DA eis antwoorde op talle vrae oor entstofplan

Argieffoto (Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Dit is duidelik dat daar geen konkrete plan vir die verkryging van die entstof is nie, óf die regering weerhou belangrike inligting.

Só sê die Demokratiese Alliansie (DA) nadat Ramaphosa Maandagaand in sy toespraak gesê het dat 20 miljoen entstofdosisse reeds verseker is en deur die loop van die eerste helfte van die jaar beskikbaar gestel sal word. In fase 1 sal die entstof eerste beskikbaar wees aan sowat 1,2 miljoen voorstelinie-gesondheidswerkers. In fase 2 beoog die regering om die entstof aan sowat 16 miljoen hoërisikopersone beskikbaar te stel, onder wie onderwysers en bejaardes. Tydens fase 3 sal die oorblywende volwasse bevolking van sowat 22,5 miljoen mense ingeënt word.

“Hierdie aankondiging is egter sonder enige verdere inligting gedoen,” voer Siviwe Gwarube, die DA se woordvoerder oor gesondheid, aan.

Die party eis antwoorde op talle vrae met betrekking tot die entstofplan, wat nog nie bekendgemaak is nie.

Die DA wil onder meer weet waar die 20 miljoen dosisse entstof vandaan kom, wie die vervaardiger is, hoeveel die entstofbesending kos, hoe die begroting daarvoor lyk en presies wanneer dit in die land sal aankom. Verder wil die party weet watter logistieke reëlings getref is vir provinsiale verkryging, vervoer en berging van die entstof.

Die party wil ook weet watter plan bestaan om die voorraad entstowwe vir die tweede dosis te beveilig, met inagneming dat die tweede dosis kort ná die eerste dosis toegedien moet word.

“Dit is ondenkbaar dat die regering beweer dat hy reeds ses maande aan bilaterale verbintenisse deelneem, maar hy kan nog nie al die inligting oor die entstofplan bekendmaak nie.”

Gwarube sê indien die regering teen die einde van die jaar 64% van sy bevolking wil inent, moet daar ʼn volhoubare grootmaat-voorraad van die entstof bestel en so spoedig moontlik afgelewer word.

“Dit is die enigste manier om uit hierdie pandemie te kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Wat het julle verwag van die sirkus ANC hier gaan weer miljarde weg raak. Hoe kan jy n land best as negentig persent van die menisters net graad twee op skool het.

TO ·

Want hulle is manne met planne, die ou wat dit nog nie weet het n breinsel so groot soos stof

Okmardom ·

Stel solank kommissie aan wat die ondersoek gaan doen vir die geld wat gaan verdwyn.

Hennie J ·

Eish my Bra, nou vra jy darem moeilike vrae. Dis mos absurd om te wil weet wat ons dink, terwyl ons nog nie dink nie! Ons is nog by die beplanning van hoe ons elkeen kan skep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.