DA eis antwoorde oor R2 miljard se BBP-stralers

Pres. Zuma tydens 'n staatsbesoek aan Egipte vroeër die maand. Foto: DoC

Pres. Zuma tydens ‘n staatsbesoek aan Egipte vroeër die maand. Foto: DoC

Die DA het die minister van verdediging en militêre veterane versoek om duidelikheid te verskaf oor die beweerde plan om drie nuwe BBP-stralers aan te skaf teen ʼn geraamde koste van R2 miljard.

David Maynier, die DA se skadu-minister van verdediging en militêre veterane, het in ʼn verklaring gesê dr. Sam Gulube, sekretaris van verdediging, het verlede jaar aan lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging gesê die departement is nie van voorneme om BBP-stralers aan te koop nie.

“In vandag se City Press en Rapport word daar egter berig oor ʼn plan om drie BBP-stralers, insluitend ʼn gebruikte Boeing-sakestraler en twee Falcon 900-sakestralers, aan te koop teen ʼn geraamde koste van R2 miljard,” het Maynier gesê.

Volgens Maynier is dit soortgelyk aan Lindiwe Sisulu, voormalige minister van verdediging, se mislukte poging in 2012 om die departement se verkrygingsbeleid te “omseil” en ’n Boeing 777-200 LR en Global Express 6000-sakestraler ten koste van R3,1 miljard aan te koop.

Maynier het gesê daar is absoluut geen rede hoekom pres. Jacob Zuma ʼn nuwe Boeing-sakestraler benodig nie. Volgens Maynier is die Boeing-sakestraler wat tans gebruik word in ʼn “uitstekende toestand” nadat dit onlangs instandhoudingswerk ondergaan het teen ʼn “aansienlike koste” vir die belastingbetaler.

Volgens Maynier is dit ook nie duidelik hoe die nuwe stralers bedryf sal word nie “gegewe die hoë aantal vakante poste van lugbemanning in die Suid-Afrikaanse Lugmag”. Maynier het gesê hy sal aan die mede-voorsitters van die staande komitee oor verdediging skryf en ʼn dringende inligtingsessie versoek rakende die verkryging van nuwe BBP-stralers vir Zuma en sy kabinet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Danie du Toit ·

Ai, mense. Wanneer gaan ons van hierdie vent en sy party van skelms verlos wees?

Persoonlik sien ek dit nie gebeur voordat daar n kopskuif teweeg gebring kan word in hoe vandag se jong swartmense dink nie. Iets sal moet gebeur, al neem dit ook hoe lank, wat hulle denke vanuit n emosionele plek na n rasionele plek verskuif.

Janine du Plessis ·

‘n Mens kan ook wonder oor wie hierdie peperduur speelgoed gaan verskaf. Intussen betaal ons belastingbetalers dat dit hik aan al die skuld wat hierdie regering aangaan. Verstaan hulle nie dat die land bankrot is nie?

Grassie ·

Maroela – ek probeer weer. Hoe lank gaan Zuma & Kie nog hulself instop en die Staatskas plunder vir hul eie luukshede terwyl hul eie mense krepeer van ellende weens ‘n tekort aan mediese dienste, onderwys, rybare paaie en talle, talle meer ellendes. Seker tot die Staatskoek finaal opgeëet is. Hulle kom maklik daarmee weg – gee net vir die ellendiges ‘n bietjie oorlewingsgeld, soos die kindertoelaag en ‘n T-hemp en kospakkie net voor stemdag, en “Bob’s your uncle”, soos hulle in Zim sê.

Albert ·

Ons kan baie dinge kwytraak, soms ligsinnig wees asof ons nie die erns van die saak besef nie maar iewers sal erntig ‘n plan beraam moet word om hierdie arogante geplundery stop gesit moet word – die vraag is net hoe?

Alb ·

Maroela – WORD ASSEBLIEF WAKKER DIT IS NIE : Duplicate comment detected; it looks as though you’ve already said that!

Ons kan baie dinge kwytraak, soms ligsinnig wees asof ons nie die erns van die saak besef nie maar iewers sal erntig ‘n plan beraam moet word om hierdie arogante geplundery stop gesit moet word – die vraag is net hoe?

aws ·

Maroela – WORD ASSEBLIEF WAKKER DIT IS NIE : Duplicate comment detected; it looks as though you’ve already said that!

Afrikaner ·

Ai tog DA. Begin by ou Zille. Het sy tog nie die ANC hoog geplaasdes in haar huis weggesteek toe die Boere na hulle gesoek het om Robin eiland te befolk nie.

Nou laat hulle maar die stralers koop met ons belastingsgeld en hopelik sal hulle slim genoeg wees en tot ons land se voordeel die vliegtuie te onderhou duer die “Ek is dom maar ek traai” job creation skema ( SA Lagmag) waar die regte vliegtuig werktuigkundiges verdruk en uitgedruk is.

Tom van Richardsbaai ·

Ses spelfoute kom ook nie van die slimste “peanut” in die pakkie nie!

taliban ·

Ek kan dit nie glo nie die nuwe belasting heffing op die brandstof is nog nie eers n maand n werking nie en hulle begin al klaar die geld steel.

Gwen ·

Gaan die DA iets sê oor die vernietiging van die Afrikaner se erfenis? Ek twyfel sterk want dan gaan hy ’n spul van sy swart kiesers verloor. Die DA het juis in die vorige verkiesing so hard na die swart stem gevry dat dit vir my duidelik is dat die DA nie belang stel om ons geskiedenis/erfenis in stand te hou nie.

Ek stem liewer VF+, waar ek vir my mense stem wat veg vir dit wat vir my belangrik is.

Gert ·

Die klomp “nose picker”kleiner partye sal nooit teen ANC die hond haaraf kan maak nie. Plaas hulle almal saamstaan en een vereenigde front vorm. Maar nee elkeen wil mos party hoof wees. en op belasting betaler se rug ru on so nou en dan in parlement iets te seen buiten gewone salarisse daarvoor te kry. Dit sluit die VF+ UDM en so meer in almal daar om my belasting geld te mors. Se wat het enige een van hulle vir hul kiesers gedoen behalwe Weskaap wat behoorlik regeer word.

CHRISTA ·

Nie eers IDI AMIN het sy land so geplunder vir eie gewin nie. Die ANC het altyd hulle bekke vol oor die apartheid regime, maar hulle president en ministers het SAL gevlieg (besigheidsklas). Wie dink hierdie ANC regering wie is hulle? Hulle kan die skole nie eers van boeke voorsien nie, maar Zuma spandeer amper R3 miljard op himself (vliegtuie en NKANLA). Al is hy so uitgevreet, dink ek nog EEN vliegtuig sal hom kan vervoer!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.