DA eis dat Life Esidimeni-ondersoek versnel word

Jack Bloom Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondag geëis dat die polisie die ondersoek na die dood van die 143 Life Esidimeni- psigiatriese pasiënte afhandel sodat die skuldiges uiteindelik kan boet.

Jack Bloom, DA-LPW, sê die inligting van die nadoodse ondersoeke sal “onbetwisbare bewyse verskaf” om die skuldiges in die omstrede saak vas te trek.

Bloom sê hy is tydens ʼn besoek aan een van die nieregeringsorganisasies gekonfronteer met teenstrydige inligting oor die oorsaak van minstens sewe sterfgevalle onder die Esidimeni-pasiënte.

ʼn Bestuurder van die tehuis het volgens hom ten sterkste ontken dat die pasiënte dood is weens verhongering en verwaarlosing. Minstens 63 psigiatriese pasiënte is na dié organisasie oorgeplaas.

Bloom sê dit is belangrik dat die ondersoek nou voltooi word sodat die skuldiges kan boet aangesien die ysingwekkende Life Esidimeni-arbitrasieverhore vasgestel het daar gevalle van tifus en ʼn beweerde verkragting by een van die nieregeringsorganisasies was.

Twee van dié nieregeringsorganisasies se deure is steeds oop ná die sterftes van die pasiënte aangesien hulle ʼn appèl onder leiding van regter Bernard Ngoepe gewen het. Die organisasies het ook later voldoen aan die vereistes vir lisensiëring.

Bloom sê hoewel die omstandighede by die organisasies drasties verbeter het, moet iemand steeds verantwoordbaar gehou word vir die sterftes van die psigiatriese pasiënte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zoom zoom ·

Ondersoek Na ondersoek en nooit word iemand skuldig bevind nie. Die wat die ondersoeke lei maak geld soos bossies. What a waste

Daan ·

Maar rep nooit n woord oor plaasaanvalle,die misdaad wat buite beheer is afrikaanse skole wat gekaap word nie hoe pateties dit gaan net om stemme te werf ….ek voel ook soos n verraaier omrede ek vir hulle gestem het hoop die VF+ vergewe my.

REGTIG? ·

REGTIG DA? hier gaan niks van kom nie, hulle gaan elkeen ‘n paar rand in die hand stop en diegene wat daarvoor verantwoordelik is gaan VRY RONDSTAP met geen gevolge nie. Die gesinne gaan ‘n paar rand kry en dan is die saak afgehandel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.