Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy is besorg dat finansiering, van ʼn onbekende bron, aan die bankrot SAL oorhandig is sodat die lugdiens salarisse kan betaal en verder kan handel dryf.
Die party sal Tito Mboweni, minister van finansies, skriftelik versoek om besonderhede te verskaf oor die bedrag en bron van die fondse wat aan die SAL oorbetaal is, het Alf Lees, DA-lid van die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), Sondag in ʼn verklaring gesê.
“Die finansiering, of dit ʼn tipe lening van banke, die verkope van staatsbates of selfs die onwettige gebruik van die R5 miljard wat begroot is vir die terugbetaling van SAL se lenings is, beteken dat die ANC-regering weereens gekies het om hul SAL-ydelheidsprojek te finansier eerder as die desperate behoeftes van armoedige Suid-Afrikaners en die 10 miljoen werklose Suid-Afrikaners.”
Die nasionale regering kan nie eenvoudig die nasionale fiskus bly dreineer deur onsuksesvolle staatsbeheerde instansies soos die SAL te finansier nie, het hy bygevoeg.
“Ondanks ʼn skrywe aan pres. Cyril Ramaphosa om te versoek dat hy Tito Mboweni, sy minister van finansies, in sy posisie moet steun om verdere reddingsboeie aan die SAL te weier, is dit duidelik dat Mboweni die stryd verloor het. Dit is ʼn hartseer uitslag vir Suid-Afrikaners en nóg ʼn spyker in die doodskis vir ʼn Moody’s-afgradering. Die DA hou voel: slegs likwidasie is nou die antwoord vir die SAL en geen verdere reddingsboeie moet aan hulle oorbetaal word nie.”
ANC, julle is besig om Suid-Afrika die afgrond in te bestuur!
Nie besig nie maar laaankal gedoen, Johann.
Moenie vir ‘n oomblik vergeet die meerderheid van julle Stem daarvoor nie!
As dit is waarvoor julle stem, dan is dit seker maar wat julle wil hê.
Babasterftes: Ramaphosa laat Tembisa-hospitaal in die steek, lees die opskrif vanmiddag van ‘n berig op Netwerk24, en ek haal ‘n stukkie aan:
“Pres. Cyril Ramaphosa het nie sy beloftes nagekom ná sy besoek in Mei 2018 aan die Tembisa-hospitaal aan die Oos-Rand nie, sê Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid.”
Goeie genade, dit is nou maar eers 26 Januarie, dis die een kartets op die ander wat ons moet trotseer, soos ook die ander berigte en die een hierbo wat net vandag verskyn het, mens sidder om te dink wat lê nog vir ons voor.
… mmm.. alle paaie lei na Rome en ons weet almal wat toe met Rome gebeur het. Diegene wat nie weet nie, vlieg met SAL na Rome en stap daar rond… vra uit oor die ekonomie en die Pous se liefdadigheidswerk en oor die Mafia en probeer om ‘n toebroodjie langs een van die fonteine te eet… Enjoy your stay…
Nog ‘n paar miljard in die drein af!! Die SAL is die ANC se persoonlike vervoer.. gratis natuurlik. Daar is nie ‘n manier dat hulle sal toelaat dat SAL onder sal gaan nie!! Nou kom al die ander “drenkelinge”..!!
Mooi man …die wedloop is aan om te kyk wie kan nou daai geldtjies die vinnigste laat weg raak…
Jul antwoord kan China wees
– https://www.politicsweb.co.za/opinion/chinas-loans-to-south-africa
– https://www.fin24.com/Opinion/china-loans-explain-the-fine-print-please-20180803-2
– https://www.thesouthafrican.com/news/cyril-ramaphosa-chinese-loans/
– https://www.fin24.com/Economy/South-Africa/da-demands-details-of-r370bn-chinese-loan-warns-of-debt-trap-20180916
Ek kan nie my aanname grond net op bg berigte alleenlik nie, omdat bittermin detail tot dusver enigsins gepubliseer is of in Suid-Afrika of in China[Xinhua news en andere].
Maar statisties kan ek wel dit se dat die moontlikheid tot dit, baie groot is en dat China meesterlik presies dieselfde resep volg deur hul “Road and Belt initative” , waar lande wat finansieel in die moeilikheid is lenings aangebied word en as hulle agterraak, China dit afskryf en as vergoeding dan instansies bv soos die SAL oorneem. Vooraf is ook groot lenings aangebied, presies soos wat uit die berigte kom. Dit is gedoen in Zambie, Sri Lanka, Zimbabwe, en nou ook in Thailand van alle plekke, ens.
Of hulle het uiteindelik in die pensioenfondse ingevaar…
Ek stem 100% met die stelling. Dit is net ‘n kwessie van tyd dan behoort klomp groot besighede aan China.
Kyk na Telkom huidiglik, hulle lê klomp werkers af om plek te maak vir Chinese wat vir baie minder salaris sal werk.
En so glo almal dat staatskaping gestop het want CR se Zondo boetie ondersoek dit mos. CR se kaders raak net weer vet op ander plekke as Zumpie s’n.
Al daai geldjie wat NOU beskikbaar is by die Reserwe bank het n plekkie gekry waar dit gespandeer kan word.
Volgens ander nuuskanale het die ANC lekgotla laasweek besluit dat daar sommer nog R8 miljard aan SAL gegee moet word om ‘n ’nuwe’ lugdiens onder die SAL naam te loods.
Dit sal nooi ophou nie . Die verorberaar gene is te sterk …
ANC party van diefstal,moord,verkragting,staatskaping,onbevoegdheid. EFF deel van julle pakkie one bullet one American One drone…………..are you stupid to say these things.
Nee Schalk hulle is nie stupid nie net regtig groot lugsakke tussen ore ipv breins
Gewoontlik leer n normale mens uit jou foute.
Die onbekende bron is die Staatsdiens Pensioenfonds. Die PIC gee alweer die pensioenarisse sê geld weg.