sommer van die Christendom ook afsien… en dan sal dit èèrs voorspoedig gaan in SA met al die gode wat so sterk is: reèn kan gee op die regte tyd en seèn vir die onderdane van die goddeloses. Huh? Ons Bybels sal op hope brand word. Indiè nog ‘n liefhebber van selfgewaande gode sal gou skoor soek met Sjina en dan sit ons tussen twee vure… wat baklei oor ons eiendom. Alles begin by ANC se liefie, Eskom. Nee wat.

Cor ·

Die chinese skep nie werk nie. Kyk maar al die fabrieke en besighede word deur hulle eie burgers gebou en bestuur. Gurugte wil dit he dat dit geharde misdadigers is wat lewenslank tronk toe gestuur is wat hier die wek verrig met die bou en instandhouding van die chinese fabrieke. Kyk maar daar is min of geen van die SA burgers daar in diens nie. By dit alles betaal hulleni belasting of hef btw nie

Sue ·

Die mense wat voorstel dat China die land oorneem, moet ‘n sielkundige gaan spreek!

Katerina ·

Miskien moet jy n sielkundige gaan spreek as jy nie kan insien dat: Behalwe vir n Isis of Sharia Moslem regering, Enigiets beter sal wees vir wit Suid Afrikaners as die ANC treinwrak van n regering.

Joe Olivier ·

Stem saam met jou Sue. Hier is n paar mense wat nie mooi dink voor hulle kommentaar lewer nie. Ook nie besef watse euwel hulle voor wens nie. Dit wys net hoe ver ons al die afgrond af is dat mense na enige strooihalmpie gryp om te hoop vir n beter lewe.

Blaarman ·

Die Afrikaner is ‘n struikelblok vir die Maoiste se ambisies in Afrika. Dit is juis om díe rede dat hulle die ANC bygestaan het om die Afrikaner te ondermyn, en ook waarom ons nogsteeds uit die land gedruk word!

jennefer ·

Geen van ons weet wat werklik in China aangaan nie, daar is nie persvryheid.wil ons die kans vat, gedurende die 2e wereldoorlog was hul soldate gereken as die waansinnigste.nee, ek wil nie onder hul bestuur bly nie.

John ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie. Jou Bybel afstaan vir…. dalk is die Sjinese nice…

pieter ·

Stem saam met John,Cor en Sue die chinese koop besighede in sa dan werk miskien 1 suid afrikaner da die res is chinese so hoeveel suid afrikaners sit sonder werk ,chinese sukkel hard om goudmyne oor te vat as dit gebeur nog duisende suid afrikaners sonder werk dis hoekom ek nie by chinese winkels koop nie

marco polo ·

Ag nee man, julle wat bewe in jul broeke vir Chinese en net dink aan godsdiensonderdrukking en allerhande negatiewe goed. Ek bly al lank in China en solank jy nie moeilikheid maak nie, kan jy doen wat jy wil en niemand gaan jou pla of jou vermoor omdat jy wit is nie, hulle is oor die algemeen vredeliewend. En China is lankal nie meer kommunisties nie, dit word net beheer deur die kommunistiese party, wat maar 5% van die bevolking uitmaak. Ek bly veel eerder tussen Chinese as tussen Afrikane, hulle ook.

John ·

Vertoon jy jou Christenskap openlik? Het jy al ‘n Bybel vir ‘n Sjinees gegee? Waarom sukkel ons jongmense met poste in die onderwys en word dan aangehou? Waarom gebruik jy die skuilnaam van die eens reisiger? Of glo jy dit beskerm jou? Die Bybel was in sy tyd meer welkom as nou. Wag net totdat jy op die verkeerde tyd op die verkeerde plek gevang word… en woeps, in die tronk… Gebruik jy ook renosterhoring vir kicks?

marco polo ·

John, ek loop nie met ‘n Bybel onder die arm nie en het geen begeerte om my geloof aan ‘n ander op te dwing nie. Jy sien, dis waar die moeilikheid in die wereld begin. Wat die jongmense wat aangehou is betref, hulle was dom genoeg om nie hul huiswerk te doen en die regte dokumentasie te he nie. In ander lande sou hulle waarskynlik dieselfde oorgekom het. Hier is baie poste beskikbaar en honderde SAners wat hier werk, sonder probleme, want ons papierwerk is in orde. Daar is baie uitdagings om in China te bly, die vreemde kultuur, die isolasie, die verveeldheid, maar dit is veiliger as enige van die 30 lande waar ek al was en dit maak my sommer net moerig as mense kommentaar lewer met vooroordele oor ‘n plek en mense wat hulle gladnie ken nie.

Pampoen ·

Sue ek stem saam met jou. Hulle stuur noual baie jare die geld Sjina toe en dan verdwyn hulle ook en die mense wat daar gewerk het kry geen salarisse en hulle Los telefoon rekening van duisend rand. Hulle SA regeer. Kom by mene

Deon Meyer ·

Katriena –
This is how we know what love is: Jesus Christ laid down his life for us. And we ought to lay down our lives for our brothers and sisters.

Gert van Wierdapark ·

Miskien is dit nou ‘n goeie tyd om die Mandarin taalkursus(se) nader te trek!

Ander Annie ·

Ek het China besoek en gaan kyk hoe hulle besigheid doen. Eerstens is hulle baie gedissiplineerd. Tweedens werk hulle baie hard. Derdens is hulle salarisse baie laag. Baie mense in China is baie, baie arm. Van hulle huise lyk erger as die HOP huise in Suid Afrika. Hulle sê daar is godsdiensvryheid, maar dit is nie so nie. Daar is ook ‘n enorme verskil tussen die ryk en arm mense. Die infrasruktuur en tegnologie is eerste klas. Lugbesoedeling in veral Beijing is skrikwekkend. Jy sien baie ou mense wat byvoorbeeld strate skoonmaak. Daar is baie Chinese wat tot 3 verskillende werke het. Die probleem is China gaan nie sommer Suid Afrikaners indiens neem nie. Volgens hulle is ons lui en wil ons te veel geld hê. Hulle rook enige plek, selfs in ‘n hysbak. Dit is net die lughawens wat rookvry is. Hulle breek winde aan tafel op, want dit beteken hulle eet lekker. Hulle loop en spoeg enige plek. Ons moet mooi dink of dit is wat ons wil hê.

marco polo ·

Jy klink soos oorsese besoekers wat Soweto en Khayelitsha besoek en dan vertel hoe SA lyk. Jy moet vir my kom kuier in China sodat ek jou die ander kant kan wys.

HPV ·

DA, ons wil nie elke dag hoor wat die anc besig is omte doen of reeds gedoen het nie, ons weet, sien en voel hoe hulle die land letterlik vernietig het.
Ons wil weet wat julle gaan doen en hoe julle dit gaan doen, realistiese en werkbare planne, nie dagdrome en onrealistiese beloftes soos die anc elke dag verkondig nie.
Byvoorbeeld, wat gaan julle doen met werkloosheid, regstellende aksie, SAL, Eskom, Grondonteiening ens? 95% oplossings uithaal en wys, 5% vingerwys.

Katerina ·

Ek dink die belangrikste punte om na kyk mbt voor en nadele van n hipotetiese situasie waar die Chinese Suid Afrika sou oorneem: Nommer1- Kan hulle wet en orde handhaaf? Ek glo die antwoord is Ja. Nommer 2- Gaan hulle die wit bevolking uitmoor (stelselmatig of in n vinnige Rwanda tipe volksmoord? Ek glo die antwoord is Nee. Dis al waarin ek belang stel. Die res is beuselagtighede.

At Dippenaar ·

Daai Sjinese strik is lankal gestel en Ramaphosa het mooi netjies daarin getrap en sleep die land saam.

Jeremia ·

Dis nou om een duiwel vir ‘n ander te verruil.
Of moet dit liewer in die meervoud en oortreffende trap gestel word?
Hierdie Chinese is vinnig besig met die kolonialisering van Afrika. En die ANC help fluks mee vir eie kortsigtige korttermyn gewin.
As ek my nie sleg herinner nie waarsku die Bybel hierteen én Siener weer op grond van die Bybel.
Maar die instroming van Indiërs, Pakastani’s en Chinese met hulle bepaalde bedrywe is veral vanaf 1994 heel lonend vir ‘n klomp sakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.