DA eis antwoorde oor toerisme-borgskap

(Argieffoto: Unsplash)

Die DA gaan ʼn formele aansoek ingevolge die Wet op Bevordering van Inligting (Paia) bring om meer te wete te kom oor SA Toerisme (SAT) se voorgestelde én hoogs omstrede borgskap aan die Britse sokkerspan Tottenham Hotspur.

Die opposisieparty sê hy wil met dié aansoek veral dokumente bekom wat bewys dat Suid-Afrika en die land se toerismebedryf by hierdie ooreenkoms sal baat.

“Dit is veral belangrik indien daar in ag geneem word dat SAT se mediakonferensie meer verwarring en bykomende vrae as antwoorde geskep het,” sê Manny de Freitas, die DA se woordvoerder oor toerisme.

Maroela Media het vroeër berig volgens SAT sou die borgskap beteken dat SAT se handelsmerk aan die kant van die sokkerspan se sportsakke aangebring word. SAT het Donderdag aangevoer dié belegging gaan buitelandse toeriste na Suid-Afrika lok, waar hulle “veel meer as die bedrag van die borgskap” in Suid-Afrika sal bestee.

Navorsing deur die DA het intussen onthul dat “sommige raadslede” van SAT, sowel as die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in die VK, reeds by die stadion was om die “haalbaarheid van hierdie voorgestelde onderneming” te evalueer om ʼn “vlak een-vennoot van hierdie sokkerhandelsmerk” te word.

“Ons Paia-aansoek behoort hierdie bewerings te verduidelik,” sê De Freitas nou.

“Ek sal nie toelaat dat hierdie saak onder die mat ingevee word nie. Alle inligting met betrekking tot hierdie aangeleentheid moet openbaar gemaak word sodat daar duidelikheid oor hierdie aangeleentheid kom en indien belastingbetalers se geld wel gemors word op ʼn skema wat blykbaar tekens van potensiële korrupsie toon.”

SAT slaan sedert verlede week Woensdag vure dood. Pres. Cyril Ramaphosa het sedertdien by monde van sy woordvoerder gesê die omstrede voorstel geniet nie sy steun nie.

Drie lede van SAT se raad het ook te midde van die kritiek hul bedanking ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Truman Burbank ·

Die DA moet eerder antwoorde eis oor wat die gespuis beplan met die “state of disaster” wat hul wil he. Tensy die DA ook incash daarby

Jr ·

Dom redeneering. Hulle hoef nie net een ding antwoorde te eis. Hulle is besig met dit. En nou die borg ook antwoorde eis. Hullo

Truman Burbank ·

Sorry JR. Ek het vergeet. Sport is die tweede grootste godsdiens in SA. Meer werd as dertig sikkels silwer

Truman Burbank ·

Presies Piet. Maar niemand kan se wat dit behels nie. We are mushrooms. Kept in the dark and fed manure

WLM ·

Laat mens wonder, waarvoor staan SAT nou eintlik. Klink soos ‘n afkorting van iets uit ‘n warm plek.

Stofdonkie ·

Suid-Afrikaanse Toerisme, ek dink hulle skryf dit nogal in die artikel

Harley Davidson ·

Toerisme is al hoe Suid-Afrika reg gemaak kan word maar sekuriteit, beurtkrag ,publieke vervoer moet eers reggemaak word om dit te bereik en word dit gedoen gaan Toerisme die plek inneem wat goud jare terug vir sa gedoen het.

Groen Ghoen ·

Ek stem! Daar hoef geen fabrieke gebou te word nie, alles is reeds hier (selfs beurtkrag en die ander ellendes waarsonder ons kan klaarkom).

Nico ·

En so vind korrupsie onder ons oë plaas, ongelooflik. Wonder hoe die mense se verstand werk – as dit nie ‘n “goedwillige” skenking aan Kuba is nie (nogsteeds ontstel dat Pandor van alle mense hierdie ondersteun het) dan is dit ‘n hemel hoë vlagpaal, en nou Tottenham borgskap. Liewe hemel, een van die dae gaan dit seker dwelm middels vir een of ander groep wees Een sotlike idee om geld te mors op die ander!

Strandloper ·

Onse piet rampoker is mos opi hande gedra deur ene king charlie chaplin ….moet pay back the money wees?

Chris ·

Dalk moet ons net kyk of daar nie een of ander krimineel is met US$ onder sy rusbank, en dan borg ons sommer die sokker daaruit!!

Danie ·

Ek het geweet die vlagpaal debakel was n distraksie.Hoe kan ou cirel se hy nie geweet nie.Dis tyd dat hy verantwoordelikheid moet aanvaar vir sy kaders.

Stofdonkie ·

Intussen is daar nie geld vir SA se eie sportmanne nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.