DA eis dat OB se kop rol

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Vrydag in ʼn verklaring geëis dat Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), met onmiddellike effek afgedank word.

Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria Mkhwebane se omstrede Bankorp-verslag Vrydag ter syde gestel het. Mkhwebane het in haar verslag aanbeveel dat die spesiale ondersoekeenheid die R1,125 miljard moet verhaal wat Absa, voorheen Bankorp, in die 1980’s van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang het.

Die hof het beslis Mkhwebane moet Absa sowel as die Reserwebank se regskoste betaal en dat 15% daarvan uit haar eie sak moet kom.

Die DA het gesê dit is nie die eerste keer dat Mkhwebane “kosbare geld en hulpbronne vermors” nie deur “ligsinnige” aansoeke voor die hof te bring.

“Mkhwebane is volgens alle redelike terme heeltemal ondoeltreffend [vir die kantoor van die OB] en heeltemal uit voeling met haar mandaat as die openbare beskermer. Die DA het nog altyd voet by stuk gehou dat sy nié geskik is vir dié posisie nie – boonop ʼn belangrike een in die stryd teen ongeregtigheid en korrupsie,” lui die verklaring.

Die party meen die Pretoriase hooggeregshof se beslissing is die laaste strooi en genoeg rede om haar die trekpas te gee.

Die DA het ook na die ANC gekap en gesê hy het dieselfde redes as die hooggeregshof vroeër aangevoer toe hy haar afdanking geëis het, maar is deur die regerende party geïgnoreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

JZ is nie meer daar om te beskerm nie so dit sal gaaf wees as die land van haar en al haar streke ontslae kan raak. Sy is totaal onbevoeg vir hierdie pos en ń verleentheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.