DA eis antwoorde van Ramaphosa oor Eskom

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê adjunkpresident Cyril Ramaphosa moet ʼn omvattende verslag oor die stand van Eskom aan die land en die parlement voorlê.

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het in ʼn verklaring gesê hy het Ramaphosa skriftelik versoek dat die parlement ʼn verslag moet ontvang oor die instandhoudingsbehoeftes van Eskom se kragstasies en die moontlikheid van ʼn algehele verdonkering. “Ter wille van openbare vertroue, moet hierdie maatreëls in plek gestel word totdat die krisis by Eskom opgelos is,” het Maimane gesê.

Hy het gesê Ramaphosa en Eskom moet die land vertrou en openlik wees oor die moontlikheid van ʼn algehele kragineenstorting. “Volgens dokumente hou Eskom simulasie-oefeninge om vir so ʼn nasionale verdonkering voor te berei,” het hy gesê. “Die oefeninge, genaamd Breaking Dawn, vind plaas onder bevel van Ayanda Noah, Eskom se voorsitter van die nooddiensbevelsentrum.”

Eskom het in ʼn verklaring gesê die simulasie-oefening en -toetse word gereeld gedoen om seker te maak dat hy voorbereid is om op ʼn “uiterste voorval” te reageer en om gebiede te identifiseer wat verbeter moet word. “Hierdie oefeninge is in die verlede gehou om kwessies aan te roer soos die voorbereiding vir ʼn noodaanvraag, die 2010 Fifa Wêreldbeker en plaaslike verkiesing.

“Geen stappe word vereis van lede van die publiek nie, aangesien dit slegs ʼn simulasie-oefening is,” het Eskom in die verklaring gesê.

Volgens Eskom het die nasionale kragstelsel ʼn paar vlakke van beskerming in plek om te verhoed dat ʼn algehele verdonkering plaasvind. Beurtkrag is glo een van die meganismes wat gebruik word om die kragstelsel te beskerm. “Die moontlikheid vir ʼn algehele kragineenstorting is hoogs onwaarskynlik.”

Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa, kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Ek vra weer eens: Hoe het die apartheid regime, met sanksies teen hulle, Eskom kon uitbrei en onderhou maar die nuwe Suid-Afrika wat deur die ANC regeer word en wie nou deel van BRICS is en ‘n lid van die VN kry dit nie reg nie!!! Is dit omdat hulle hulle sakke so volstop en privaat huise van selfs honderdmiljoene rande vir hulle-self bou? Ken hulle nie die spreekwoord: Jy kan ‘n koei nie aan die een speentjie melk nie?

Peet Schabort ·

Christa, ons moet onthou dat hoog op die lys is eerder naamsveranderinge en afbreek van standbeelde. Wonder of die donkie se standbeeld nog staan in Upington? Dalk word hierdie donkie ook nou verwar met Langenhoven se “Die helfte van julle is . . .” of wat het hy nou weer gesê?

Peet Schabort ·

Die “Breaking Dawn” is seker ‘n spelfout?
Dit is eerder “Breaking Down”.
Nog beter is “Matches Exercise”.

Jan ·

Reik die DA ook deesdae verklarings uit op die heilige Sondag ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.